‘SA’ners kan nie glo man sonder skoolopleiding is president nie’

President Jacob Zuma (15 Januarie 2016) Foto: GCIS

President Jacob Zuma (15 Januarie 2016) Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het Vrydag gesê Suid-Afrikaners kan nie glo dat ʼn man wat nooit skool toe gegaan het, president is nie, en daarom moet hy 24/7 aangeval word deur persone wat nie ʼn waardering het vir dit wat gebeur nie.

Zuma het ʼn afskeidsboodskap gelewer aan 19 studente wat by die Amerikaanse universiteit in Nigerië gaan studeer deur middel van beurse wat deur die Jacob G Zuma-stigting geborg word. Hy het ook tydens die geleentheid ʼn tjek van R500 000 van sy stigting aan die SA Nasionale Weermagopleidingsfonds oorhandig.

Zuma het gesê die feit dat hy nie formele skoolopleiding gehad het toe hy jonk was nie, was die sleutel om die opleidingstrust op te rig. “Die kwessie van opleiding is ʼn kritieke saak vir ons land,” het hy gesê. “Daar was ʼn baie doelgerigte program om die meerderheid uit te sluit [van opvoeding]. Sedert die einde van apartheid het die regering gepoog om seker te maak dat niemand uitgesluit word wanneer dit by opleiding kom nie.”

Zuma het die media daarvan beskuldig dat hulle nie witmense kritiseer wat nie die vereiste kwalifikasies het nie. “Ons is so onregverdig met onsself, veral met swartmense. Daar is nie media wat ʼn enkele wit persoon aanval nie. Een persoon was onlangs in ʼn amp, met slegs matriek en hy was die waarnemende uitvoerende hoof. Dit was nie ʼn groot saak nie. Jy kan jou net indink as dit iemand anders was.”

Nico Bezuidenhout, uitvoerende hoof van Mango-lugredery, is aan die einde van 2014 vir ses maande aangestel as die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugredery (SAL). Dudu Myeni, voorsitter van die raad van SAL, is ook uitvoerende voorsitter van die Jacob G Zuma-stigting.

Armoede kan slegs deur die grondkwessie opgelos word

Zuma het ook gesê indien die voortslepende kwessie van grondeienaarskap nie opgelos word nie, sal Suid-Afrika steeds sukkel om armoede, ongelykheid en werkloosheid aan te spreek. Hy het gesê hierdie kwessies word direk gekoppel aan die grondkwessie.

“Dit is belangrik dat ons weet dat die armoede wat ons het, die omvang daarvan, die ongelykheid, die werkloosheid, dat dit die kinders is van die land se hongersnood,” het hy gesê. “As ons dit nie oplos nie, sal ons jare lank nog, generasie ná generasie, met armoede sukkel. Dit is die kringloop van armoede, soos hulle dit noem.”

Zuma het gesê hy glo nie swart Suid-Afrikaners is slegs sedert 1913 van grond ontneem nie. “Die eerste sekretaris-generaal van die ANC het ʼn verklaring gemaak nadat die Grondwet van 1913 ingestel is, dat die swart mense die aand met hul grond gaan slaap het, en die volgende dag toe hulle wakker word, toe was hulle uitgeworpenes in hul eie land, erger as slawe.”

Zuma het gesê hy glo swart mense het meeste van die grond verloor voor die Grondwet van 1913, tydens die Unie van Suid-Afrika, ingestel is.

“Die jaar 1913 was konsolidering of wettiging. Dit was nie toe die grond gevat is nie. Baie min grond is ná 1913 gevat. Armoede, ongelykheid en werkloosheid is nie iets wat deur God geskape is nie. Dit is deur mense gemaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Penellope Jones ·

Ons glo dit nogal omdat net mooi alles skeefloop en tot niet gaan!

Berhalet Beukes ·

Foei tog… Dat een mens soveel snert kan kwytraak en homself boonop glo daarby!

