SA’ners hoor Sondagaand oor vlak 4

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa spreek vanaand 20:00 die land toe.

Dit is om terugvoer te gee oor verwikkelinge met betrekking tot die Covid-19-pandemie en gepaardgaande afsonderingsregulasies. Dit volg nadat die nasionale bevelsraad wat die Covid-19-pandemie moet bestuur, asook die kabinet, Sondag vergader het.

Ramaphosa het die land aan die einde van Junie onder ʼn aangepaste vlak 4 van afsondering geplaas, met die oog daarop om die besluit oor twee weke weer in oënskou te neem. Almal hou nou asem op om vas te stel of dié streng inperking verleng gaan word.

“Die regering en sy vennote hou deurlopend die infeksiekoers, behandeling en herstel van Covid-19-pasiënte dop ten einde aanbevelings oor die hantering van die pandemie te maak,” het Tyrone Seale, woordvoerder vir die presidensie, gesê.

Die president se toespraak sal regstreeks op Maroela Media uitgesaai word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek hoop hy praat met sy klomp kinders wat so brand, breek en skiet ook mens sal sweer hulle is op vlak 1 soos hulle tekere gaan pffft en ons hou by reëls

Jannie van Niekerk ·

Corona is baie erg en daar sterf baie mense daaraan. Van my vriende en familielede het tans Corona, so ek staan nie onverskillig teenoor die virus nie. MAAR: Ons moenie dat die ekonomie tot niet laat gaan nie. Indien mens die persentaie sterfgevalle as gevolg van Corona teenoor die persentasie werkloosheid vergelyk, is Corona sterfgevalle pesentasie gewys minder as 1% van die totale bevolking. Werkloosheid se persenatsie daarteenoor verteenwoordig egter ‘n noemenswaadige persentasie van die bevolking. Red eerder MEER lewens deur die ekonomie oop te hou as om dit toe te maak om MINDER lewens te red. In elk geval gebruik die ANC die pandemie vir eie gewin om finansieël en polities voordeel te trek vir hulleself en hulle regstellende aksie beleid.

Anton ·

My fellow South Africans, I have nothing new to say especially about crime and corruption. Please wear your mask, wash your hands and remember social distancing. If you are in a taxi, shebeen or busy setting something on fire, it is ok, don’t bother. Forget about service delivery but please don’t forget to pay your taxes. God bless you or the tokoloshe, if you prefer

Visentjips ·

Lol…., love the summary Anton, but hey let’s see, hopefully some sense will prevail

Johannes ·

Wat help die sogenaamde inperkings. Die meerderheid steur hulle nie daaraan nie en slegs n klein % kom dit na.
Niemand word vervolg vir die sogenaamde wetsoortredings nie.

Oros Soros ·

Dit lyk Cyril se oorspronklike twee weke na 2 maande neig. Miskien strenger beperkings in ander provinsies wat ook styg. Die pasiënte in intensiewe sorg sowel as die op ventilators het gedaal die afgelope 24 uur.

Saartjievandiebosveld ·

Die mense gaan aan asof daar geen lockdown is…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.