SA’ners weer al meer in buitelug

(Argieffoto; Unsplash)

Sonskyn, die see én ’n Afrika-sonsak. Dis ’n feit: Suid-Afrikaners is gek oor die buitelug – selfs meer as die meeste ander mense wêreldwyd.

’n Onlangs opname deur die bierbrouer Corona toon dat Suid-Afrikaners naas Chinese vanjaar die meeste tyd in die buitelug deurgebring het.

Altesame 2 500 respondente – 500 elk uit Suid-Afrika, Kanada, die Verenigde Koninkryk, Brasilië en China – het aan die Global Nature Survey deelgeneem.

Die oorgrote meerderheid (92%) van dié respondente het aangedui dat om tyd buite deur te bring vir hulle ʼn prioriteit is, terwyl 90% van respondente deeglik bewus is van die voordele daarvan om meer tyd in die natuur deur te bring.

Suid-Afrikaanse respondente verwys spesifiek na die vitamien D wat die Afrika-son verskaf en die kalmte wat hulle ervaar wanneer hulle hulself in die buitelug bevind.

(Grafika: Pieter Cloete/Maroela Media)

Die opname toon ook dat die meeste mense wêreldwyd (66%) vanjaar meer tyd in die buitelug deurgebring het, veral in China en Suid-Afrika.

(Grafika: Pieter Cloete/Maroela Media)

Britte spandeer egter deesdae minder tyd in die buitelug en Brasiliërs selfs minder.

(Grafika: Pieter Cloete/Maroela Media)

Besige werkskedules beïnvloed aldus die peiling die meeste respondente se vermoë om meer tyd in die natuur deur te bring. Die algemene konsensus is egter dat daar tyd geskep kan word vir meer sonsondergange, buitelug-uitstappies en vars lug.

Die opname toon dat die meeste mense wêreldwyd amperse opportuniste is wat ’n sonsondergang betref; sowat 43% van respondente het immers aangedui hulle probeer om een ​​te geniet wanneer hulle kan.

Suid-Afrikaners en Brasiliërs geniet verskeie sonsondergange per week, terwyl mense in China en Kanada verskeie kere per maand kyk hoe die son sak. Mense in die Verenigde Koninkryk kyk maar ʼn paar keer per jaar na ’n sonsondergang (of glad nie).

ʼn Gevoel van ontspanning en kalmte word veral met sonsondergange geassosieer. Suid-Afrikaners ervaar spesifiek vreugde wanneer hulle na ’n sonsondergang kyk, aldus die opname.

(Grafika: Pieter Cloete/Maroela Media)

(Grafika: Pieter Cloete/Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Republikein in die Wes Kaap ·

Meeste Suid-Afrikaners leef in die buitelug. En dis nie uit eie keuse nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.