SA’ners in China aangehou: ‘Families is baie bekommerd’

Argieffoto

Argieffoto

Vyf van die tien Suid-Afrikaners wat in China aangehou word, sal glo Donderdag na Suid-Afrika terugvlieg.

Dr. Imtiaz Sooliman, stigter van die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers, het gesê verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse en Britse regerings het Dinsdag met afgevaardigdes van die Chinese regering vergader in Erdos in Binne-Mongolië. Volgens Sooliman is geen van die 20 individue wat aangehou word aangekla nie, maar die regering het ingestem dat 11 van die toeriste “vrygelaat” sal word.

Sooliman het gesê dit beteken dat hulle in aanhouding sal bly totdat vlugte gefinaliseer is na hul onderskeie lande van herkoms. Maroela Media het vroeër berig dat nege Britte en een Indiër saam met die Suid-Afrikaners in hegtenis geneem is ná ʼn toer deur antieke China. Hulle is glo daarvan beskuldig dat hulle terreurbande het.

Volgens Sooliman is vlugte reeds vlugte gereël vir ses Britse burgers om Woensdag terug na hul tuisland te vlieg. Hy het gesê vlugte is ook vir die vyf Suid-Afrikaners gereël vir Woensdag, maar daar vertragings en hulle sal nou eers Donderdag vlieg en behoort Vrydag in Suid-Afrika te land.

Sooliman het gesê die ander vyf Suid-Afrikaners, drie Britte en een Indiër word glo nie toegelaat om die land te verlaat voordat hulle aangekla is nie. “Die families van die Suid-Afrikaanse groep oorweeg dit om ʼn Chinese menseregte-prokureur aan te stel, maar dit is moeilik aangesien daar nog geen aanklagte teen hulle is nie.”

Gift of the Givers het intussen ʼn beroep gedoen op adjunk-president Cyril Ramaphosa, wat tans op ʼn staatsbesoek in China is, om die saak met die hoogste gesag op te neem. “Dit is ondenkbaar dat ‘n regering gasheer speel vir ʼn ander regering se staatsbesoek en gelyktydig tien van sy burgers aanhou sonder enige aanklagte.”

Volgens Sooliman moet die Chinese die bewyse verskaf indien die Suid-Afrikaners terreurbande het en hulle aankla of andersins vrylaat. “Die toestande in die sentrum waar hulle aangehou word, is glo nie baie goed nie. Familielede is erg bekommerd en soek klarigheid oor die kwessie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Riaan ·

Meng jou met die semels.Die ouens is nie mense wat ons bont genote wil he nie,die regering hou hulle met skuim op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.