SA’ners leef nou langer, sê minister

Argieffoto

Argieffoto

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Sondag gesê Suid-Afrikaners se lewensverwagting het oor die afgelope tien jaar toegeneem.

“Suid-Afrikaners leef langer; ʼn mylpaal wat gevier mag word,” het Radebe tydens die bekendstelling van die regering se ontwikkelingsaanwyser vir 2014 gesê. “Die toename in lewensverwagting kan toegeskryf word aan die konstante verbetering in die implementering van omvattende strategieë in die stryd teen die las van siekte, insluitend oordraagbare siektes – veral MIV/vigs en tuberkulose – en die afname in baba- en kindersterftes,” het hy gesê.

Volgens Radebe het die lewensverwagting in Suid-Afrika van 52,7 jaar in 2004 tot 61,2 jaar in 2014 toegeneem. “Kindersterftes het van 58 tot 34 sterftes per duisend lewendige geboortes afgeneem tussen 2002 en 2004.”

Die ontwikkelingsaanwysers is numeriese aanwysers van veranderinge en langtermyn-neigings in Suid-Afrika. Die aanwysers word gebruik as kriteria om vordering te meet en die regering te help om die doeltreffendheid van regeringsbeleid en ingrypings te meet in die bereiking van nasionale doelwitte op die gebied van ontwikkeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nic Grobler ·

Nie veel om te verwag nie, maar nou ja, wat sal ons se?

SNEL ·

Duidelik kan hulle nie somme maak nie. Dis nou die grootste bog wat ek nog gehoor het.

Sarie ·

Onder apartheid was dit bo sestig. Beter mediese sorg al was dit apart.

Dan ·

Ag wat weet hy. Probeer hom slim hou. Wat laat hom dink ons stel belang in wat hy te
se het.

TM ·

Ek sit en dink nou hier. Watter rol speel misdaad, mediese nalatigheid ens ens ens in lewensverwagting? Hierdie syfers is gebaseer op natuurlike oorsake reg? Die lewensverwagting sou veel hoër gewees het maar ek glo die onnatuurlike oorsake oorskry die natuurlike oorsake.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.