PJ ·

Hy is darem eerlik omtrent sy opleiding nou moet hy net erken dis oor sy nie geleerdheid dat alles so agter uitgaan

Liewe heksie ·

Enigeiemand met iets tussen die ore kan besef hy is ongeskool kyk in watter gemors is ons land

hano ·

Jy’s reg Zuma, jy moes nooit president geword het nie want jy weet niks van niks en verstaan niks van niks. Om president te wees moet jy ten minste kan tel en die geskiedenis ken.

Martie ·

Duidelik weet ons nou hoekom Suid-Afrika nou lyk as voor 1994 na hulle oorgevat het.Miskien moet Mr.Zuma moet miskien deeltyd begin leer n mens is mos nooit te oud om te leer nie en dan kan hy miskien gr.12 deur die pos doen of hoe,

J.Z ·

Laat hom by graat 1 begin en nie oor die pos nie, anders gaan hy se het nie die kaans gehad nie want die pos weese wat deur Apartheid daar gestel is nie sy pos vir hom laat kry het nie,oor hulle staak en hy nou aanspaak kan maak om n graat12 sertifikaat .

Daan van den Heevr ·

Wat hy dus hierdeur vir mense sê, moenie skool opleiding kry nie, dan staan jy ‘n beter kans om die hoogste sport te bereik. Ons kan nou begin met ‘n slagspreuk, skoolgaan mors jou tyd

Paul ·

Kan Zuma nie nog verder in die verlede in delf nie.
“If u r looking for an excuse u will find one!

Zelda ·

As enige person aan soek doen vir werk. Soek die besigheid n matriek sertifikaat. Maak nie saak wanneer jy matriek geskryf het nie. Hoekom is n matriek sertifikaat nodig by werk maar n prisident van n land het nie n skool loobaan nodig nie. Is n prisident nie n hoër vlak van studies nodig as n gewone werk nie. Of tel dit glad nie as jy prisident wil word nie. Hoekom warry enige een om dan te gaan studeur. Almal kan dan aansoek doen om prisident te word.

Berhalet Beukes ·

Glo dit of nie, ek het ‘n paar dae gelede ‘n advertensie van ‘n staatsdepartement raak gelees wat poste teen R6500 asook opleiding aanbied. Vereistes standerd 6 tot 8. Ek was stomgeslaan.

Zelda ·

As enige person aan soek doen vir werk is n matriek sertifikaat n vereiste. Sonder daai sertifikaat kan jy maar vergeet om werk te kry. Ek sou dink as jy n president van n land wil word moet jy darm meer he as n matriek sertifikaat. In Sy geval meer as n Gr 2 rapport. Eintlik probeer Hy die mense vertel jy het net Gr 2 nodig om president te word. So enige Jan rap en Sy maat kan aansoek doen nou in SA om president te word. Ek dink ek moet my seun laat aan soek doen Hy het immers Gr5.

Dee ·

Zelda….., SP is nie ‘n hoogsgeskoolde beroep nie. As jy sien vir wie het ons die werk gegee in Suid Afrika, sal jy verstaan wat ek bedoel.

Chris W ·

Hy bly nou eenmal die hoof nar in die regering!Hy lag in die parlement uit volstrekte onkunde oor wat in die land aangaan ,so dom is hy!

Mike ·

Hy moedig volksmoord aan met sy kriminalisasie van blankes! ONS HET NIKS GESTEEL NIE!!!!!

Blondie ·

Jacob Zuma her rasistiese uitlatings gemaak. .en volgens die wet is dit n misdaad.

ANDRÉ ·

Hou aan om dit aan jouself te sê, idioot, as dit jou laat beter voel oor jouself. Die land se mense weet wat die waarheid is!

kobus ·

Suid afrika sou baie beter af wees as almal in hoe poste geldige meesters grade gehad het en nie donkie grade nie. Geen normale persoon sal so optree soos n swart ongeletterde president en sy onbekwaamde anc nie,die da en eff is besig om dieselfde pad te loop. Alle narre partye stel net belang in mag en rykdom maar geensins in suid afrika en sy burgers nie. Hul kan almal maar val dat alles weer na normaal kan terugkeer

