SA’ners leen meer om inkomste aan te vul

skuld-krediet-afbetaling-belasting-sakrekenaar-rekenaar-boekhou

(Foto: FirmBee/Pixabay.com)

Suid-Afrikaners se netto inkomste het sedert 2015 in reële terme aansienlik gedaal en verbruikers suiwer die tekort aan deur geld te leen.

Volgens die skuldberadingsfirma DebtBusters het gemiddelde skuldvlakke met 13% meer as die gemiddelde inkomstevlakke toegeneem.

Benay Sagar, bedryfshoof van DebtBusters, het gesê volgens hul jongste kwartaallikse skuldverslag het mense wat in 2019 by die maatskappy om skuldberading aansoek gedoen het, gemiddeld 15% minder reële netto inkomste gehad in vergelyking met diegene wat in 2015 aansoek gedoen het.

Die prentjie vir diegene met ʼn hoër inkomste – diegene wat meer as R20 000 per maand verdien – was nog slegter. Hierdie verbruikers bring in reële terme 20% minder huis toe as hul eweknieë in 2015.

“Die ander noemenswaardige bevinding is dat hierdie verbruikers hul lewenstyl finansier deur aansienlike onversekerde krediet uit te neem, dermate dat dit batefinansiering, soos huislenings en motorfinansiering, begin oorskry.

“Onversekerde skuldvlakke is oor die algemeen 40% hoër as wat ons vier jaar gelede gesien het. Vir diegene met ʼn hoër inkomste is dit 50% hoër.”

Die persentasie inkomste wat benodig word om skuld te betaal, is volgens Sagar ʼn duidelike bewys van die finansiële druk wat verbruikers ervaar. In die verslag is bevind dat DebtBusters se kliënte in die vierde kwartaal van 2019 sowat 64% van hul netto inkomste benodig het om hul skuld te betaal.

“Die gemiddelde kliënt se skuld-tot-inkomste-verhouding was 110%, maar vir diegene wat R20 000 of meer per maand verdien, was dit 134%.

“Dit is onvolhoubaar en het die afgelope vier jaar net erger geword,” het Sagar gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

netekalleen ·

Het iemand al gehoor was spaar tot jy genoeg vir iets het ipv skuld maak???

HBK ·

Oor die algemeen sou ek saamstem. Die hartseer is dat mense toenemend skuld gebruik vir basiese behoeftes, nie net luukshede nie. Dis nogal moeilik om te spaar vir kos. Daar is ‘n interresantre artikel vanaf dieselfde bron hier bo in Desember 2019 gewees. “many people are borrowing to pay for necessities such as food and transport”

VanAfrika ·

Mens kan nie spaar as dit kom by jou motor engine wat sommer besluit om op te pak en die cylinder head en ringe moet vervang word, wat verlede jaar met my gebeur het. Maar moet sê dat ek nog drie van hierdie lenings het wat einde Januarie klaar betaal is, en een einde Maart en een einde Junie. Ek het nie n keuse gehad en moes leen anders kon ek nie by die werk kom nie en om n rygeleentheid in hierdie land te kry is n wonderwerk. Mense bly om die hoek van my en oorkant my maar maak alle verskonings net om my nie te help nie.

Asgat ·

Dit gebeur omdat ons nie verhogings in ons salarisse kry nie, want maatskappy sukkel met hul “cash flow”. Maar ons Huis huur, petrol, elektrisiteit, water en sanitasie, tax word alles opgesit wat dan beteken alles word duurder … ons moet meer en meer betaal sodat die minder bevooregte mense verniet alles kan kry…. Dit is hoekom n’ enkel ma wat werk al hoe meer skuld moet maak want daar is nie genoeg om die nodige kos, petrol, skoolgelde, skoolklere ens. te bekostig nie….

Vriendelike Frikkie ·

Ek weet nie hoeveel mense geld oorhou na al hul maandelikse verpligtinge nie, maar ek is nie een van hulle nie. Ek het reeds DSTV gestop, rook nie, drink nie, vakansies gestop, kleiner voertuig gekoop en nog steeds gaan dit broekskeur om gelyk te breek. Binnekort sal ek moet kyk na ‘n tweede inkomste soos motorwag, in my vrye tyd. Waar moet jy werk om genoeg te verdien om nog te spaar ook?

henndrik ·

Hierdie gaan nog baie erger raak in die nabye toekoms as gevolg van die regering se ekonomiese beleid, daar is nie spasie vir groei nie

Shady ·

Ry verby die wwonbuurte wat so swaar kry en almal van hulle het n DSTV skottel op die dak. Sorry maar dan kry jy nie swaar nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.