SA’ners sonder internet toe Seacom-kabel breek

Grafika: Seacom, Facebook

Grafika: Seacom, Facebook

Talle Suid-Afrikaners kon Donderdag nie plaaslike of internasionale webwerwe besoek nie, weens ʼn fout op die Seacom-kabel.

Seacom het bevestig die kabel het vanmiddag omstreeks 16:00 gebreek en is teen 18:46 herstel.

“Die Seacom-netwerk is weer herstel,” het die maatskappy bevestig. “Ons bedank ons klante, vennote en eweknieë vir hul samewerking en ondersteuning tydens die onderbreking.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ZAR ·

Dink julle iemand het gedink dis n koper kabel,
en toe hy hom sny, sien hy dit is nie so nie.

n mislukte kabel diefstal :)

Paul ·

Die fout was in Egipte.

Wat hierdie geval erger gemaak het, is dat een van die ander kabels, WACS, wat langs die westelike kus van Afrika langs gaan, in Engeland gebreek het.

Ludwig ·

Van kommunikasie gepraat. Het iemand dalk vir my raad? My ADSL “router” skakel sommer so uit sy eie af en dan skakel hy homslef weer na ‘n paar minute aan. Intussen sê hy net “local area network has been unplugged” of “system has no connectivity,” wat dit alles ook al mag beteken. Ek het die ding al laat toets, en hy makeer niks. As iemand raad het, laat weet bietjie na [email protected] toe, asseblief, want my volgende stap is nou die voorhamer gaan haal en die hele gedoente flenters slaan! En ek wil nie graag nie, w ant dan kan ek nie maroelamedia lees nie! By voorbaat dankie.

Anny Penny ·

Hoekom breek die kabels so…. en dan nog 2 gelyktydig? Maar ek sien hulle het dit in minder as 3 ure herstel ONDERWATER. By ons breek n waterpyp en dit vat meer as 24uur om te herstel Bo water. Afleiding…..dis makliker om onderwater te werk as bo water!

Anny Penny ·

Ek sien die kabel is in onder 3ure herstel en nogal ONDERWATER. By ons breek n waterpyp en dit neem meer as 24 uur om te herstel en ons is dus sonder water. Afleiding….dis makliker om onderwater iets te herstel as bo die water.

Ena Ward ·

Dit was nou al Donderdag herstel maar internet skop steeds uit dink die hamer kan werk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.