SA’ners het hierna op Google gesoek

Joost van der Westhuizen. Argieffoto: Twitter

Google het bekend gemaak waarna Suid-Afrikaners die meeste gesoek het op hierdie internetsoekenjin in 2017.

Dumi Masilela (29), die akteur wat veral bekend was vir sy rol in die e.tv-sepie Rhythm City, se naam is die meeste kere deur Suid-Afrikaners op Google gesoek. Masilela is in Augustus dood nadat hy tydens ʼn kaping in Tembisa geskiet is.

Die tweede gewildste soekterm was Zimbabwe. Dit kom nadat Robert Mugabe in November uit die kussings gelig is.

Sikloon Dineo is in die derde plek. Die sikloon het wydverspreide reën oor die land tot gevolg gehad.

Die akteur, skrywer en sakeman Joe Mafela, wat in Maart vanjaar oorlede is, is vierde op die lys.

Karabo Mokoena, wat in Mei dood gevind is en glo deur haar kêrel vermoor is, is vyfde op die lys.

Satellietfoto van sikloon Dineo

Die Springboklegende Joost van der Westhuizen, wat op 6 Februarie in die ouderdom van 45 oorlede is, is sesde op die lys.

Swart Vrydag is in die sewende plek. Op hierdie dag word talle winskopies aangebied en vaar inkopiegangers die winkels in.

Floyd Mayweather en Conor McGregor se sogenaamde “supergeveg” is in die agtste plek.

Die rolprent Fast and Furious 8 is in die negende plek terwyl Orkaan Irma die tiende plek behaal het.

Suid-Afrikaners het ook na talle bekendes op Google gesoek en hierdie was die gewildste:

  1. Hugh Hefner (Foto: Facebook)

    Dumi Masilela

  2. Joe Mafela
  3. Joost van der Westhuizen
  4. Zodwa Wabantu
  5. Mandla Hlatshwayo
  6. Lundi Tyamara
  7. Simphiwe Ngema
  8. Grace Mugabe
  9. Hugh Hefner
  10. Chester Bennington

Suid-Afrikaners het ook talle vrae vir Google gehad en hierdie was die gewildste:

  1. Wat is dineo?
  2. Argieffoto (Foto: CoinDesk)

    Wat is bitcoin?

  3. Wie het die supergeveg gewen?
  4. Watter rol kan die private sektor speel in armoedeverligting?
  5. Hoe om maagvet te verloor
  6. Hoe oud is Simphiwe Ngema?
  7. Wat gebeur in Zimbabwe?
  8. Hoe om slym te maak
  9. Wat is rommelstatus?
  10. Hoe om xenofobie te bestuur

Suid-Afrikaners se liefde vir kos was ook weer duidelik, met die volgende resepte wat die gewildste was:

  1. Beesstert Foto: Maroela Media

    Beesstert

  2. Patats
  3. Beesvleis-resepte
  4. Vegan-resepte
  5. Spinasie
  6. Halaal-resepte
  7. Garnale
  8. Spaghetti
  9. Blomkool
  10. Brood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.