‘SA’ners moet verenig teen plaasmoorde’

Brendin Horner (21), ‘n plaasbestuurder, is wreed vermoor. (Foto: Facebook)

Die moord op die 21-jarige Brendin Horner kan ʼn keerpunt vir Suid-Afrika wees.

Volgens John Steenhuisen, DA-leier, kan dit radikale groeperinge, links en regs, versterk wat die samelewing verder kan polariseer en ’n tipe landelike burgeroorlog tot gevolg hê. “Of dit kan diegene in die middel versterk, wat Suid-Afrikaners uit alle gemeenskappe aanspoor om saam te staan teen hierdie aanval op ons boerderygemeenskap en voedselsekerheid en in die algemeen teen wetteloosheid.”

Woede het die week oorgekook tydens die hofverskyning van die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die moord op Horner. Hordes mense het Dinsdag na die hof opgeruk en gemoedere het in ʼn stadium hoog geloop waarna ʼn polisievoertuig onder meer omgestoot is en dit aan die brand geraak het. Nadat dit duidelik geword het dat niemand die beskuldigdes gaan sien nie en dat die saak tot 16 Oktober uitgestel is, het ʼn groep mense die hof binnegestorm. Skote is in die hofgebou gehoor.

Die EFF was vinnig was om die kwessie te gebruik om geweld aan te hits, sê Steenhuisen. Julius Malema, EFF-leier, het Woensdag ʼn video van boere voor en in die landdroshof getwiet met die byskrif: “Magwala a chechele morago! (Lafaards beweeg na agter) Vegters val aan!” Die DA het reeds aangedui dat hy Malema en EFF-LP Nazier Paulsen by die parlementêre etiekkomitee gaan verkla oor hul plasings op sosiale media.

“Hierdie roekelose, onverantwoordelike opportunisme moet te staan kom teen ’n verenigde front teen geweld, misdadigheid en rassisme. Suid-Afrika se samelewing word al meer broos en wisselvallig. Diegene wat in die middel is, moet saamstaan agter ’n kragtige stel beginsels: die oppergesag van die reg, gelykheid voor die reg, teen geweld en nie-rassigheid. Slegs met hierdie beginsels en ’n plan om dit af te dwing, sal ons die magte oorkom wat ons land verskeur.”

Die DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Courtney Africa/ANA)

Daar is absoluut geen regverdiging vir plaasaanvalle nie, ongeag die ras van die slagoffer of die oortreder. Hierdie brutaliteit is ʼn siekte en ʼn misdaad teen ons mensdom, het Steenhuisen gesê. “Hierdie misdade kan nie voortgaan om straffeloos gepleeg te word nie. Dit is eers wanneer mense aanspreeklikheid eis en sien dat misdadigheid en geweld sal afneem. Daar is ook geen regverdiging vir die vernietiging van openbare eiendom soos ons hierdie week in Senekal gesien het nie, ongeag die ras van die oortreder. Almal moet gelyk wees voor die wet, en die wet moet sy gang kan gaan.”

Pres. Cyril Ramaphosa moet nou sy stilte breek en plaasaanvalle veroordeel. “Hierdie oomblik noodsaak sterk en verenigde leierskap. Hy moet sy berugte ontkenning van plaasmoorde in 2018 onteenseglik terugtrek.”

Steenhuisen het Ramaphosa ook versoek om Bheki Cele, minister van polisie, te vervang. “Hy het versuim op daadwerklik op te tree en weier om plaasaanvalle as prioriteitsmisdade te klassifiseer, alhoewel dit vandag vier keer gevaarliker is om op ’n plaas te wees as in ander dele van die land. In plaas daarvan het Cele die situasie vererger deur te probeer om boere self te blameer vir plaasaanvalle.”

Plaasaanvalle moet volgens Steenhuisen as prioriteitsmisdaad geklassifiseer word sodat meer hulpbronne, mannekrag en kundigheid aangewend kan word om dit te bestry. “Die konstante vrees waarin boere en plaaswerkers verkeer, is besig om onuithoudbaar te word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Pieter ·

Maklik om dit te doen. Raak ontslae van alles anc en eff. ( Gooi sleutels dan weg). Want hulle verwoes ons land en ons mense.

