SA’ners gewaarsku oor voedseltekorte

Foto: Riaan Roux

Foto: Riaan Roux

Die minister van landbou het Vrydag gesê Suid-Afrika het sy oesverwagtinge hersien weens die huidige droogtetoestande wat een van Afrika se grootste ekonomieë raak.

“Voedselsekuriteit sal baie swaar getref word deur die droogte, want ons sal nie die oes oplewer wat ons verwag het nie,” het minister Senzeni Zokwana aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Daar is op sommige plekke glad nie gesaai nie, en ander sal baie swak oeste oplewer.”

Hy het gesê die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) het lenings in die kommersiële bedryf beskikbaar gestel as noodbefondsing vir werkskapitaal, infrastruktuur en ʼn klein gedeelte om skuld oor te dra.

“Die IDC sal oorweeg om finansiële bystand te lewer vir sy bestaande kliënte wat aansoek doen vir droogteverligting,” het hy gesê. Persone wat nie IDC-kliënte is nie, kan aansoek doen deur die Land Bank en AgriBesigheid.

Volgens Zokwana het die IDC reeds lenings ter waarde van R32 miljoen toegestaan.

Hy het bygevoeg Suid-Afrika het ʼn behoefte aan ʼn toename in beleggings in grondrehabilitasieprogramme vir verbeterde produktiwiteit en waterbergingskapasiteit.

“Dit is van kritieke belang dat ons moet belê in voervervaardiging en dat voerbanke in alle gebiede opgerig moet word wat deur die droogte geraak word, om seker te maak dat pryse vir veevoer nie die hoogte in skiet nie,” het hy verduidelik.

Zokwana het gesê weerpatrone is stadig besig om te verander met sporadiese reënval in sommige van die droogtegeteisterde provinsies.

Zokwana en Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling, het met verslaggewers gepraat ná ʼn vergadering met die LUR’e van die betrokke provinsies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eleventyseventy-hulle ·

Dis nie net die droogte wat hier ter sprake is nie, maar ook die plaasmoorde en algehele wanbestuur van alles in die land.

Dev ·

Ek sien nog steeds nerens droogtehulp nie. Net samaritane wat allen optree voor mense sterf van droogte.

Yahlegha ithlatinhi ·

Dev. Dit sal net opkomende boere wees wat gehelp word. As die droogte boere bankrot maak, vergemaklik grondhervorming

Agnes ·

Wat weet onervare opkomende boere? Wie gaan ons help uit die nood? Net ervare kundige en intellegente boere maar hulle kry geen hulp en moet pas op of hulle word nog vermoor of van die plaas afgesit

PJ ·

Ek wil nou rèrig nie rassisties wees en hoop ek word nie aangeklae van rassisme nie maar ek het sover nie gehoor of gesien van enige van ons mede landsburgers of unies wat enige bydrae gelewer het vir die droogte hulp of water te kort nie vra maar net

zatopek ·

Mmm… interressante tye waarin ons leef. Siener is nog nie verkeerd bewys nie. Alles loop mooi volgens plan.

Marous ·

Daar is mos geen nasionale krisis volgens jou nie MENEER!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.