SA’ners wat eie krag opwek, gaan hoes

Argieffoto bloot ter illustrasie: Pixabay

Luidens ʼn dokument waarin die energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) ʼn nuwe grondslag vir die berekening van kragtariewe voorstel, sal verbruikers met eie opwekking baie duur vir hul krag betaal.

In die dokument stel Nersa voor dat koste, asook tariewe, behoorlik ontleed en uitmekaar gehaal moet word. So moet die koste van elke opwekkingseenheid (selfs tussen verskillende steenkoolkragsentrales) bereken word. Dit moet verseker dat opwekking teen ʼn verlies nie versteek word nie.

Nersa stel dus voor dat hierdie produsent-verbruikers ʼn tarief van vyf tot tien keer hoër as nywerhede betaal.

Die VF Plus sê hoewel Nersa se voorstel goed beredeneerd is, kan dit beter wees om slimmeters te gebruik om opwekkingskoste in tariewe te weerspieël.

“Die groot probleem is huishoudings se wisselende patroon van kragverbruik. Dit beteken dat daar in die oggend voor werk en vroegaand ná werk groot pieke in verbruik voorkom,” sê dr. Wynand Boshoff, die VF Plus se hoofwoordvoerder van minerale hulpbronne en energie.

“Stabiele verbruik wat regdeur die dag gehandhaaf word, veral deur verbruikers in die handel en nywerheid, word die basislading genoem. Dit is redelik voorspelbaar en kan deur steenkool- en kernkragsentrales teen redelike koste gelewer word.

“Die pieke skep ʼn probleem. Die oplossing is óf dat voorsiening regdeur die dag op die pieke gegrond word wat beteken dat baie krag buite piektye verlore gaan, of dat spesiale opwekkers in piektye in werking gestel moet word.”

In Suid-Afrika is dit tans oopsiklus-gasopwekkers wat elke krageenheid aansienlik duurder as die basislading opwek. Eskom argumenteer dat verbruikers wat krag met hul eie sonpanele opwek, die basislading verlaag omdat hulle daardie krag self opwek. Tydens piektye wek die opwekkers egter min of geen krag op nie en die pieke bly dus ewe hoog. Daarmee word verbruikers gedwing om vir die duurder opwekking te betaal.

“Die beredenering van Nersa neem egter nie in ag dat produsent-verbruikers ook winkelsentrums, skole en ander instellings kan insluit, wat nié tot piekverbruik bydra nie. Dit ignoreer ook dat sulke verbruikers in die weste van die land wel tot kragvoorsiening in die vroegaand kan bydra, terwyl diegene in die ooste in die oggend kan bydra,” sê Boshoff. “Verder veronderstel dit dat elke individuele verbruiker die verwagte verbruikprofiel handhaaf en slaan hulle daarvoor aan.”

Die VF Plus meen die oplossing is eerder om te vereis dat alle produsent-verbruikers slimmeters het wat aandui hoeveel krag op verskillende tye gebruik word. Dit kan verbruikers aanmoedig om batterybystand te installeer wat hulle piekverbruik verlaag, sonder dat hulle heeltemal die netwerk hoef te verlaat.

“Die gevolg van Nersa se voorstel sal wees dat verbruikers wat dit kan bekostig die netwerk heeltemal sal verlaat. Dit is ʼn stap wat die stelsel dus sonder hul betaling, maar ook sonder hul potensiële bydrae tot kragopwekking sal laat. Albei gevolge moet vermy word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Wat n grap, ANC probeer weer skep waar hulle nie hoort nie!

minnie muis ·

juis hulle het sa bankrot … nou soek hul nog, …plaas dat die skelms gevang word en op al hul goed beslag op gele word …..

Shakespeare ·

Dit kom neer daarop. Evkom pleit by die verbruikers om nie sy produk te koop nie. Dis ‘n eerste in my lewe van 70 jaar wat ‘n besigheid so agterstevoor sake doen, maar met die ANC/EFF is enige iets moontlik. Hoe bizarre ookal.

