SA’ners meeste tevrede met dié mediese fonds

Lede van mediese skemas het Medihelp gekies as die skema waarmee hulle die meeste tevrede is.

Volgens die South African Customer Satisfaction Index (SAcsi) vir mediese skemas vir 2018 is lede van mediese skemas egter oor die algemeen gefrustreerd met stygende premies en krimpende voordele, asook ’n gevoel van laer waarde vir geld in vergelyking met ander finansiële diensprodukte.

Medihelp het van 72,6 tot 75,1 punte gestyg. Dié mediese fonds het in 2015 ʼn punt van 70,7 gehad. Heyn van Rooyen, hoofbeampte van Medihelp, het gesê hulle is verheug oor die positiewe terugvoer.

Volgens hom kan die hoë bevredigingsvlak toegeskryf word aan die sukses van die ommekeerstrategie wat geïmplementeer is om produkstabiliteit te verseker deur ’n verbeterde produkaanbod en verhoogde mededingendheid, terwyl hoë vlakke van dienslewering behoue bly.

“Medihelp het die afgelope paar jaar konsekwent markverwante bydraeverhogings, ’n afname in bybetalings en ’n toename in die voordele van produkte aangekondig,” het Van Rooyen gesê.

Die tevredenheid van lede van Discovery Health en Bonitas het albei gedaal. Discovery het van 74,8 punte tot 73,1 gedaal en Bonitas van 73,1 tot 70,2. Momentum Health het sy punt van 72 in 2017 behou. Gems het van 64,3 tot 68,8 punte gestyg.

Die gemiddelde punt vir mediese skemas het van 74,2 in 2017 tot 72,7 in 2018 gedaal.

“Terwyl die mark se oorheersende swaargewigte sterk mededingers bly, blyk dit Discovery het na ander besigheidsaanbiedings in sy produkpakket beweeg, insluitend die bekendstelling van sy verwagte bankdienste en sy lang- en korttermynversekeringsaanbiedings.

“Dit het sy mededingers toegelaat om die speelveld in die mediese produkpakket gelyk te maak, wat minder aantreklik was vir Discovery-kliënte, deur die verskaffing van eenvoudiger, tradisionele mediese versekering wat goedkoper en makliker verstaanbaar is,” het prof Adré Schreuder, uitvoerende hoof van Consulta, wat die SAcsi-peilings doen, gesê.

Die SAcsi-peiling vir mediese fondse word nou al vir ses jaar gedoen en bied onpartydige insigte in Suid-Afrikaanse mediese fondsskemas deur kliënte se algehele tevredenheid uit 100 te meet.

“Mediese premies het vanjaar met gemiddeld 9% verby inflasie gestyg en is aansienlik hoër as premieverhogings in korttermynversekering en lewensversekering,” sê Schreuder. “Die koste van mediese dienste gaan voort om teen ’n vinnige tempo te verhoog, aangesien verbruikers uitgedaag word met ’n aanbod-geïnduseerde vraag-scenario, waar mediese skemas gedwing word om die koste van onnodige behandelings of toelatings deur dokters te dra, wat uiteindelik aan lede oorgedra word.”

Volgens Schreuder is daar al meer as 270 mediese versekeringsprodukte beskikbaar en is dit selfs meer verwarrend vir kliënte om ʼn opsie te kies. “Talle lede is gefrustreerd wanneer hul eise nie gedek word nie en hul algemene ervaring van mediese skemas is dat voordele beperk is en premies net styg.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Asjas ·

Ek se nogsteeds, maak ‘n mediese fonds soos jou versekering dat jy self kan kies wat se voordele jy wil he en wat nie, want nou betaal jy vir voordele wat jy nooit sal gebruik nie, wat jy eerder op iets anders kon bygesit het, bv ons betaal vir kraamvoordele wat ons nooit weer sal gebruik nie, en ek moet ons kroniese medikasie uit ons sak betaal. Dan sal daar ook baie meer mense wees wat mediese fondse sal kan bekostig want jy betaal vir dit wat jy het.