TM ·

Om grond te besit beteken nie jy is ryk nie. Dit beteken jy het ‘n keuse gemaak om vir jou land te sorg vir kos. Dit vat harde werk en senuwees van staal om grond te hê en dit is iets wat ons grondeisers nie het nie. Armoede gaan nie eweskielik verdwyn as almal grond het nie en wie die grond besit gaan ook nie die saak oplos nie. In die eerste plek hou op voortplant. Oorbevolking is die rede vir baie probleme. Logika is duidelik die een ding wat by ons regering ontbreek. Hou verdomp op met eis en skep ‘n slag iets vanself.

Gerhard ·

Ons kry nie kans om dit te vergeet nie. Jy klou aan jou amp soos ‘n neet aan ‘n wolkombers.

HEVW ·

Maklik om sy agrgument te weerle. z stap na jou buurman Zim en kyk wat gebeur wanneer grond in die verkeerde mense se hande beland. As die boodskap nie deurdring nie, dan weet ons dat jy nie formele skoolopleiding gehad het nie, en ook dat daar n soort moedswillige onkunde in jou kop aangaan.

Kaspaas ·

Ek kan dit juis glo dis hoekom die land is waar hy is. Op randjie van junk status.

Luister ·

Ja, ons kan dit nie glo nie, want dit behoort nie so te wees nie!

HEVW ·

Jammer dat ek weer aan die word is zuma jy is die president van ons land en jy het nie n greintjie eerlikheid in jou nie. Jy skuil soos n slang in die gras. dink jy nie dit waarmee jy besig is, is vir ons deursigtig nie. Maak jou verskuilde agenda bekend . Staak jou geslepenheid. Se vir die wit boere in die land, jou eie volgelinge, en die internasionale wereld jy wil beslag le op alle grond want die slagspreuk Afrika behoort aan die Afrikane. Eers as alle grond aan die swartman behoort dan is die oorlog verby. Jy lieg as jy ekonomiese welvaart aan jou sg. volgelinge voorhou. Wat die gevolge van grondonteiening vir die bevolking inhou, gee jy nie n blou duit om nie. Al is dit dan hongersnood soos in jou buurland. Jy hou ekonomiesewelvaart aan jou volgelinge voor. Dink jy hulle glo jou? Jy openbaar maar net jou gebrekkige skoolopleiding aan hulle. As jy hulle dan wil oortuig neem hulle dan na die plase waarop reeds beslag gele is en vind dat daar nog bykans nie een is wat winsgewend presteer nie. en vertel hulle dan met trots dit geskiet selfs onder jou bewind. Jy maak jou selfs voor jou volgelige belaglik, tipies soos een wat geen skoolopleiding gehad het nie. Vertel ook aan hulle jy is maar net n pion in die hande van sekere internasionale magte en jy word gedruk deur n bepaalde program wat binne n bepaalde tyd bereik moet word.

HEVW ·

U plaas nie my kommentaar nie, maar dit is egter die waarheid waarom dit gaan. Moet die mense nie maar ingelig word nie?

Mariné Lourens ·

Dagsê HEVW

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en verskyn in só geval nie dadelik op die webwerf nie. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik op die webwerf verskyn nie, beteken dit nie noodwendig dat die kommentaar afgekeur is nie, bloot dat dit dalk net moontlik nog nie goedgekeur is nie.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

blond ·

Ek wonder net wie vir hom die toe spraak geskryf het aan gesien nie kan a b c of 1 2 3 nie,ai toggie gaan bou eerder verder modder koekies en los die groot praat vir die groot mense,sjame man jy laat my dink aan pinochio lat groei die neus

Champ ·

Lankal gedink jy is n stomp potloot, nou weet ek dit. He he ha ha heheee

Jeff ·

Daar is ‘n duidelike boodskap in sy toespraak, boere gaan nig meer geteiken word, vermoor of grond gaan gevat word. Dit gaan almal van ons raak, vergeet van patriotisme, hardloop, moenie stop nie, moenie omkyk nie. My dogtertjie sal nie ‘n statistiek van hierdie land word nie.