Sobymykoolkop ·

Bendegeweld is prioriteitsmisdaad, geweld teen vroue en kinders ook. Het dit afgeneem/opgehou? Inteendeel, dit vererger.Bewys dan dat om plaasaanvalle te priotiseer dit gaan verminder, voorkom of laat ophou.

Reynier ·

Ons moet begin om saam te staan, saam te werk en uit een mond praat. Maar jammer om vir John Steenhuizen te sê dat die DA deel van die probleem is. Tyd om ‘n middeweg te vind is al 20 jaar terug verby. Ons mense wat kos op ons (almal van ons) se tafels sit is besig om uitgemoor te word, en alhoewel dele van die wêreld notisie neem gaan niemand ons help tensy ons, onsself nie kan help nie. Kyk maar net hoe hulle André Pienaar behandel, hulle doen dit met opset om ons af te skrik. Ons moet ook terug gaan en goed maak op die Belofte aan God 16de Desember (geloftedag) soos ‘n sabbatdag hanteer en nie by die huis sit besig om te braai en brannas drink nie. Ek is self skuldig hieraan maar die jaar gaan ek en my familie goed maak op die gelofte en as omstandighede dit toelaat sal ek dit by die Voortrekker Monument doen. Want rerig waar ons kan nie meer so aangaan nie. Ons kan net onsself help met die Here se krag en genade. Sien julle Vrydag in Senekal!

Trotse Boervrou ·

Kan iemand ons kwalik neem indien ons moeg is vir politieke partye. Watter party het al enige sukses behaal om die land weer terug op die spoor te plaas. Almal praat, maak geluide en raas maar daar kom niks van nie. Myns insiens is van ons grootste probleme in die land dat sommige politieke partye hul volgelinge opstook en sodoende rassespanning veroorsaak. Die Regering staan, figguurlik gesproke, hande gevou en grynslag, afhangende van watter politieke party dit is. Julle moet verstaan dat die plafon bereik is. Dit is nou baie duideliker dat ons op onsself aangewese is.

Dirk Mostert ·

Geen party kan die land op die spoor plaas as dit nie aan bewind is nie!

Dirk Mostert ·

Doen internet-navorsing oor Ramaphosa en die padda-in-ketel metafoor.

Werner ·

DA probeer so verskriklik hard om nou weer munt te slaan uit die tragedie. Hul verteenwoordiger was lekker weg gejaag tsek DA

Cherokee ·

“Magwala a chechele morago! (Lafaards beweeg na agter) Vegters val aan!”
Dus beskou malema die lafaards wat die 21 jarige jongman vermoor het, as ‘vegters wat aanval’. Andersins het hy erken dat hulle lafaards is. Praat seker van hulle.

Strandloper ·

Ons is vereenig en was nog altyd! Kyk net na ons verlede en ons toekoms le oop voor ons. Dit is ons grondwetlike reg om ons self en ons Godsdiens te beskerm! Kader en kie moenie n Boer in n hoek druk nie jy gaan bloeie letterlik en figuurlik.

Dirk Mostert ·

Ons is nie so verenig nie. Hoeveel ape het in die vorige verkiesing vir Ramaphosa en die ANC gestem op aanbeveling van koerant-redakteurs? Ook in die 1992 referendum en 1987 en 1989 verkiesings het die meerderheid kiesers hulle aan die neuse laat lei en ons in die huidige gemors laat beland.

Riaana ·

Steenhuizen is ook n draadsitter wat sy pos wil verseker, hy het geen benul waarvan hy praat nie, as ons boere nie gaan opstaan sal dinge net erger eord, dit wat hulle nou met Pienaar doen is om ons bang te maak, en volgens my wat ookal met ons gebeur madat ons opstaan teen plaasmoorde, gaan inelkgeval better wees as wat nou met ons gebeur en wat gaan kom as hle sien ons staan terug, hle gebruik nou sielkunde op ons deur Pienaar te syraf in die hoop dat ons almal bang word, wel nie nie waag nie sal nie wen nie, met ons regering moet ons nou opstaan of ons sal nie meer Boere oor he nie, hulle is besig om ons te verneder en te vertrap… En dis ons keuse keuse, keuse watse toekoms vir ons nageslagte in hierdie land sal wees, of ons staan op en ons is iets of ons staan terug en hulle sal ons trap en trap

