SA’ners verdrink oorsee

Argieffoto

Twee studente, wat medies studeer in Kuba, het tydens ʼn partytjie in ʼn swembad verdrink.

Popo Maja, woordvoerder vir die ministerie van gesondheid, het gesê die studente het glo ʼn huis gehuur vir ʼn verjaarsdagpartytjie. “Twee van die studente, Sihle Cebo Makhaye en Sibusiso Thanks Ngeleka, albei van KwaZulu-Natal, het in ʼn swembad verdrink.”

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het sy meegevoel met die familie betuig. “Ons dink aan die familie, kollegas en vriende van die oorledenes in hierdie donker uur. Ons innige meegevoel.”

Die departement van gesondheid in KwaZulu-Natal reël traumaberading vir die gesin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

willie ·

volwasenes wat medies swot en nie eens kan swem nie of weet hoe om partjie te hou nie? ai dit klink nie reg nie! hartseer met ñ vraagteken!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.