SA’ners wat glo bokke smokkel, mag nie Zambië verlaat

Foto: Zawa

Foto: Zawa

Die ses Suid-Afrikaners wat in Zambië in hegtenis geneem is nadat hulle na bewering 12 swartwitpense uit die land na Suid-Afrika probeer smokkel het, is Donderdag op borgtog vrygelaat.

Carol Mulenga, assistentskakelbeampte van die Zambiese natuurlewe-owerheid (Zawa), het aan Maroela Media gesê die ses mans is saam met hul Zimbabwiese medebeskuldigde in die Munze-landdroshof op borgtog van 30 000 kwacha (of sowat R33 900) elk vrygelaat. Hulle is egter verbied om Zambië te verlaat en moet in die land bly tot hul volgende hofverskyning op 28 Oktober.

Foto: Zawa

Foto: Zawa

Francois en Pieter Schalk Grobler, Damian le Roux, Pieter Burger, Stefanus Johannes Potgieter, Jan David Potgieter en Munyaradzi Tapera is vroeër vandeesweek in hegtenis geneem nadat hulle na bewering 12 jong swartwitpense na Suid-Afrika probeer smokkel het. Maroela Media het vroeër berig hoe die mans glo ʼn plan beraam het om die diere op ʼn jagplaas in Livingstone te vang en met ʼn sleepwa na Gwembe te vervoer.

Van daar af sou hulle die bokke glo in ʼn ligte vliegtuig laai waarvan die sitplekke uitgehaal en die binnekant met dik materiaal uitgevoer is en so die diere na Suid-Afrika vervoer. Hulle is egter by die Katokota-vliegveld in Gwembe in hegtenis geneem voordat hulle die bokke in die vliegtuig kon sit. Vyf van die swartwitpense het van stres gevrek.

Die mans staan tereg op verskeie aanklagte in verband met die wet op natuurlewe, die wet op burgerlike lugvaart, die wet op immigrasie en die wet op vuurwapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bella Bredenkamp ·

Hierdie mans is steeds nie vrygelaat nie, inligting nie korrek nie

Sarie ·

Hulle het nie gegaan om mense dood te maak nie, hulle was net simple om bokke te wil smokkel. Maar die goed kan in SA kom handel dryf, moord pleeg, steel en niks word gedoen as hulle gevang word nie. Hulle word vry gelaat – Suid Afrika, begin bietjie Zambie en Zim copy cat, daar sal minder crime in die land wees. Maar nee, julle worry oor Apartheid. Shame man – kom oor dit – dit is lankal ‘n nuwe era!!!!!

humor ·

Laat hulle maar sit. Geldwolwe in n gejaag na vinnige rykdom.

Justa ·

Weereens die diere wat die spit moet afbyt agv gierigheid en geen “compassion” nie. Zambia hou hulle asb daar.

Dieter ·

Ek stem saam! Sluit hulle toe en gooi die sleutel weg. Net omdat misdaad in die land gedy, moet ons hulle optrede kondoneer? Party mense se logika verstom my.

Pieter Le Roux ·

Hulle moet die klomp SA skelms daar hou en verhoor. Dis sulke ape wat die SA wildbedryf se naam gat maak. Dis jammer die jong manne is gevang en nie die manne aan ons kant wat dit beplan het nie. Elke wildsboer sal nou moet bevestig waar hy sy troppe vandaan kry aangesien niemand seker meer kan wees of dit wettigge bokke is wat hulle koop of nie. Sulke mense soos die is arrogant en is nou gevang. Wonder hoeveel word nie gevang nie???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.