Paart ·

@asjas, dan het jy nie baie goeie navorsing gedoen voor jy aangesluit het nie, daar is BAIE wat jy kan kies waarvoor jy betaal. As jy vir kraamvoordele betaal en nooit weer gaan swanger wees nie, vat iemand jou vir n lekker ride.

Potlood ·

Ek se ook so… Maar, die probleem met dit is dat jy gaan gebruik waarvoor jy betaal. Dus sal jou medies jou heeeeeeeelwat meer kos as wat dit nou doen… Ek versekering is redelik eenvoudig want jy verseker bv jou kar teen seker voorwaardes. Maar jou liggaam is super kompleks en het nie werklik ‘n “waarde” nie… My griep en ander ou se kanker…. Selfs ‘n konsultasie vir dieselfde ding kos verskillend… En hulle het mos nou ‘n issue ook dat fondse net “sekere” Drs voorskryf…
Ek dink nie iemand sal werklik verstaan HOE duur mediese behandeling is, tot jy die dag daardie rekeninge sien nie…
R5000.00p.m x 12maande in ‘n jaar x 10Jaar = R600 000.00 (en dit is as jy nooit in daardie 10 jaar geclaim het nie). R600 000.00 is Niks. Dis ‘n paar dae in die hospitaal as jy gelukkig is.

corne ·

dit snaaks want ek by medihelp en moet halfte van hospitaal rekening self betaal dit nadat dit in n netwerk hospitaal gedoen is aangesien ek op die netwerk opsie is.Mediesefondse stel net in een ding belang geld aleenlik soek redes om nie te betaal nie

Wonder ·

Corne, ek is ook by Medihelp en sover het ek nie probleme gehad met die betaling van my hospitaalrekeninge nie. Dalk is jy op ‘n laer plan en dit kan dalk ‘n bybetaling tot gevolg hê. Ek stel voor jy stel ondersoek in na ander produkte waar jy dalk beter gedek gaan word.

Laurika ·

Baie beslis is Medihelp die beste. Ek is al 7 jaar op Medihelp, en tussen 2 x nier stene, 1 x pulmonere embolisme en onlangs kanker (chemo, bestraling, ct skanderings ens ens), het hulle nog nooit ‘n verskoning gehad om NIE te betaal nie. Hulle is elke sent van my maandelikste premie werd en ek is hul ewig danbaar – ek kan nie sien hoe ek al die bogenoemde (en ek is maar 38 jaar oud) sou oorleef in ‘n staats hospitaal nie. Al waarvoor ek nog ooit self moes opdok was R40.00 in die hospitaal vir oorfone sodat ek televisie kan kyk.
DANKIE Medihelp.

Fritz ·

My ondervinding van Medihelp is BAIE negatief. Ek behoort tegnies sedert my geboorte in 1961 aan Medihelp–my Pa het al die jare aan die mediese hulp vereniging vir staatsamptenare, wat later Medihelp geword het, behoort. Sedert 1982 het ek my eie profiel in die verband. Ek het die “Dimention Elite” pakket. In 2016 is ek met ‘n brein gewas gediagnoseer– ‘n sogenaamde “PMB” kondisie waarvoor alle fondse blykbaar volgens wetgewing moet betaal. Op 18 Oktober 2016 is die gewas in ‘n 12 ure lange operasie deur 2 dokters verwyder. Die doktersrekeninge alleen het ongeveer R185 000-00 beloop. Daarvan het Medihelp ongeveer R100 000-00 NIE betaal nie. Ek het ‘n klagte by die sogenaamde mediese Ombutsman in die verband ingedien. Nodeloos om te noem, tot dusver onsuksesvol. Inteendeel, die Ombutsman ignoreer enige navrae van my in die verband sedert September 2017. Hierdie was my eerste werklike noemenswaardige eis aan Medihelp wat hospitalisasie en ‘n operasie ingesluit het. Jammer maar ek dink nie hulle is die beste nie.

sadis ·

maar hulle betaal vigs gevalle se mers en behandelinf 100%. tot die oornag doeke en vitamine word gedek. dis n leefstyl siekte. hoekom is dit die enigste towestand wat 100% dekking kry?

