SA’ners het baie bedmaats

Argieffoto

Bevindings van die Suid-Afrikaanse demografiese- en gesondheidsopname (SADHS2016) is Maandag bekend gemaak.

Volgens die opname het 17% van mans tussen 15 en 49 jaar oud in die afgelope 12 maande meer as een bedmaat gehad en het 55% seks gehad met iemand wat nie sy lewensmaat was of saam met hom gebly het nie.

Genl. Pali Lehohla, statistikus-generaal, het die uitslae van die opname bekend gemaak en dit aan Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, oorhandig.

“Slegs 58% van vroue wat die afgelope 12 maande meer as twee bedmaats gehad het, het van ʼn kondoom gebruik gemaak. Slegs 60% van vroue wat seks gehad het met iemand wat nie hul lewensmaat is of saam met hulle bly nie, het van ʼn kondoom gebruik gemaak,” het Lehohla gesê.

Minstens 65% van mans met meer as twee bedmaats in die afgelope 12 maande het aangedui hulle het ʼn kondoom gebruik, terwyl 69% van mans ʼn kondoom gebruik het toe hulle seks gehad het met mense wat nie hul lewensmaat is of saam met hulle bly nie.

Lehohla het gesê ʼn groot hoeveelheid mense is nog nie vir MIV/vigs getoets nie.

“Mans laat hulle nie toets nie. Hulle sê net die vrou het namens hulle getoets. Hulle sê as die vrou dit nie het nie, is hulle veilig,” het Lehohla gesê.

Die opname is deur Statistiek Suid-Afrika en die Mediese Navorsingsraad gedoen namens die departement van gesondheid. Die data is tussen Junie en November 2016 ingesamel en het onder meer gekyk na gesondheid, vrugbaarheid, voeding en gesinsbeplanning.

Die resultate van die opname sal gebruik word om die gesondheidstatus van Suid-Afrikaners sowel as die dekking en gehalte van sekere gesondheidsprogramme te meet. Dit verskaf ook inligting oor toestande soos diabetes en hipertensie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hendrik ·

Ek wonder hoe hierdie statistieke lyk volgens die 8:2:2:1 ratio m.a.w volgens die bevolkingssamestelling?

Wouter ·

Ek sal graag wil weet wie en waar is die stats geneem. Want geen mens met verstand sal dink as sy bedmaat skoon is hy is ook negatief nie. En watter man slaap nog rond nadat hy getroud is. Gn wonder dit gaan so in ons land nie.

Lizelle ·

Dis veral ook die getroude ouer mans bo 50 wat rondloop en jag maak op vroue in nood. As jy as vrou voor so ‘n keuse gestel word onthou dat die Here vir jou ‘n ander uitweg sal gee as jy die duiwel weerstaan. Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat as jy op Hom vertrou en Sy hulp aanroep in jou omstandighede nie.

Adam ·

Ai Lizelle, wil jy nie asb vir my verduidelik wat “vroue in nood” is nie. Dit lyk my ek teiken nog al die jare die verkeerde marksegment. LW Dit is as ‘n grap bedoel!!!!

Rooiwillem ·

Klink of die ‘vroue in nood’ met ‘n slap riem gevang word . . .

ABC ·

Presies hoe daar pasgebore babas in asblikke en toilette weggegooi word soos niks. Geen meer morele of waardes nie.

LMF ·

Ek werk by groooooot maatskappy sien daagliks getroud of nie hoe verdwyn hul gou af buisment toe of 2 saam in toilet vir gestremdes daar is mos baie spasie daar en dan verdwyn selfde vrou in my afdeling maklik 4 meer op n dag met n ander man en mensig sy sit nie op haar beursie nie ek sal nooit die ontwerpers klere kan dra wat sy dra nie en dit is met getroude mans so ja dit verbaas my glad nie

Cryosphear ·

Hulle moes die vindings onder ras ook geskei het. Wil graag weet

buks ·

Ek het jare lank gesoek na n spreekwoordelikke slegte vrou. Ek het oral uitgekyk vir daai een maar nooit een raakgeloop nie. Haar nooit raak gesien of ontmoet nie. Vandag is ek al jare gelukkig getroud. Steets wonder ek wie ontmoet wie ken die rondslaapers mekaar uit tussen ander. Lekker wakkerbly is tog lekkerder as slaap.

Ja nee ·

Ja nee kyk nou se ek niks meer nie want niemand is betroubaar in hierdie land van ons nie! Kyk die voorbeeld wat Zuma stel met sy 20 vrouens waarmee hy getroud is wat die belasting betaler moet onderhou!. So terloops het ek weereens gesien dat van die ouermans van jong meisies hou wat my tot skok toe gedryf het! Dit gebeur anders om ook! Wat n skande is dit nie! Nee wat ek klou maar styf vas aan my belofte wat ek voor God gemaak het aan my wederhelf dis die beste en die veiligste.

Sue ·

Klink eerder of hierdie statistieke onder Swingers geneem is…ewww…

Linda ·

Ek het vir ń paar sogenaamde respektabele plekke gewerk. Rondslaap is oral aan die orde van die dag. Nie net onder sogenaamde ander rasse nie. Ook nie deur mense wat ‘sleg’ lyk nie. Veral dié van wie jy dit die minste verwag. Mans en vrouens was skuldig. Jy kan hulle glad nie kategoriseer nie. En as jy waag om iets daaroor te sê, word jy uitgelag en gespot dat jy net ń ‘moeder hen’ is.

Emma ·

Het julle dan vergeet dat Ramaphosa in d parlement die kondome gewys en daarop uitgebrei het. Dir is baie mense se nasionale sport!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.