SA’ners samel R9,6 miljoen in vir Sirië-oorlogslagoffers

Die geld word aan verskeie nie-regeringsorganisasies oorhandig vir die oorlogslagoffers in Sirië Foto: Operation SA

Die geld word aan verskeie nie-regeringsorganisasies oorhandig vir die oorlogslagoffers in Sirië Foto: Operation SA

ʼn Suid-Afrikaanse nie-winsgewendeorganisasie, Operation SA, het Woensdag aangekondig dat hy R9,6 miljoen ingesamel het vir slagoffers van die oorlog in Sirië.

Sosiale aktivis Yusuf Abramjee, wat deel is van die veldtog, het tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg die paar miljoen rand aan ʼn aantal nie-regeringsorganisasies oorhandig wat sal verseker dat die mans, vroue en kinders in Sirië bygestaan word, veral ná die onlangse stryd om Aleppo.

“Niks van die geld word vir salarisse of reisgeld aangewend nie, dit word alles gebruik vir die mense in Sirië,” het Abramjee gesê. “Die wêreld het hul voete gesleep om die mense in Sirië te help, insluitend die Suid-Afrikaanse regering.”

Operation SA se missie is om menslike lyding in Sirië te verminder deur geld in te samel vir medisyne, kos, klere, komberse en skuiling vir oorlogslagoffers.

Abramjee het die werk van nie-regeringsorganisasies geloof, maar gesê hy was van mening daar moet nog gedoen word vir die mense van Aleppo en ander dele in Sirië. Hy het gesê hy staan verstom oor die aantal Suid-Afrikaners wat die moeite gedoen het om aan te dui dat hulle ʼn bydrae sal lewer. “Ongeveer 14,2 miljoen mense het binne ʼn week aangedui dat hulle ʼn bydrae sal maak. Dit sê vir jou baie oor Suid-Afrikaners. Altesaam R9,6 miljoen is tot dusver inbetaal om die mans, vroue en kinders in Sirië te help. Daar is ʼn gesin wat hul vakansie gekanselleer het en R15 000 inbetaal het om die mense te help.”

Hy het dit benadruk dat die meerderheid van persone wat geld geskenk het nie Moslem is nie, maar verspreid is oor verskeie godsdiensgroepe en rasse.

Adv. Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer, het erken dat sy skuldig is daaraan dat sy gesê het “iets moet gedoen word”, maar nie die verandering begin het nie, en sy is trots om te sien hoe organisasies soos Operation SA die verandering bring. “As jy iets verkeerd sien en niks sê nie, is jy deel van die situasie.”

Sy het Abramjee geloof dat hy met Operation SA begin het en gesê daar is ʼn behoefte aan ʼn wêreldwye stigting om Sirië by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Gerd Lourens ·

Hoeveel geld is vir die onskuldige boere wat vermoor is se gesinne ingesamel???

Jan maak n Plan ·

Is daar nie nood in Suid Afrika nie. Is daar nie mense wat dringend mediese hulp nodig het in Suid Afrika nie. Hoekom moet so baie geld die land uit geneem word. Ek ruik n rot??????

Doen dit self ·

Ai sommer geweet dit kom. Mense die is nie deur die regering gedoen nie. Dis mense wat ander mense in nood gesien het. Lees mooi. Ja selfde gebeur met ons boere maar plaas daarvan om te kla daaroor dat iemand iemand anders help, staan op en begin self so n veldtog. Kla het nog nooit iets goeds gedoen nie, askie het wel.

chris vermeulen ·

Gerd Lourens = neem die woorde so reg uit my mond …***

Molly Manser ·

Wat ‘n kosbare geskenk aan ons almal dat daar nog mense is wat help in nood.. Hierdie Naaste Diens is ‘n ware riem onder die hart. Dankie aan almal wat gehelp het.

Rupert Ashford ·

Maroela kan julle asb die NGOs se name publiseer aan wie die geld oorbetaal word en ook die geld probeer “volg” sodat ons kan weet wat daarmee gedoen word?

Rupert Ashford ·

Dankie Sune. Sal hierdie ouens ook sg “religious minorities” in Sirie help? Ondersteun liewer “Open Doors” organisasie. ..

Johanna Botha ·

Wonder maar net ook van al die onskuldige vroue en kinders in SA wat daagliks verkrag en vermoor word …Charity begins at home …helaas ons eie wetgewing beskerm nie eers ons eie mense wat sal n insameling ook tog help in die langeduur …

Brittz ·

Wat van die Plaas moorde!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!?