Willem ·

Jip, moet asseblief nie ons produk gebruik nie, en terwyl jy dit nie gebruik betaal ons sommer ten duurste daarvoor!

casper ·

Nee wat — gaan dan maar net volledig van die netwerk af.

cccp ·

Miskien oor-vereenvoudig ek die situasie, maar dit klink asof produsent-verbruikers se beloning vir die verligting van eskom se las, en die handhawing van hulle en ander se besighede/inkomste “beloon” word deur hulle 5 – 10 keer hoër tariewe te laat betaal. As hulle dan nou nie tydens piektye so ‘n groot verskil maak nie, kan dit eskom sekerlik help met meer intensiewe instandhouding tydens die periodes van laer verbruik? Klink baie na ‘n geval van “No good deed will go unpunished” (alternatiewelik: hier is ‘n nuwe melkkoei geïdentifiseer wat ons koffers voller kan maak).

Pierre ·

100% al hoe meer mense beweeg na Solar en alternatiewe energie bronne en daarvoor moet ons nou additionele kostes ook dra om steeds die Eskom koffer te vul in daai geval sit ek n extra battery of twee in en dan heeltemal van die grid af, dan sal die ANC sekerlik son tax vra.

Raadsman ·

Elektrisiteit moet deur ons almal soos gemengde boerdery bestuur word. Dit beteken jy moet gebruik maak van Gas, Solar en Eskom. Sodoende sal jy krag spaar en risiko’s bestuur vir tye wat daar beurt krag is. Jy kan selfs van 12v liggies gbruik maak vanaf ‘n battery wat jy net van tyd tot tyd herlaai.
Kry sommer water tenks ook wat jy terug in huis kan pomp wanneer water lewering af is wat ook deesdae baie gebeur.

Wicus ·

Belaglik. In die VSA en Europa word huiseienaars wat solar gebruik gesubsideer.

Ek is een van die mense en so ook my buurman wat Eskom gaan laat weet om te ontkoppel. Klaarblyklik is daar ‘n boete in daai roete, maar nou ja, moeg geraak vir beurtkrag en om parasiete te betaal. Wens iemand kan die syfers bekend maak van ons landgenote wat op ons rugge ry.

Terloops, binnekort voorsien ek ook my eie water, kan nie die in beheer vertrou nie.

Tubac ·

Wes Aust. kan jy nou sonpanele laat installeer en dan maandeliks op jou kragrekening afbetaal teen n minimale bedrag. Jy het dus krag van die panele gedurende dag of nag sonder dat jy ekstra vir munisipale krag moet betaal. By ons is dit is dit n kwessie van korrupsie maak die ontskuldiges skuldig.

Marius ·

Al wat gaan gebeur is mense gaan heeltemal van die netwerk afgaan en dan gaan eskom en nersa verder in die moeilikheid wees.

Jacobus ·

Siek, siek siek! Dit maak sin in die oë van ons Nasionale kriminele sindikaat. Gemiddelde burgers moet volgens die ANC se plan totaal verarm en afhanklik gemaak word. Dit is totaal belaglik – gesien dat jy en ek nog 15% BTW opdok vir stelsels wat min kan bekostig. Dit gaan krag diefstal nog meer aantreklik maak. Kom tot julle sinne!!!

Marius ·

Dit sal nog steeds beter wees dat al die rug reiers wat krag gebruik daarvoor betaal. Dan hoef nersa nie die paar mense wat wel betaal te beroof om die krag netwerk aan die gang te hou nie.

Anoniem ·

Ek gaan dus hoes omrede ekself uit eie fondse ‘n solar stelsel wil installeer, krag te spaar en nie onder beurtkrag gebuk wil gaan nie? Hulle kan 2 keer mtoe vlieg.

4ntj13 ·

Nersa…
Mens hoop dat die reguleerder intelligenter sal dink as Eisjkom. Die mal tariewe sal hom, en die res van die land, net verder verarm.

Karpraat ·

Wat het Eksdom met my sonpaneelstelsel uit te waai, ek koop krag hy die munisipaileit?

Tubac ·

Jammer dit gaan jou munisipaliteit ook meer vir krag laat betaal, met die gevolg jy gaan ook meer betaal.

Hendrik ·

Ek voel jammer vir die mense wat uitgelewer is aan die owerhede.

Pieter ·

Miskien is dit na maar beter om heeltemal van die netwerk af te gaan. Ons wat wel betaal vir elektrisiteit moet net soos belasting, 80% van die ander met onwettige konneksies se krag betaal.
As jy kan, druk Eksom n groot pit, en klim van die netwerk af.

