SA’ners meeste tevrede met dié mediese fonds

Lede van mediese skemas het Medihelp gekies as die skema waarmee hulle die meeste tevrede is.

Volgens die South African Customer Satisfaction Index (SAcsi) vir mediese skemas vir 2018 is lede van mediese skemas egter oor die algemeen gefrustreerd met stygende premies en krimpende voordele, asook ’n gevoel van laer waarde vir geld in vergelyking met ander finansiële diensprodukte.

Medihelp het van 72,6 tot 75,1 punte gestyg. Dié mediese fonds het in 2015 ʼn punt van 70,7 gehad. Heyn van Rooyen, hoofbeampte van Medihelp, het gesê hulle is verheug oor die positiewe terugvoer.

Volgens hom kan die hoë bevredigingsvlak toegeskryf word aan die sukses van die ommekeerstrategie wat geïmplementeer is om produkstabiliteit te verseker deur ’n verbeterde produkaanbod en verhoogde mededingendheid, terwyl hoë vlakke van dienslewering behoue bly.

“Medihelp het die afgelope paar jaar konsekwent markverwante bydraeverhogings, ’n afname in bybetalings en ’n toename in die voordele van produkte aangekondig,” het Van Rooyen gesê.

Die tevredenheid van lede van Discovery Health en Bonitas het albei gedaal. Discovery het van 74,8 punte tot 73,1 gedaal en Bonitas van 73,1 tot 70,2. Momentum Health het sy punt van 72 in 2017 behou. Gems het van 64,3 tot 68,8 punte gestyg.

Die gemiddelde punt vir mediese skemas het van 74,2 in 2017 tot 72,7 in 2018 gedaal.

“Terwyl die mark se oorheersende swaargewigte sterk mededingers bly, blyk dit Discovery het na ander besigheidsaanbiedings in sy produkpakket beweeg, insluitend die bekendstelling van sy verwagte bankdienste en sy lang- en korttermynversekeringsaanbiedings.

“Dit het sy mededingers toegelaat om die speelveld in die mediese produkpakket gelyk te maak, wat minder aantreklik was vir Discovery-kliënte, deur die verskaffing van eenvoudiger, tradisionele mediese versekering wat goedkoper en makliker verstaanbaar is,” het prof Adré Schreuder, uitvoerende hoof van Consulta, wat die SAcsi-peilings doen, gesê.

Die SAcsi-peiling vir mediese fondse word nou al vir ses jaar gedoen en bied onpartydige insigte in Suid-Afrikaanse mediese fondsskemas deur kliënte se algehele tevredenheid uit 100 te meet.

“Mediese premies het vanjaar met gemiddeld 9% verby inflasie gestyg en is aansienlik hoër as premieverhogings in korttermynversekering en lewensversekering,” sê Schreuder. “Die koste van mediese dienste gaan voort om teen ’n vinnige tempo te verhoog, aangesien verbruikers uitgedaag word met ’n aanbod-geïnduseerde vraag-scenario, waar mediese skemas gedwing word om die koste van onnodige behandelings of toelatings deur dokters te dra, wat uiteindelik aan lede oorgedra word.”

Volgens Schreuder is daar al meer as 270 mediese versekeringsprodukte beskikbaar en is dit selfs meer verwarrend vir kliënte om ʼn opsie te kies. “Talle lede is gefrustreerd wanneer hul eise nie gedek word nie en hul algemene ervaring van mediese skemas is dat voordele beperk is en premies net styg.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Asjas

Ek se nogsteeds, maak ‘n mediese fonds soos jou versekering dat jy self kan kies wat se voordele jy wil he en wat nie, want nou betaal jy vir voordele wat jy nooit sal gebruik nie, wat jy eerder op iets anders kon bygesit het, bv ons betaal vir kraamvoordele wat ons nooit weer sal gebruik nie, en ek moet ons kroniese medikasie uit ons sak betaal. Dan sal daar ook baie meer mense wees wat mediese fondse sal kan bekostig want jy betaal vir dit wat jy het.

corne

dit snaaks want ek by medihelp en moet halfte van hospitaal rekening self betaal dit nadat dit in n netwerk hospitaal gedoen is aangesien ek op die netwerk opsie is.Mediesefondse stel net in een ding belang geld aleenlik soek redes om nie te betaal nie

Laurika

Baie beslis is Medihelp die beste. Ek is al 7 jaar op Medihelp, en tussen 2 x nier stene, 1 x pulmonere embolisme en onlangs kanker (chemo, bestraling, ct skanderings ens ens), het hulle nog nooit ‘n verskoning gehad om NIE te betaal nie. Hulle is elke sent van my maandelikste premie werd en ek is hul ewig danbaar – ek kan nie sien hoe ek al die bogenoemde (en ek is maar 38 jaar oud) sou oorleef in ‘n staats hospitaal nie. Al waarvoor ek nog ooit self moes opdok was R40.00 in die hospitaal vir oorfone sodat ek… Lees meer »

Fritz

My ondervinding van Medihelp is BAIE negatief. Ek behoort tegnies sedert my geboorte in 1961 aan Medihelp–my Pa het al die jare aan die mediese hulp vereniging vir staatsamptenare, wat later Medihelp geword het, behoort. Sedert 1982 het ek my eie profiel in die verband. Ek het die “Dimention Elite” pakket. In 2016 is ek met ‘n brein gewas gediagnoseer– ‘n sogenaamde “PMB” kondisie waarvoor alle fondse blykbaar volgens wetgewing moet betaal. Op 18 Oktober 2016 is die gewas in ‘n 12 ure lange operasie deur 2 dokters verwyder. Die doktersrekeninge alleen het ongeveer R185 000-00 beloop. Daarvan het Medihelp… Lees meer »

Natasha

Medihelp is defnitief die beste!! Sal nooit na n ander fonds toe verander nie.