
Argieffoto.
Suid-Afrikaners moet gereedmaak vir vanjaar se winter wanneer ʼn kouefront na verwagting dié week die land gaan tref.
Vanetia Phakula, ʼn weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het Dinsdag gesê ʼn kouefront sal na verwagting die Wes-Kaap tussen Dinsdagaand en Woensdagoggend bereik. Die westelike gedeeltes van die provinsie kan reën verwag.
“Dit sal baie koue en winderige weerstoestande veroorsaak, en selfs sneeu kan verwag word,” het Phakula gesê.
Sy het gesê sneeuval kan Woensdag oor hoogliggende gebiede in die Wes-Kaap verwag word. “Ons verwag selfs moontlik ʼn klein hoeveelheid sneeu op Tafelberg.”
Die kouefront sal teen Donderdag in ʼn oostelike rigting oor die land beweeg. Johannesburgers kan gereedmaak om teen Vrydag minimumtemperature van 1 grade Celsius tot ʼn maksimum van 5 grade Celsius te wagte te wees.
Die kwik sal na verwagting teen Saterdag weer begin styg. – SAPA
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Lekker OBS weer, my hart gaan egter uit na die wat nie n heenkome het nie.
O genade toggie, daar begin my bene sommer vanself rattel. Ek en koue is beslis nie die beste van maatjies nie.
Maar ek moenie kla nie ek het n warm bed om in te slaap en warm klere. Ek bid dat die wat dit nie het nie gehelp sal word.
Mmmm, die Kaap hang behoorlik uit, reen, reen, reen, en yskoud. Sal my nie verbaas die berge le wit met sneeu. Sal moet wag om dit te sien. Die son kom eers 8 uur op.
Jis ek verlang Kaap toe,en sneeu op die berge sal die kersie op die koek wees!
Mooiste plek ooit, somer of winter, is Clarens in die Vrystaat! Groen, groen, groen beklede sandsteenberge in die somer, boomgeraamtes teen die bloue winterslug, sneeu as jy gelukkig is – altyd mooi en mense altyd gul en vriendelik! My hart trek ‘n punt….! :( Ouens, dis goed om te lees daar is empatie met mense wat minderbevoorreg is; dis maklik om te help – ek gee NOOIT geld nie, maar hou sommer hope pakkies sop en lemoene of appels in die kar en deel uit soos ek sien, elke glimlag ‘n REUSE beloning! Elke bietjie help!