Herpiet ·

Nou hoekom wil almal Cr dwing om sy stilte te breek? Geen antwoord is mos ook n antwoord of hoe. Die regime verlustig hulle in elke plaasmoord stilswyend. Dit gebeur as jy vir wolf probeer skaapwagter maak

Dawn ·

Die DA het reeds aangedui dat hy Malema en EFF-LP Nazier Paulsen by die parlementêre etiekkomitee gaan verkla oor hul plasings op sosiale media….pls man. Hy word beskerm, juju en cele is dik maatjies.. daarom is hy so arrogant. Hulle is almal in soveel korupsie dat die een weet iets van die ander een…Nee man. Ek het nou maar doodeenvoudig net besef. Hou jou kant skoon maar volgens wet beskerm jouself. Dis al wat hulle het. Maar as jy volgens wet optree…wat kan hulle dan doen? Hulle provoke ons en jan nie wag dat ons foute maak sodat hulle n voorbeeld van ons kan maak nie. Help mekaar om kalm te bly. Ek staan op vir ons boere in ons land. Julle is ons oggend, middag en aand. Julle vul ons maage. Julle gee hoop vir more. Ek bid vir elke boer wit, swart en bruin. Julle is ons hoop. Julle skep werk. Julle is die toekoms. Ons moet julle beskerm.

Rosie ·

Mense gaan lees Rigters 6 en 7 sorg dat julle dit doen voor Vrydag die 16de.

annie ·

Cyril se komende ‘hersteltoespraak’ waarvoor hy die parlement saamroep gaan interessant wees. Dit is waar dat deur niks te sè nie, dikwels baie meer gesè word. Die prez is dalk so ‘n man… skynheilig. Waar sou mens die minister van polisie plaas in ‘the good, the bad and the ugly’? Ons dilemma is dat sleg en verkeerd die land beheer ~ en sy beursie. Ons moet opreg bid vir Ingryping.

Dries ·

Ek kan nie verstaan dat ons nog pleit by Ramaphosa om plaasmoorde te erken nie.Wanneer gaan ons besef datRamaphosa die vyaand is van die witman. Hy het al jare terug gese hy sal die hitte in die paddapot opstel totdat ons almal daarmee heen is. Hy doen nou net sy woord gestand. Ons leiers moet nou sorg dat ons uit daai pot spring. RAMAPHOSA EN MALEMA is van dieselfde vyand van ons boere volk. Terwyl Malema die boere op die grond probeer verwoes doen Ramaphosa dit deur wetgewing

JohanR ·

Ons het met ‘n tyd op ‘n plotte gebly waarop daar ‘n water tenk was wat op ‘n baksteen fondement gestaan het. Een middag terug van die skool af maak ek al die deure en vensters styf toe en met my buks stuur ek ‘n Nr 1 pellet binne in die bye se gat in daar in die baksteen fondement. Is toe hastig huis in en kyk wat gebeur. Volgende oomblik val die bye die huis aan met geweld. Die pellet het seker hulle koningin doodgemaak. Ek het nog nooit soe iets gesin van wat seker duisende kwaad bye was. Hulle het vensters sterk aangeval….wou binnekom met geweld. Dit het seker naderhand bedaar en die bye het stuk stuk minder geword. Wat probeer ek se….moenie die boer by te veel skiet nie, of met ‘n stok kap nie, hy byt naderhand terug! En ook as jy ‘n skool laaitjie is, is jy maar partykeer lekker stupid!

Genis ·

Dis tyd mense, neem asseblief deel… Waar was Pretoria Saterdag by die Parlement? Ons was baie maar dit weerspieel nie ons getalle… Tweedens: Cele is maklik om te se daar is 30 00 ander moored, ek stem, 99% swart teen swart ja.. Maar plaasmoorde is swart teen wit, en di brutal..en boonop iemand wat die ekonomie stimuleer.. nie twee dronkies in n tavern wat oor n zol baklei nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.