John ·

Dit gaan ons niks help om die president sleg ge se nie. Dit verlig dalk vir ‘n oomblik die gevoel van frustrasie oor alles wat verkeerd loop, maar die nawerking is skadelik. Mense wat ondeurdag optree, word net verder aangespoor of hulle verhard hulle harte. Skoolopleiding en naskoolse onderrig verseker nie goeie aksies nie. Koning Salomo en andere het nie baie slim boeke gehad nie. Die wereld is en was vol geleerde maar dom leiers. Die hele oogmerk met kennis, soos met wiskunde, is naamlik om nie net te leer een en een is twee nie, maar dit kan ook tien of 2 000 wees afhangende van die toepassing. Ons het voor president Zuma ander presidente gehad wat foute gemaak het en dwase besluite geneem het en so het ander lande wat selfs tot wereldoorloe gelei het. Hoe nou gemaak? Die Bybel se woon en werk rustig voort en vertrou My. Dit lyk my ons is te slim, selfs vir Hom. Wat help die res van ons se boekekennis as ons nie wysheid bekom het nie, Haatdraendheid gaan niemand iets baat nie. Dit doen nie ons sien dit mos nou. So? Ons kriseer die regering van die dag en geldelike hulp aan die witboere word na elders gekanaliseer weens ons hiperaksies. Ons voel bedreig. Dit reen nie, ons taal is onder beleg en nou is die boereplase ook op die spyskaart. Volgende moet ons wit predikante afstap van hul hoe gestoeltes ens ens. En ons skree op mekaar en ons se mekaar sleg en wys mekaar ‘n ding of twee en uiteindelik le ons land woes en leeg en opgedons.

Lewies ·

Wat ‘n por snert!
1 en 1 is 2 of 10 of 2000 – inderdaad!
Net Jacobregop sal hierdie wislunde verstaan.
Dink vriend John regtig dat intelligente mense nie bedreig moet voel nie?!
En moet tog nie gesonde kretiek en die uitspreek van kommer met haatspraak gelykstel nie.
Laat dit oor aan die mense wat geen geldige standpunte het nie

San ·

Jy kan duidelik sien die man is ongeletterd. Daarom se ek hy is net n puppet aan n string vir die ANC. Die ANC wil net he ons moet sien wat hulle wil he ons moet sien. Vrees eerder die unnkown. Want hy hou die gevaar in

Johannes Meintjes ·

Nou ja, in die gekke-paradys van die Nuwe SA is alles tuis. Die goeie nuus is dat all skole en akademiese instellings dus onnodig is, veral noudat top poste maar deur ongeskooldes beman kan word en die land in elk geval inmekaartuimel terwyl 53 miljoen burgers maar tevrede op die kantlyne handeklap. Geld vir universiteitsfooie kan nou gaan aan droogtehulp en behoorlike voedselsekuriteit.

Jacques ·

Zuma het wel een ding reg gesê. Jy hoef nie geleerdheid te hê om n goeie en wyse pres te wees nie. Oom Paul was nie n geleerde man nie maar was n wyse leier net visie.

Zoema is n swak president omrede hy geen integriteit het nie. Ek verkwalik hom nie omdat hy nie geleerd is nie maar omdat hy geen visie het nie en moreel korrup is

Rynhardt ·

Nie net leef Suid-Afrikaners in ontkenning dat die prez standard3 het nie, maar hul leef ook in ontkenning dat die strokies karakter, Andy Capp n briljante komiese karakter is wat jou meer laat lag as Zuma! Ontkenning bly n lelike ding!

Zonia ·

Ek stem saam met John…..as jy nie sterk is nie, moet jy slim optree. Die stelling het al menigmaal in die geskiedenis bewys gelewer van sukses. Deur slegsê en bakleiery, gaan ons land ten gronde. Is DIT wat ons as inwoners van hierdie heerlike, sonnige land, aan die Suidpunt van Afrika wil hè? As al die mense saamstaan…..wat dieselfde Godsdiens en idiologie het…KAN ons oorwin in Suid Afrika!! Dink maar aan Dawid en Goliat van die geskiedenis.

