SA’ners verdien gemiddeld soveel per maand

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die gemiddelde salaris onder Suid-Afrikaners het oor die afgelope kwartaal gedaal met dié bedrag wat tans op R20 855 per maand staan.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse indiensnemingspeilings (QES) het die gemiddelde salaris van die meer as 10 miljoen Suid-Afrikaners in die formele sektor vanaf November verlede jaar tot Februarie vanjaar met 1,9% gedaal.

Die gemiddelde salaris het verlede kwartaal op R21 256 gestaan. Die huidige gemiddelde salaris, wat oortyd en bonusse insluit, is wel 3,8% hoër as verlede jaar dié tyd.

Die peiling toon verder dat Suid-Afrikaners se totale bruto inkomste op kwartaalgrondslag met 5,6% gedaal het tot nagenoeg R688 miljard. Op jaargrondslag het dié bedrag wel met 3,7% gestyg.

Basiese salarisse en lone het op kwartaalgrondslag met 1% gedaal, maar op jaargrondslag met 5,8% gestyg. Bonusse en oortyd het met 35,9% op kwartaalgrondslag en 13,8% op jaargrondslag gedaal.

Die daling in verdienste is egter te verstane aangesien baie Suid-Afrikaners aan die einde van die jaar bonusse ontvang.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Charmaine ·

Die gemiddelde salaris is seker as mens ‘n Gauteng bly. Hier in die Weskaap, Mosselbaai is die gemiddelde salaris R4 000-00 p/m met niks voordele en waar ‘n batchelor flat R3 000+ p/m is. Ek sal skatryk voel as ek ‘n salaris kan kry van R20 000-00+.

Sandra ·

Jip, ek Wil weet wear hul die statistiek uitsuig. Ek Wil ook daar gaan suig…

Jakes Jacobs ·

Ek stem saam Chamain. Hulle moet elke provinsie se gemiddelde salaris uitwerk dan sal ons sie waar sit die “Fat Cats”, wat so lekker hul monde uitspoel.

verdien ·

Charmaine, dit sluit seker ALLE poste in. Hoëvlak poste ingesluit. Daar is mense wat maklik R40 000 en meer per maand verdien. Hou dit in gedagte.

Gert ·

Die gemiddeld word opgetrek deur die staatsdiens, hulle verdien massiewe salarisse, en elke jaar styg dit ook teen omtrent dubbel die inflasiekoers, so dat die gemiddeld daal bewys net dat die privaatsektor baie sleg doen.

Nie-gemiddeld ·

Wil ek ook weet. Op grond van watse opnames het hulle die syfers gereken? Ek is duidelik nie gemiddeld nie.

Jo-anli ·

Ons bly in Gauteng en ons inkomste is beslis nie R20 000.00 nie maar wel R3500 per maand. Wens ons kon ook soveel kry

Lisa ·

Ek het dan pas op ‘n ander nuus webtuiste gelees dat Suid-Afrikaners sowat R6 400 per maand gemiddeld verdien??

Judge Dredd ·

Ek het dieselfde gelees.
Egter die artikel wat ek gelees het, het gese dat top bestuurs poste nie ingesluit is in berekening.
Dus is dit die gemiddelde van middelklas/werkersklas.

Wat dit wel wys is hoe versigtig mens deesdae berigte moet lees en hoe maklik die media valse persepsies kan skep.

Oom Ekonoom ·

Die regering jok oor inflasie wat baie hoer is, baie. Ek glo hulle tegnieke hier is oor foutief. Verder, dit word baie hoog gedruk deur uitskieters (klein persentasie wie se salaris besonder hoog is). Baie meer akkuraat sou wees om mediaan in plaas van gemiddelde te gebruik. Die mediaan salaris is baie laer.

Happy ·

Met 27% werkloosheid is die R20000 darm baie hoog. Die meeste mense verdien nie eens R20000 nie! Die groep wat die gemiddeld so opstoot, is dalk meer as wat ons dink!

anton ·

Mense moet nie vergeet dat S.A sit met n groter getal regerings/staadsdiens werkers as bv. Amerika sin nie!!! (Belaglik)
Die staadsdiens amptenare kry meestal groot salaris en stoot die gemiddeld so op na R20 000.
Dan het hulle nog baie voordele daarby ook.

René ·

Ek stem saam met Charmaine, die soort salarisse kry mens in Gauteng maar in die Wes-Kaap en veral op die platteland is die gemiddelde salaris R4000 n maand met geen voordele en in die groter stede in die Kaap is dit nie veel beter.

pakette ·

Anton, die voordele wat staatsdiens werkers het, is by hul pakette ingesluit. Ek weet, want ek is een van hulle.

Onnie MP ·

Onderwysers is ook staatsdiensamptenare en ek kan jou belowe dat ons salarisse maar swak is. Na 10 jaar kry ek R14000 uit. My medies is op die goedkoopste plan. Dek net hospitaal. My water en ligte beloop R4000/ maand. My kinders is genadiglik klaar met skool maar hul skool en koshuis het ons R100 000/jaar gekos. Brandstof @R3500/maand en dan praat ek nie van al die ander noodsaaklikhede nie. Die enigste staatsamptenare wat vet salarisse kry is die in die parlement. Die res van ons bars!

