SA’ners wat in Mosambiek sterf finaal gegroet

Lesego Matsepe (20), Mmatholo Mogafe (24), Gregory Mfune (27) en David Kaise (29). Foto’s: ANA

Vier jong mense van Suid-Afrika wat in Mosambiek verdrink het, sal hierdie naweek in hul geboorteland ter ruste gelê word.

Bongani Diako, woordvoerder vir die oorledenes se families, het gesê Lesego Matsepe (20), Gregory Mfune (27), David Kaise (29) en Mmatholo Mogafe (24) se liggame is vroeër vandeesweek na Suid-Afrika gebring vir die begrafnisse.

Die tragedie het vroeër vandeesmaand plaasgevind toe die vier as deel van ʼn groep vriende na Mosambiek gereis het om Mogafe se verjaarsdag te vier. Die vier het Maandag ʼn bootreis na die Portugese Eilande onderneem en daar geswem toe hulle al vier in die moeilikheid beland en verdrink het.

Dit het ʼn paar dae geneem voor al vier liggame in die see gevind en uit die water gebring kon word.

Mfune sal Saterdag in Bethlehem in die Vrystaat begrawe word. Die begrafnis sal om 07:30 by Thokoza High School begin. Kaise sal ook Saterdag in Embalenhle, Mpumalanga, begrawe word.

“’n Gesamentlike begrafnis sal Sondag vir Matsepe en Mogafe in Groblersdal in Limpopo gehou word. Die verrigtinge sal om 07:00 by die Groblersdal-rugbystadion begin,” het Diako gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Naas Vermaak ·

‘n Absolute begriplose tragedie – sulke mooi jong mense!

Anoniem ·

Baie harseer, mag hulle naasbestaandes berusting vind ???

Sê maar net ·

Geen mens vind ooit berusting in enige truamatiese ongeluk wat jou kind se lewe eis nie. Dit is die dag wat jou lewe vir ewig verander.

There comes a point in life when you realize that nothing will ever be the same, you realize that from now on, time will be divided in two parts – before this & after this

To the families of Lesego, Gregory, Mfune & David – Death leaves a heartache no one can heal. Love leaves a memory no one can steal.

You are in our thoughts

Philip ·

Ai toggie baie baie sad. Nog so jonk en lyk sulke ordentlike kinders. Simpatie met naasbestaandes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.