SA’ners selfs meer pessimisties as tydens Zuma-bewind

Cyril Ramaphosa (links) en Jacob Zuma tydens die 2017-begrotingsrede (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Net sowat een uit elke vyf Suid-Afrikaners meen die land “beweeg in die regte rigting”.

ʼn Peiling wat Ipsos in Oktober namens Enca gedoen het, wys dat slegs 18% van Suid-Afrikaners positief oor die land se toekoms is. Die helfte van Suid-Afrikaners het in Oktober vanjaar gesê hulle dink Suid-Afrika beweeg in die verkeerde rigting.

Dit is ʼn afname van die 40% wat in Mei 2018, met die inlywing van pres. Cyril Ramaphosa as president, geglo het die land beweeg in die regte rigting. Dit is selfs minder as die 19% van Suid-Afrikaners wat in 2017aangedui het dat hulle positief is oor die land, toe oudpres. Jacob Zuma nog aan bewind was.

“Dit is duidelik dat die politieke gebeure in die land beïnvloed hoe landsburgers voel oor die rigting waarin die land beweeg. Met die verkiesing van Ramaphosa as president van die ANC, het inwoners se gemoedere merkbaar gelig. Die gevoel van ʼn ‘nuwe begin’ het egter sedertdien begin taan,” lui Ipsos se verslag.

Ipsos het altesame 3 018 telefoniese onderhoude met geregistreerde kiesers gevoer. Die onderhoude is tussen 9 en 14 Oktober (groep 1) en 23 en 27 Oktober (groep 2) gedoen en sluit kiesers van alle agtergronde en ook landelike gebiede in Suid-Afrika in.

Uit die peiling is dit duidelik dat slegs ʼn derde (37%) van deelnemers van mening is dat plaaslike regerings hul werk behoorlik of voldoende verrig. Meer as die helfte (54%) het aangedui dat dit nié die geval is nie. Die meeste respondente wat aangedui het dat plaaslike regering nié hul werk na wense uitvoer nie, is ontevrede oor die verskaffing van water (39%) en die hantering van misdaad (28%). ʼn Kwart van respondente is ook ontevrede omdat daar nie genoeg werkskepping op plaaslike vlak plaasvind nie.

Die opname dui egter daarop dat inwoners meen veiligheid een van die belangrikste verantwoordelikhede van ʼn plaaslike regering is, maar net een uit elke vyf (18%) van respondente voel dat hul eie persoonlike veiligheid die afgelope jare verbeter het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

tweeling ·

Solank die cANCer aan bewind is sal die gevoel nie verander nie.

gatgogga ·

Ramaphosa werk volgens die skilpad beginsel:
1. As jy moet beweeg, doen dit so stadig as moontlik
2. Wanneer enigiets buite die orde plaasvind, trek jou kop in en wag vir iemand anders on iets te doen.
Steek eers weer jou kop versigtig uit wanner dit lyk of die probleem agter die rug is.

Jacques ·

Goed gestel, die verskil is, ‘n skilpad het darem nog ‘n ruggraat.

Johann ·

Ja wel.die foto sê als! Die een so kern korrup soos die ander.

Jacobus ·

‘n Baie subjektiewe analiese. Met ‘n lockdown stewel teen jou nek en amptenare wat openlik in jou sakke vroetel – hoe anders!

Parmantige samaritaan ·

Dit was eenmaal so koud, ek het selfs n politikus met sy hande in sy eie sakke gesien.

Mariana ·

In die regte rigting waarnatoe. Reguit in die modderput in, dis waarnatoe.

Nettie ·

Ja, na n land wat hongersnood in die gesig staar as die kos pryse so styg. Nie net kos elektrieseteit petrol ensevoorts. Hoe kan SASSA mense oorleef met daardie bietjie geld?

Pieter ·

Te danke aan julle brein dood anc kommuniste het die land sy gat gesien. Nou moet ons belasting betalers betaal vir julle anc gemors.