Martie ·

Ag red ‘n nasie!!!
Sente word links en regs ingesamel om korrupsie te befonds.

Robert ·

Belaglik! Hulle sal tot die lug wat ons inasem will belas!

Keelvol ·

Dis nou onnodig om mense so te wil straf. Nie eskom of die munisipaliteite kan krag ononderbroke voorsien nie. Mense gaan gebuk onder krag onderbrekings…. Laat hulle toe om krag op te wek sonder hoë tariewe.

Pietertjie ·

Wat ‘n grap. Dis eskom se skuld dat ek ‘n duur sonkrag-stelsel moes installeer sodat my kinders hulle studies kon voltooi sonder onderbrekings. Nou wil hulle my straf daaroor? Gekke!

Johanna ·

Ons word aangespreek om toestelle af te sit gedurende PIEK-TYE.
Nou doen jy dit deur jou eie sonkrag te gebruik…… Dan is dit ook nie goed nie.
“get real” Wat nou van al die HOP huise wat son-krag geezers het.

Ek sou sê raak eerder ontslae van die lui en skelm ESKOM WERKERS

FM ·

Soooo dankbaar dat ons lankal nie meer hierdie koei voer nie.

Dis só duidelik dat daar nie na energiebronne oplossing gesoek word nie.

Korrup in die ergste graad.

Dit wil voorkom asof die handjie vol eerlike verbruikers wat vir al die onwettige verbruikers se krag ook betaal nou te min geword het.

Bella ·

Ons word as solar energie “opwekkers”, nie toegelaat om die krag wat opgewek word terug te stoot in Eskom se netwerk in, sodat ons minder krag verbruik en Eskom meer krag het vir diegene wat dit benodig nie. Nersa is net so useless as Eskom. Miskien moet die regering maar die geldjie geleen by die IMF en wereld bank aanwemd om die staat se skuld aan die staat se instansie te betaal, dan hoef Eskom nie heeltemal so desperaat te wees nie. Ons behoort binne die volgende paar dae my skoonpa heeltemal af van Eskom te hê en hoop om spoedig te volg. Eskom verdien nie die mense wat hiom betaal vir sy dienste nie.

FrikkievV ·

Kom ons neem aan ek is van die grid af.
Hoe gaan hulle my dwing om hulle fooie boetes en en te betaal?
Nou as ek nie betaal sny hul my krag af, DAN kan hulle maar op en af spring, Frikkie sal nie betaal nie, nes die simpel TV lisensie en E toll goed, Good luck julle narre, bel my prokureur!

annie ·

Het ons regtig vir Nersa nodig? Eskom het 45 000+ werkers en beplan nou al vir jare aan ‘n verdeling in drie groepe. Maak dit vier met laasgenoemde een wat aan dept finansies verslag doen. Hierdie talle tussenstadiums tussen verbruikers en staat is onnodige fat cats wat net hul eie ‘batterye’ laai.

Luciemarie ·

Ek moes te duurste krag panele laat instaleer oor my mediese kondisie want ek het altyd krag nodig. Kan ek aansoek doen vir vrystelling van die duur boetes?

Brett ·

Asb kan iemand begin kyk na NERSA se deel in als. NERSA Se net ja vir verhogings en al die twak. Wie by NERSA skep miljoen. Wie is NERSA in elk geval. Wie het hulle regte gegee om ons iets wat ons betaal met belasting te rugeleer. Eksdom kan nie eers die diens lewer wat jy moet betaal of helle aan of af is nie…… Maar betaal moet jy betaal.
Kom nou Suid Afrika staan verflaks SAAMen se nee vir DIE SBERT……. SAAM kan ons ‘n verskil maak.
Die heuning pot moet stop gesit word. Nie een van ons kry die diens waar voor ons betaal nie.

Marina ·

Gewonder wanneer gaan dit gebeur … wen sal ons ok nooit nie. Dit is hartseer om te sien hoeveel ons reeds vir krag moet opdok, veral die wat van die huis af werk en die A/C gebruik. Maar die mense voel mos ‘n veer

Sonja ·

Gaan hulle nou my sonkrag kom afsit? Ek het reg van die begin af geweier om deel van die sirkus te wees.Geen Eskom, geen Munispale patetiese krag nie. As my stelsel breek, dan gebruik ek gas en parrafien, baie betroubaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.