Gert van Wierdapark ·

SSA se syfers van 10 miljoen SA-ners wat meer as R 20 000 verdien, klink vir my na statistieke en duimsuig! Waar de hel krap hul die syfers uit = ons soek bewyse. Aan die ander kant, met die massas kaders wat so staan/sit en skep, kan hul moet se salarisse die onderste salaris trekkers natuurlik mooi “op trek” op die grafiek. Daar is seker heelwat van hulle wat meer as R50 000 plus per maand kry, nie verdien nie!

vergeet ·

Gert, moenie die privaat sektor uit berekening laat nie. Daar moet jy werk vir jou geld en kan nie net jou stoel warm sit en “skep” nie. Tog betaal hulle goed.

Liza ·

Ek en my man vat ‘n gesamentlike bedrag van ongeveer R70 000 huis toe, en met 3 kinders waarvan 1 swot, 1 in die hoerskool is en 1 in die laerskool, kom ons net net elke maand deur. En ons ry nie nuwe karre nie (altwee ons karre is klaar betaal), ons spandeer nie geld links en regs nie, alles is net duurder. Salarisse daar buite is baie sleg, ek het onlangs as gevolg van omstandighede begin uitkyk vir ander werk, maar kan absoluut net nie my werk los nie, want dan gaan ek vir minder as die helfte moet werk. Ons is baie bevoorreg om vir puik instansies te werk, en is baie dankbaar.

attie ·

Gaan kyk mooi na jou finansies ek dink jou man onderhou n 2de familie as julle sukkel met so tipe salaris

brood ·

Liza, ja mens mag nie met ‘n wit brood onder die arm kla nie. Ek het net een kind en dit kos baie elke maand as jy vir hom die beste sorg moontlik wil gee. Ek wil nie eens weet wat drie kinders kos nie.

Koos wk ·

Lisa ek dink werklik jy spog met daai salaris,,,julle weetnie wat is swaar kry nie veraam nie met 70,000 nie

marous ·

Die gemiddeld van amptenarre is 200 000 per maand . Dit skep die verwronge weergawe dat die gemiddeld 20 000 is .

Poot ·

@marous
Genade marous!!!!! R200 000 gemiddeld vir staatsamptenare? Dan werk ek vir verkeerde Departement.

Marietjie ·

Ek sou glad nie omgegee het om R20000 te kry nie. Op die platteland is daar maar min sprake van.

Neewat ·

Stem nie saam nie. Waar hulle, hulle syfers kry is ‘n leuen. Geen gemiddelde Suid-Afrikaner verdien wat die artikel sê nie, in my opinie verdien Suid-Afrikaners baie minder. Seker as jy al die hoogs betaalde staatsamptenare en Direkteure en Hoofde van Maatakappye insluit kom jy by daai leuen van ‘n bedrag uit.

Sandra ·

Miskien is dit die Bee’s se salarisse. Nie myne en joune nie.

Michael P ·

Sandra heel te maal korrek dit is die gemiddelde staats amtenaar se lone en sonder voordele

Elna ·

Hulle syfers stem nie ooreen met die werklikheid nie. Mense op die kus verdien maar R3500.00 vir n gemiddelde salaris en hier is ook BAIE werkloosheid op die kus. Hulle moet die werklike syfers en die lewenskoste in ag neem dan sal hulle sien dat die meeste werkende klas onder die brood lyn lewe. Ons almal sukkel om n bestaan te maak en te oorleef in SA. Hoop dat daar iets positiefs kan gebeur dat ons almal weer ons basiese behoeftes kan bekostig. SA is rommel status.

Erika ·

Vakbonde, huiswerkers etc. verwag salarisse moet meer word en ons wat dit moet betaal kry nie eers daardie salarisse nie..Krag, kos en petrol gaan op wat deur die regering veroorsaak word, maar ons raak bankkrot asgevolg van hulle As ek daardie geld verdien dan sal ek ook nie omgee nie! Daar sal meer werk in SA wees as vakbonde ophou demand vir meer geld. Elke persoon kan mos kies vir wat hy wil werk of soek dan vir jou ander werk!!

WIEBO ·

Nonsens, waar kry die mense die inligting? Ek kry minder as die helfte van die sogenaamde gemiddeld!!Sonder ENIGE byvoordele. SSA suig die statistieke uit hul duim uit.

juba ·

Iemand leef lekker met R8000 n maand van my salaris, want ek verdien net R12000 per maand

Careltjie ·

Ag nee wat, ek is ook totaal ondergemiddeld. So, kan ons wat minder verdien vrygeskeld word van belasting?

Zorro ·

No, Listen Carefully! Hulle sê die 10 miljoen salaristrekkers (lees belastingbetalers). Daardie stats is maklik om te kry by die belasting kantoor. Ek glo dis reg.

Government Employees ·

Ek werk juis vir Government en ek verdien nie so naby daai prys nie. EK sal skatryk voel as ek daai salary kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.