SA’ners in Oekraïne – ‘Dis chaos’  

Toestande Vrydag by die grens tussen Oekraïne en Pole. (Foto: Facebook/ South Africans – Ukraine Crisis)

Tientalle Suid-Afrikaanse studente en gesinne in Oekraïne spook desperaat om die grense van land te bereik en uit die land te vlug, terwyl Russiese magte ál dieper in die land inbeweeg.

ʼn Oud-Suid-Afrikaner in Europa wat vrywillig help om Suid-Afrikaners uit Oekraïne te verwyder, sê sy weet van ten minste 30 Suid-Afrikaners wat uit verskillende streke van die land een van die grense probeer bereik.

“Dis chaos,” sê dié vrou wat nie haar naam genoem wil hê nie. “Motors staan vir kilometers in ʼn ry by grensposte en verskeie studente wat nie karre het nie, moet meer as 10 km stap om by die grens uit te kom.”

Sy sê dit is meestal mediese studente wat in die land vasgekeer is. “Daar is ook ʼn pa en sy seun in Kiëf vasgekeer. Die Russe het die stad omsingel en hulle kan glad nie daar wegkom nie.”

Tientalle desperate Suid-Afrikaners het nou al kontak gemaak via die Facebook-groep “South Africans – Ukraine Crisis” en gesmeek om hulp om die land te verlaat.

Maroela Media het Vrydag berig oor ʼn diereredder van Suid-Afrika wat nou in die land vasgekeer is nadat hy daarheen gereis het om ʼn sirkusbeer te red. Lionel de Lange van Gqeberha (Port Elizabeth) het aan Maroela Media gesê hy is bang en baie alleen en hoop nou om die grens na Pole oor te steek.

Die vrywilliger sê van die studente word deur soldate op die grens aangerand en een student is Saterdag in ʼn stormloop beseer. Sy sê ʼn hele paar gesinne kon wel al daarin slaag om deur die grens na Hongarye te beweeg.

“Mense reg oor die wêreld kontak my ook om hulp aan te bied en hul huise oop te stel. Dis wonderlik om te beleef.”

Sy sê die Suid-Afrikaanse regering doen wat hy kan onder moeilike omstandighede en veral Suid-Afrikaanse ambassadeurs in Oekraïne se buurlande is baie behulpsaam. Sy meen egter Suid-Afrika moes vroeër opgetree het om hul burgers uit Oekraïne te verwyder.

Die vrywilliger moedig Suid-Afrikaners aan, veral dié met kinders wat in Oekraïne gestrand is, om dringend kontak via die Facebook-groep te maak sodat hulle gehelp kan word om die land te verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jr

En Suid Afrika, NEE nie Suid Afrikaners maar die anc gov is te bang om sanksies aan hulle party skenker russiese meesters te plaas. Ek distansier myself van hierdie siening. As u saam stem gooi my n smile gesiggie dan kyk ons wie hulle support – ons of die cANCer society

annie

Snik! Dit kom nou daarvan om te veel te 007… SA moet julle seker nou kom haal? Wees bly hulle doen nie. Ons vliegtuie is nie meer van die beste nie en deesdae se loodse…