Natasha ·

Medihelp is defnitief die beste!! Sal nooit na n ander fonds toe verander nie.

Fritz ·

My ondervinding van Medihelp is BAIE BAIE negatief. Ek behoort tegnies sedert my geboorte in 1961 aan Medihelp—my Pa het aan die mediese hulpvereniging vir Staatsamtenare, wat later Medihelp geword het, behoort. Ek het sedert 1982 my eie profiel. Het die “Dimention Elite” pakket. Gedurende 2016 is ek met ‘n brein gewas gediagnoseer—‘n sogenaamde “PMB” kondisie waarvoor alle fondse blykbaar ingevolge wetgewing moet betaal. Die gewas is op 18 Oktober 2016 in ‘n 12 ure lange operasie deur 2 dokters verwyder. Die dokters rekeninge het ongeveer R185 000-00 beloop. Hiervan het Medihelp ongeveer R100 000-00 NIE betaal nie. Ek het ‘n klagte by die sogenaamde mediese Ombutsman in die verband ingedien. Nodeloos om te noem, tot dusver onsuksesvol. Inteendeel, die Ombutsman ignoreer enige navrae oor die aangeleentheid vanaf my, sedert September 2017. Moet net noem dat dit die eerste noemenswaardige eis vanaf my, wat ‘n operasie en hospitalisasie insluit, was. Jammer maar ek dink nie Medihelp is die beste nie.

Hanna Patat ·

Ons gesin is n hele paar jaar al by Medihelp en ek het geen klagtes hoegenaamd nie. Nog nooit probleme met hospitaal of doktersbesoeke gehad nie. Bybetalings minimaal. Ons is ook op netwerkopsie. Goeie hospitale op hospitaalnetwerk. Dankie Medihelp!!!

Gelukkig met my fonds ·

Frits dalk moes jy so baie inbetaal omdat die dokters baie meer as fonds tarief gevra het. Party dokters en spesialiste is duurder as ander. Ek maak altyd vooraf seker van die tarief en hoeveel gedek word sodat ek nie n verrassing rekening kry nie.

Fritz ·

Dit was die enigste dokters in Pretoria wat die soort operasie doen. “PMB” kondisies moet blykbaar volgens wet betaal word, maak nie saak wat dokters se fooie is nie. So is ek voor operasie ingelig.

Fritz ·

Was die enigste dokters in Pretoria wat die soort operasie doen. “PMB ” kondisies moet blykbaar volgens wet betaal word, maak nie saak wat dokters se fooie is nie. So is ek voor operasie ingelig.

Medihelp is goed ·

My ma-hulle is al 50+ jaar by medihelp. Hulle is baie goed. Ek onthou net eenkeer wat bietjie ongemaklik was. Ek was 16 en my pa moes n tripple hartbypass kry. My ma moes hul bel vir toesteing om hom van ooslondon na PE te verplaas per ambulaans en toelating kry vir die operasie. Toe moet my ma nou eers wag dat hul kyk of sy rekening betaal is. Ek moes die foon vashou terwyl hul.musiek speel want my ma moes gou iets gaan doen. Dit was18 jaar terug. Maar dit was nogsteeds erg. Eks die laat lam.

Cherokee ·

Ek dink nie, as premies uitgesluit sou word en beoordeling slegs op dienste gebaseer sou wees, dat enige van hierdie mediese skemas sou kon kers vashou by OMSMAF, waarvan ek ‘n lid is die afgelope 28 jaar. En wanneer ek Potlood lees, dink ek ons kan selfs premies insluit by die beoordeling. OMSMAF is egter buite bereik van meeste mense want dit is ‘n groepskema.

Dries ·

Baie lank al by medihelp, maar ek ondersoek tans ander opsies. My rede: As hulle konsultante en “call centre” personeel tog net meer vriendelik en behulpsaam wil wees. Lei hierdie mense asb behoorlik op want hulle maak julle naam sleg.
Die formularie lys bevat verouderde medikasie wat lei tot VMV hulp afkeuring. Maak asb reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.