SA’ners in Rio met messe beroof

Jacques Groenewald (links) en Anthonie Bougas (Foto verskaf)

Anthonie Bougas, kykNET-aanbieder en programvervaardiger, en sy vriend Jacques Groenewald is in Rio de Janeiro, Brasilië, met messe aangehou en van hul persoonlike besittings beroof.

Anthonie het Saterdag aan Maroela Media gesê die aanval het Dinsdagaand plaasgevind. Hy en Jacques is die week in Rio en sou ʼn musiekvideo verfilm het.

“Ons was by die Copacabana-hotel en het die aand omstreeks 22:00 gedink ons sal bietjie op die strand gaan stap. Die strande is gewoonlik baie veilig, want daar is baie ander mense en baie spreiligte wat die gebied verlig.”

Anthonie sê personeel by die hotel het hulle ook verseker dat dit veilig is om te gaan stap.

“Ons het op die strand geloop en ek het ʼn selfie geneem. Ek het die flitslig van die selfoonkamera gebruik en dit het vermoedelik verklap dat ons toeriste is. Die volgende oomblik het twee mans ons genader en sigarette gevra. Toe ons omdraai om te sê dat nie een van ons rook nie, het hulle messe naby hul lywe gehou.”

Anthonie verduidelik die mans het in Portugees gepraat en hulle kon nie die aanvallers verstaan nie. “Hulle het ons gedwing om op ons knieë te staan op die sand en groot messe, wat byna soos pangas lyk, op ons koppe gedruk. Hulle het in die vreemde taal bly skree en ons kon nie verstaan wat hulle wou hê nie. Ek het gedink hulle wou geld hê en ek het my bankkaarte uitgehaal, maar hulle wou nie dit hê nie. Hulle het uiteindelik ʼn rugsak met ons selfone en skootrekenaars gevat.”

Hy sê hoe minder hulle die aanvallers kon verstaan, en hoe meer hulle gevra het om in Engels te kommunikeer, hoe kwater het die aanvallers geword.

“Ons het later verstaan hulle wil hê ons moet na die see toe kyk – waarskynlik dat hulle kan weghardloop en ons nie kan sien in watter rigting hulle hardloop nie. Dis angswekkend om nie jou aanvaller te verstaan nie. Ek het nie geweet of hulle ons met die messe gaan doodsteek en of hulle ons gaan verdrink nie! Ek sal nooit vergeet hoe hulle in vreemde tale op ons geskree het nie.”

Niemand anders op die strand het die voorval sien gebeur nie. “Omtrent 10 meter verder het daar mense op die strand gedans en gesing en tog het niemand gesien wat met ons gebeur nie. Die aanvallers het dit baie goed beplan. Ons was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek.”

Anthonie en Jacques is ná die aanval terug hotel toe, waar die personeel vir hulle gesê het rooftogte is algemeen, maar gebeur nie gereeld met toeriste nie.

Hulle wou aanvanklik nie die saak by die plaaslike polisie aanmeld nie, weens die kommunikasieprobleme en hulle was besorg dat hulle dalk self aangehou sou word. Anthonie het bevestig hulle sal die saak op die lughawe aanmeld wanneer hulle terugvlieg.

Anthonie het ʼn deel van sy musiekvideo reeds in New York, Thailand en Mauritius verfilm. “Ons het egter ná die traumatiese gebeurtenis nie enigiets in Rio verfilm nie.”

Anthonie het verlede jaar verloof geraak aan Launette van Niekerk toe hulle die verfilming in Thailand gedoen het.

Die twee mans vlieg Saterdagaand terug na Suid-Afrika. Hulle paspoorte was in hul hotelkamer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

sweis ·

Goed so,julle kom van SA dan gaan loop julle op die strand om 22H00 met skootrekenaars en waardevolle items nogal slim van julle tweetjies.

Asjas ·

Was ook nogal vreemd om te lees hulle gaan stap met hul laptops op die strand. Dis waarvoor hotelle kluise in kamers het… Vir waardevolle items. Jammer vir die verlies…

E.K. die eerste ·

Ek weet nie hoe die hotelpersoneel kon sê dis veilig nie. Hele paar jaar gelede al was dit op nuus of Carte Blanche of iets (kan nie meer onthou) waar mense JUIS op Copacabana strand in die helder daglig aangeval en selfs hul klere van hul lywe afgeruk is. ‘n Vriend wat by SAL gewerk het was eenkeer daar met ‘n groep reisagente en toe hulle die aand stap na ‘n nabygelee restaurant bestorm twee mans met messe hul en hy keer met sy hande om die meisies te beskerm en is sy hande oopgesny en moes hy steke kry. Nee jinne, daar is dit maar so rof soos hier. Dalk nie elke dag maar ja… ek weet nie. Sterkte aan julle ouens, dis ‘n goor ondervinding wat mens se reis totaal versuur.

E.K. die eerste ·

Nog iets wat vreemd is: in paragraaf 4 het die hotelpersoneel gesê dis veilig en dan in paragraaf tien sê die personeel dis algemeen! Mens moet dus oppas in in Rio en ook nie sommer glo wat hotelpersoneel sê nie.