Hanna ·

Wonder wanneer gaan daar geld vir ons eie slagoffers v ons eie oorlog naamlik plaasmoorde, aanvalle op weerlose oumense, verkragtig v vrouens en kinders ens. ingesamel word? Ons land brand!!!

gatiep ·

Dit is nogal goed om dit te lees was nog net Rusland wat die heeltyd moes opoffer en ook baie mense nou al verloor het daardeur.Mense ons lewe nog in n paradys teen wat daar gebeur het.Dit kan maklik met ons ook gebeur hier.Dit het daar ook begin soos wat by ons aangaan nou.

STAAN BY ·

kom ek vat jul almal hier bo aan, en wees ‘n christen en man/vrou op die dag en datum en reply op wat ek vra: was een van julle wat so moun hier bo op enige groot uitdeel aksie? daarby bedoel ek om jou geldjies te vat, kruideniers te gaan koop in jou voertuig te laai en honderde kilometers te ry en self jou voedsel te oorhandig? presies…….. bly stil, jy ‘n slapgat suid afrikaner, waar was jy ? met sweet, moeite, geld uit jou sak, en dan emosioneel daai wit mense waarvan 1% persent swart was, ek noem juis syfers want dis mos wat julle wil hoor, kos te oorhandig, dat jy die honger en dankbaarheid in die kinders , ouers ou mense se oe sien, dat ek en my vriende beurte gemaak het om eenkant te gaan huil en dankie te se vir wat ons het. ek gaan jul ‘n wenk gee…… dit was ‘n GROOT staal fabriek wat toegemaak het. SOLIDARITEIT se mense is engels ek belowe. ‘n ou tannie het vir my gesê met ons aankoms daar……my kind vandag gaan jy huil met die uitdeel aksie…….. en dit was so. Antwoord my dan asb ek wil graag sien soveel van julle moun en het ‘n mening sonder om ooit deel te raak van so uitdeel aksie. EKS ERSNSIG ASB REPLY NET JA OF NEE. jy hoef nie nog iets by te tik nie.

Gerd Lourens ·

Staan By. Baie relevante vrae wat jy vra.

1. Sirië – moslems wat die oorlog inisieer word nou deur mense in SA wat nie die situasie verstaan nie, bygestaan.
2. Groot nood onder nie-moslems in SA.
3. Ek verskaf nie net fisiese/materiële hulp in SA nie, maar ook geestelike en emosionele ondersteuning. En dit tap jou.

Mag jy mildelike seën ervaar in die toekoms.

Millie ·

STAAN BY – NEE!!! Want mens het nie nodig om 100de kilometers te ry om iemand te gaan help nie. Begin op jou voorstoep in jou eie dorp! Jy sal skrik as jy sien hoe erg die behoefte in jou eie omgewing is! Hoekom vir vreemdelinge sorg as jy nie eers vir jou eie sorg nie!!!!

Kobus 4e ·

Ooit gesien dat die Siriese vlugteling na Saudi of Qatar, of UAE of Kuweit vlug? Al ooit gewonder hoekom hulle ryk buurmanne hulle (siriers) nie inneem en help nie maar die res van die wereld MOET help?
Hierdie ryk olie lande help finansieel, maar neem geen vlugteling in want hulle word nie toegelaat AGV veiligheids redes. Die res van die vrye wereld moet met die veiligheids redes opgeskeep sit?
Die geld kan beter in ons eie land gebruik word vir baie slagoffers van moord.

Mariet Stander ·

Dis alles goed en wel maar daar kan nie eers R750,000 ingesamel word vir n boer wat in n plaasaanval betrokke was hier nie. Insameling is tans R300,000. En intussen moet die arme slagoffer wag want die hospitaal wil èèrs die geld hê voordat hulle gaan opereer! Dit laat mens wonder…

dom ·

Wat van suid afrika……. Ons word van kant gemaak om elke hoek en draai maar niemand wil ons help nie.

Annamarie ·

Kon ons nie liewer geld insamel vir kinderhuise en ouetehuise nie ? Ou mense in Suid-Afrika het geen heenkome nie of betaal ten duurste vir sorg. Bowendien is dit juis hulle wat belasting betaal en gewerk het om ons land op te bou. Los die ander lande dat hulle self sorg. Ons is vlugtelinge in ons eie land

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.