SA’ners vas oor diamantsmokkel

Argieffoto

Geslypte diamante (argieffoto)

Mark Posthuman (47) en Johannes Hendrik Nel (40) van Suid-Afrika, word in polisieselle in Zimbabwe aangehou nadat hulle glo diamante van die Marange-diamantvelde wou smokkel.

Die Manica Post-koerant, wat in Mutare uitgegee word, het Vrydag berig die twee mans het Maandag saam met twee Zimbabwiërs in die hof verskyn. Volgens die berig bly hulle in aanhouding tot hul volgende hofverskyning op 13 Januarie.

Die twee is tydens ʼn padblokkade naby die Marange-diamantvelde in Nyanyadzi aangekeer, op die snelweg tussen Mutare en Suid-Afrika. Die polisie het glo vyf ongeslypte diamante onder ʼn sitplek in die motor waarmee die mans gery het, gevind. Dit is nie duidelik wanneer hulle in hegtenis geneem is nie.

“Die vier beskuldigdes is in hegtenis geneem nadat sers. Phiri by Nyanyadzi-polisie ʼn wenk ontvang het,” het staatsaanklaer Brian Goto aan die Manica Post gesê. “Volgens die wenk sou passasiers in ʼn Mitsubishi-voertuig diamante by Hot Springs koop.” Hot Springs is ʼn oord naby Marange.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.