Sarel ·

Dit is die eeu oue manier waarop gewerk word..
Beinvloed fie Jeug…breek ‘n volk geestelik af om.
Boedel . oor te gee en stadig maar seker neem hulke oor.
Wanner jy ‘n Volk se waardes afgebreek het..dan
Vat jy wst oorbly..’n lee dop.

JM ·

“37% is van mening dat die plaaslike regerings hul werk voldoende en behoorlik verrig …” Diegene moet hul koppe laat lees! Wat ‘n grap!

Grassie ·

Dit is net ‘n moroon of ‘n skelm wat kan dink die land beweeg in die regte rigting. Dit is die wat werksku is, wat ‘n klomp kinders kry en nog ‘n paar ander maniere ook kry om aalmoese van die staat te kan ontvang, solank hulle nie hul hande uit hul moue hoef te steek nie. En dan is daar die ander wat miljoene uit die staat kry deur tenderbedrog en korrupsie. Hulle is almal baie tevrede met die manier waarop die staat beweeg.

Jo ·

Geen wonder! Rhamaposa het saam Zuma bestuur. Hy het 10 jaar lank geweet van wat aangaan en NIKS gedoen of gesê! Nou bestuur hy die gavytrien !

Jakes ·

Wel as iemand gedink het dat SA wel in de regte rigting beweeg dan het die persoon seker nie sedert 1994 in die land gebly nie. Of dit nou Zuma of Ramaposa is, sal die uitslag altyd dieselfde wees. Eenmaal n ANC kader, altyd een.

Adeline ·

Ek sal baie graag wil weet onder watter ras hierdie opname geval het? Dan ook nie Zupta of enige deel van Ramp wat deel is van die cANCer wat alles verwoes en korrup maak is ooit deel gewees van myself nie – watter deel het hulle vermag of gedoen om positief vir alle burgers van Suid-Afrika te doen wat groei betref… selfs Eksdom se krag word nou die week vir ZIM boeties gegee en ons is die wat daaronder ly. Daar is volgens my GEEN positiwiteit of opregte opbou of vorentoe beweeg tov die huidige cANCer vrot korrupte regering nie… is nie my regering nie – het nie hulle daarin gestem nie.

Dries ·

Ramaphosa baie gevaarliker as Zuma. Sy sluwe manier om nog miljoene te oortuig hy is die redder kom ons baie duur te stane

Parmantige samaritaan ·

Ek stem Dries. Om van zuma ontslae te raak moet hy nogal onderduims wees. N regte swak karakter.

Dries ·

Ja hy het gese die ANC kom eerste dan SA. Nou het hy albei opgeneuk

Cobus ·

Hierdie is ‘n baie rare en unieke foto van twee terroriste, wat hulself tot helde verhef. Genoeg om enige regdenkende mens naar te maak.

Jack ·

Na zuma was ramaphosa soos n vars briesie en daarom het hy n goeie ontvangs by die volk gekry. Ek dink hy is bloot deur die anc geplaas om zuma se skade te probeer herstel. Ongelukkig werk hy nog steeds vir die anc en daarom kan hy niks doen wat reg is nie. Die beste ding wat hy kan doen vir homself bedank die anc en sy pos en gaan voort met jou lewe. Jy is op n verloorpad en jy gaan saam met ons ook n slagoffer word van n ideologie wat doodgebore is.

Genis ·

Ongelukkig is Ramapaddapot n sosialistiese kommunis… en dis gevaarlik

JohanR ·

Cyril Ramaphosa is vrot vrot vrot…..selfs al mense hoor praat en se Zuma moet terugkom.

Gert ·

Gemors sal maar net voortgaan. Vir die laaste ses maande is die media dood stil oor korrupsie want die grootste kriminele sindikaat op aarde maak dit toe onder die Covid 19, munisipale verkising , aard verwarming en ander rook skerms en die opposisie partye is niks anders as ‘n klomp vaak visse nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.