SA’ners kan gereedmaak vir groot koue

Argieffoto.

Argieffoto.

Suid-Afrikaners moet gereedmaak vir vanjaar se winter wanneer ʼn kouefront na verwagting dié week die land gaan tref.

Vanetia Phakula, ʼn weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het Dinsdag gesê ʼn kouefront sal na verwagting die Wes-Kaap tussen Dinsdagaand en Woensdagoggend bereik. Die westelike gedeeltes van die provinsie kan reën verwag.

“Dit sal baie koue en winderige weerstoestande veroorsaak, en selfs sneeu kan verwag word,” het Phakula gesê.

Sy het gesê sneeuval kan Woensdag oor hoogliggende gebiede in die Wes-Kaap verwag word. “Ons verwag selfs moontlik ʼn klein hoeveelheid sneeu op Tafelberg.”

Die kouefront sal teen Donderdag in ʼn oostelike rigting oor die land beweeg. Johannesburgers kan gereedmaak om teen Vrydag minimumtemperature van 1 grade Celsius tot ʼn maksimum van 5 grade Celsius te wagte te wees.

Die kwik sal na verwagting teen Saterdag weer begin styg. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Peter Says ·

Lekker OBS weer, my hart gaan egter uit na die wat nie n heenkome het nie.

Bienkie ·

Wat kan nou lekkerder wees as ‘n kaggelvuur, wyn, en kuier saam met die gesin. Ek stem Peter, ek sien reeds baie mense wat nie eers ‘n trui of ‘n skoen aan die voet het nie.

Justi ·

O genade toggie, daar begin my bene sommer vanself rattel. Ek en koue is beslis nie die beste van maatjies nie.

Maar ek moenie kla nie ek het n warm bed om in te slaap en warm klere. Ek bid dat die wat dit nie het nie gehelp sal word.

Peter Says ·

Mmmm, die Kaap hang behoorlik uit, reen, reen, reen, en yskoud. Sal my nie verbaas die berge le wit met sneeu. Sal moet wag om dit te sien. Die son kom eers 8 uur op.

Peter Says ·

Anne, beslis leeeker hier, maar die weer is vandag omgekrap.

kitta herbst ·

Jis ek verlang Kaap toe,en sneeu op die berge sal die kersie op die koek wees!

Elizabeth ·

Mooiste plek ooit, somer of winter, is Clarens in die Vrystaat! Groen, groen, groen beklede sandsteenberge in die somer, boomgeraamtes teen die bloue winterslug, sneeu as jy gelukkig is – altyd mooi en mense altyd gul en vriendelik! My hart trek ‘n punt….! :( Ouens, dis goed om te lees daar is empatie met mense wat minderbevoorreg is; dis maklik om te help – ek gee NOOIT geld nie, maar hou sommer hope pakkies sop en lemoene of appels in die kar en deel uit soos ek sien, elke glimlag ‘n REUSE beloning! Elke bietjie help!

AmY ·

Kan nie wag nie. Winter is my gunsteling seisoen. Al gaan ek al 06:30 in die oggende uit die huis uit. En loop so kilometer na waar ek vir werk opgetel word. Ek love steeds die winter.

In die aande is daai warm sjokolade en warm kombers en warm watersak ‘n lekker beloning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.