Shaun ·

Wie gaan stap met laptops op die strand in due aand?.. ….Klink baie verdag

Helena. ·

Dis jammer oor die voorval maar dis n les om te leer..jys nerêns veilig nie..dis hier in SA so erg, hulle skiet sommer. Dankie tog hulle lewe.

aj ·

2 Mans is deur 2 mans beroof!

Tyd dat ons almal weer leer om ons SELF TE VERDEDIG!

Te laat vir selfverdediging vir die oumense … leer julle kinders … judo, karate, boks, stoei i.p.v. nuttelose ander sportsoorte?

Elsa ·

Aj, nou praat jy n ding wat nie 2 is nie… Heeltemal die waarheid.

Jan Seerot ·

Kaalhand teen ‘n kêrel met ‘n mes… Ek dink nie so nie. Beste om maar liewer die Bio-Plus te drink en rieme neer te lê.

Foxi ·

Nie net n hell hole nie……dis is vervrot daar, net soos hier. Jy moet versigtig wees waar jy gaan in die aand. Vuil plek!

Frikkie Geld en huis ·

Daar was laasjaar slegs 50 moorde per dag in SA, Tobie. Dalk haal ons die jaar die 80/dag grens.

Anoniem ·

Nêrens is ons meer veilig nie – behalwe by Jesus ONS BETER SORG DAT ONS BY JESUS EINDIG ????

Sue-Mariette ·

Ek was in 2014 daar en het nie veilig gevoel om saans te gaan stap nie. Veral op die strand. In Rio, terwyl ek binne in die vliegtuig sit en wag voordat ons moes vertrek, het hulle polisie n Braziliaan kom arristeer wat reg voor my gesit het! Nee wat ek sal nie weer Rio toe gaan nie.

nabetragting ·

Ek het gedink dat Rio ‘n romantiese plek is !! Ek was beslis verkeerd.

Brenda ·

Laat my terug dink toe ek as student saam met Amerikaanse en Italiaanse studente in 1976! op Ipanemastrand was. Ook gevra vir sigarette om jou aandag af te trek en my van geld beroof. Gelukkig nie messe gehad nie. Later gesien hoe ander toeriste openlik beroof word. Helder oordag!

Klink reg ·

Baie skerp Phillip… Verduidelik die rugsak en rekenaars om 22h00 saans… Blinde sambok!

Stripes ·

Hoekom gaan stap ‘n mens 10uur in die aand op die strand rond met jou skootrekenaar? Klink nie vir my lekker nie.

Osie ·

Rio: hoofstad van dwelms……..met crime rate in die hoogste in die wêreld en jy gaan stap saans met jou besittings op die strand…..No comment

Heksie ·

Die “vreemde taal” is moontlik Portugees …
En almal weet dit is baie gevaarlik in Suid-Amerika … verstaan nie hoekom julle op die strand gaan stap met laptops nie

Phil ·

Ek het ook verlde jaar een aand op daai strand gaan ‘stap’……darem net my horlosie verloor maar dit was NA ‘n laat nag gelukkie…….

Weggesteek ·

Het iemand jou horlosie gevat of het jy hom net weg gesteek?

Janine ·

As so doen ding met my gebeur en ek is ‘n bekende kunstenaar of TV aanbieder, sou ek doodstil bly . Dan het niemand daar buite gewonder wat EINTLIK gebeur het nie. Hoop die manne het hul les ( en lus) geleer.

Andre ·

In 2019 is GOOGLE jou vriend. As jy na enige plek reis, gaan kyk jy effe wat ander reisigers gesê het van die stad en dan sou jy 2 keer dink om saans te gaan vir laatnag stappie. Voel jammer vir die twee, maar effe dom gewees….

Jan ·

Wat Google sê:
“People also ask
Is Rio Brazil safe for travel?”
Rio is a dangerous city regarding risks of mugging and kidnapping, central urban areas are better avoided late at night, and it is recommended to travel in private cars. Never venture in favelas unless you are with a local or during a tour.

Jan ·

Volgens Google:
“People also ask
Is Rio Brazil safe for travel?
Rio is a dangerous city regarding risks of mugging and kidnapping, central urban areas are better avoided late at night, and it is recommended to travel in private cars. Never venture in favelas unless you are with a local or during a tour.”

Chiddy ·

Slaan jou naam met ‘n plank: of vir domheid of vir nonsens praat…. Net bly julle is OK.

Dawie ·

Jammer manne, maar soos julle kan sien. Niemand glo die storie nie. Hou die eerder uit die media anders kry julle net met kritiek. Jul storie klink NET TE VERGESOG, jammer. Hoop julle het jul les geleer.

Denise ·

Verspot net so goed ek gan loop met my juweel kissie op die strand in in trollie !!!

Ellen ·

From our past experience:
Most areas in Rio de Janeiro are perfectly safe for tourists during the day. Nighttime is a different story. If you must head out on the streets at night, make sure you travel in groups, stay away from quiet areas, dark streets and the beach.Tourist are easy targets. A lot of the food vendors near the beach were also drug dealers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.