Juffrou ·

Aan die anderkant help dit nie mens het skoolopleiding maar jy kan nie “President” spel nie. Zuma het matriek, hy’t dit net nie formeel verwerf nie. Hy is ‘n produk van ABET. Adult basic education and training. Ongelukkig beteken matriek niks en is hy steeds so dom soos ‘n klip…hy hoef net sy mond oop te maak om dit te bewys.

Dee ·

Jufrou, jou (heel van pas) kommentaar het my laat glimlag. :-)

Boscia ·

Ek kan dit inderdaad glo, Mnr Zuma. Alles is vandag moontlik. Maar om President te wees beteken nog nie jy kan die job doen nie.

juan ·

Piet Retief se grond is ook van hom ontneem deur Zuma se voorganger Dingaan. Gelukkig vir Zuma het hy n baie goeie rede hoekom hy dit nie kan onthou nie, hy was nooit op skool nie. Die keiser is kaal en niemand in SA het die inbors om dit te se nie.

Francois le Cochon ·

So is daar ook mense wat nie kan glo dat publieke toilette so skoon is nie !!

Fanie ·

So hy stook nou al glads die media op om liewer oor die wittes te skryf en te berig.
Hoeveel grond lê daar onbewerk, asook staatsgrond, wat hy vir sy mense kan uitdeel.
As die Universiteite nou gratis gaan wees, dan eis ons gratis skoolopleiding.

Retief ·

Lyk my ons kan nou die ou uitdrukking van “Domkop die Esel” verander na “Dombkop die Zuma”.

AJ ·

Dit gaan niemand enigiets help om terug te kyk na die verlede nie. Dis gedane sake. Dis nou tyd
om vorentoe te kyk . Iemand wat die verlede altyd so aanhaal het niks tussen die ore nie en geen visie vir ons land nie. Rassisme is nou presies omgekeer op n slinkse wyse en dieselfde storie raak nou afgesaag. Volgende keer draai hulle dieselfde storie net so effens.

Belinda ·

Ek wonder of al hierdie kommetaar by die present uit kom?

Ben ·

Ons kan maar op en af spring, skree, vloek en swets. Die man weet nie eers dat dit gedoen word nie.Hy weet nie eers dat daar iets soos Maroela media is nie.Tensy iemand dalk iets vir hom sê van hierdie kommentare, sal dit soos water van ‘n eend se rug afloop.Hy tel net beeste, vroue en sy nageslag.End van die prent.Gaan rustig aan met jou lewe want op hierdie oomblik sit hy rustig en drink sy tee en gee nie ‘n duit om wat ek en voel en sê nie.

Mariaan ·

Ons moet bid dat God se wil in hierdie pragtige land van ons sal geskied. Die besighede en mynbou is ook in die verkniorsing. Net God se Liefde en Genade kan ons red. Laat ons nie fokus op goed wat nie in ons beheer is nie maar laat ons ons vertroue op God stel.

GERHARD ·

Mariaan jy is reg dit is hoekom dit so sleg gaan met ons , ons mense ken nie meer GOD nie kyk hoe leeg is die kerke geen godsdiens in skole geen godsiens by ons eie huise ons stel geen voorbeeld vir ons kinders nie!

Rina ·

Ons kan duidelik sien aan die stand van sake dat jy ‘n ongeskoolde ongeletterde persoon is om dit mooi te stel. Jy is die oorsaak van die groot gemors in Suid – Afrika, is mos baie gerieflik om alles op die apartheid en Jan van Riebeeck te blameer. Maar jy vergeet gerieflik onthalwe hul was geleerde mense in die apartheidsjare sowel as Jan van Riebeeck se jare. Die apartheids regime het die land opgebou totdat jul ANC in bevind gekom het nou is alles ‘n gemors van die Parlement tot die water. Ek sal liewers nie alles aflag soos jy as ek weet ek bestuur ‘n land in die afgrond in nie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.