SA’ners glo vir IS gewerf

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van staatsveiligheid het Sondag gesê hy is nie bewus van Suid-Afrikaners wat deur die IS-terreurorganisasie gewerf word nie maar dat hy voortgaan om kwessies rakende terreur te monitor.

“Ons is nie bewus daarvan dat die tipe werwing plaasvind nie,” het Brian Dube, woordvoerder van die departement, gesê. “As deel van ons gewone werk, is die kwessie van terrorisme iets waarmee ons ons besig hou. Ons is voortdurend in kontak met vennote regoor die wêreld.”

Die Sunday Independent het Sondag berig dat dr. Hushaim al-Alawi, Suid-Afrika se ambassadeur in Irak, gesê het dat drie Suid-Afrikaners wat vir die IS gewerf is, in Sirië doodgemaak is. Volgens al-Alawi is daar egter aangevoer dat hulle in motorongelukke omgekom het.

Al-Alawi het aan die koerant gesê dat werwing en fondsinsamelings vir die IS deur groepe in Suid-Afrika uitgevoer word wat hulself as humanitêre organisasies voordoen. Hy het gesê een van die mans wat gewerf is, het van Kaapstad af saam met ‘n groep vertrek “wat bedoel was om humanitêre hulp te voorsien”, terwyl ‘n ander man in Gauteng gewerf is deur ‘n groep wat voorgee dat hulle “vlugtelinge en weeskinders ondersteun”.

Volgens die koerant is nagenoeg 140 Suid-Afrikaners al gewerf om vir die IS te veg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dave ·

Ek glo, sonder enige twyfel, dat hierdie slegs die opvolg en realisering is van ‘n profesie van meer as twee milleniums gelede. Indien jy met my verskil, laat my toe om my eie gedagtegang te volg. Indien jy saamstem is ons op basies dieselfde golflengte. Of diegene wat met my verskil die werklike redes vir hulle mening hier gaan lug is steeds ‘n oop vraag wat (hopelik) binne minute gaan beantwoord word. Ek sou graag jul opinies wou hoor en natuurlik ook diè van mense wat met my saamstem. Moet egter nie jouself betrek in ‘n redenasie sonder dat jy weet waarvan jy praat.

Drieks ·

Brain Dube, staatsveiligheid weet nie eens wat in hul gesins huise gebeur nie.
Dave, ek ken nie maar wonder wat jy besoel. Ek lees graag as iemand op die forum meer weet en ons mekaar die regte inligting gee. dankie.

pop ·

Dave die filisoof !!! Jy skryf n hele paragraaf en dan weet niemand waaroor dit gaan nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.