Sanger beweer vriendin rand hom aan 

Mandla “Mampintsha” Maphumulo in die hof. Foto: ANA

Die kwaitosanger Mandla “Mampintsha” Maphumolo beweer sy vriendin, Babes Wodumo, is aggressief wanneer sy onder die invloed van alkohol is en dat sy hom al talle kere aangerand het.

Mampintsha het Dinsdag in die Pinetown-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding en is op borgtog van R2 000 vrygelaat. Hy moet weer op 15 Mei in die hof verskyn.

Mampintsha het intussen ʼn klag van aanranding teen Wodumo aanhangig gemaak. Mampintsha het hom aan die polisie oorgegee nadat ʼn video op sosiale media versprei is waarin dit lyk of hy Wodumo aanrand.

Volgens Mampintsha het Wodumo hom al voor sy familie aangerand en het hy dit nou vir te lank geduld.

Met verwysing na die video het Mampintsha gesê dat Wodumo dronk was en nie eers op haar eie kon staan toe die polisie opgedaag het nie.

Volgens Mampintsha het Wodumo hom wakker gemaak deur hom met ʼn skoen op sy mond te slaan. Hy beweer Wodumo het hom uitgelok en dat sy gewelddadig is wanneer sy onder die invloed van alkohol is.

Mampintsha en Babes Wodumo. Foto: Instagram

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Broodjies gebotter ·

Ekt nou nie die video gesien nie, MAAR as die vrou wil klappe uitdeel moet sy dit kan ontvang ook.
Dis darem lekker om n vrou te wees in vandag se dae. Jy wil selfde regte as mans hê. Gelyke regte. Maar nogsteeds moet vroue onder n ander kam gwskeer word. Nogsteeds wil vroue soos prinsessies behandel word. Maar hulle kan maar vloek en skree en SOEK VIR N KLAP.
*ps: ek is n vrou. En as ek skoorsoek, en ek word geklap, moet ek nie wonder hoekom nie.

Opsetlik ·

Neewat syt opsetlik die kamera daar geplant. Uit die vertrek geloop. Gaan skoor soek. Hom teruggelok kamer toe, NET om dit op kamera op te vang.
Nee mense. Moenie altyd net sê die man is die vark nie. Ek ken baaaaaie vrouens wat n klap of twee nodig het.
….ok n vrou…

Stem ·

Opsetlik, ek is ook ‘n vrou, en weet jy, ek is geneig om 100% met jou redenasie saam te stem. Hoe toevallig is dit dat daar ‘n kamera is reg waar sy “aangerand” word? Ek dink die arme man praat die waarheid. Sy het beslis die kamera daar geplant en hom uitgelok. Nee wat, sensasie soeker, en die hele ding gaan ontplof in haar gesiggie.

Asjas ·

Nadat ek die video gesien het, het ek ook nogal gewonder oor die plasing van die kamera asook die huilery wat meer soos “wailing” geklink het. ‘n Saak het twee kante. Dit beteken nie dat ek enigsins, enige vorm van aanranding goedkeur nie.

toutjies ·

stem saam as jy kan uit deel kan jy ontvang ook. Gelyke regte waarvoor almal baklei wanneer dit hul pas.

Dries Moolman ·

Effens ‘verdag’ dat haar foon so gerieflik geposisioneer was EN boonop besig was om aan al haar ‘fans’ uit te saai toe die voorval gebeur het. Maar ek dink as daar nou een les is wat ons moet leer met hierdie tipe sosiale media sensasie-insidente – wag maar tot AL DIE FEITE bekend is voor die oordeel begin.

Logiese man ·

Of dalk net haar skootrekenaar waar dit altyd staan sedert opeestel is. Gaan lees na oor die zulu tradisies voordat julle net sy woord aanvaar.

Dries Moolman ·

@ Logiese man, dit is presies die punt wat ek probeer maak. Dis maklik om ‘n opinie te vorm – maar ek sukkel om deesdae enige van die betrokke partye se woord te aanvaar in gevalle soos die, daarom wag ek maar eers vir die ‘regte hofsaak’, waar mens hopelik die feite sal hoor.

Marthie Armstrong ·

Amanda, ons leer nie lesse uit skoon wasgoed nie ………. en in gevalle soos hierdie is dit noodisaaklik dat ander kennis neem juis om die wasgoed te verminder …….. Dit is fenominaal hoe alkohol mense affekteer. As dit van jou ‘n Samson of Delilah maak sal jy of jou vriende/familie dit baie gou agterkom en so ‘n persoon moet drank vermy. Mag die waarheid seevier.

DS ·

Snaaks dat hy nou dat hy uitgevang is eers beginne kla oor haar klappe wat sy al uitgedeel het aan hom. As jy by haar gebly het na die eerste klap dan is dit jou probleem van daar af jy moes haar daar en dan gelos het visa versa. Nou na baie bottels drank en klappe nou skielik kla altwee. Nee regtig.

Ook'nVrou ·

Ek stem saam. As ‘n dame klappe kan uitdeel, moet sy goed kan koets.

Andre ·

Dit was so heeltmal beplan, sy het hom uit gelok en nou huil so krokodil trane.

Malanie Burger ·

Ek stem saam, as jy uitdeel moet jy kan ontvang ook, maar miskien “sing” hy nou die deuntjie omdat hy gevang is… Ooit gedink dat sy dalk die kamera daar gesit het omdat hy dit al meer as een keer gedoen het en sy nie die bewyse gehad het om ‘n saak teen hom te maak nie? Watter normale man gaan toelaat dat ‘n vrou hom aanrand en dan by haar bly? Hoekom het hy dan nie enige sake teen haar gaan maak van al die aanrandings wat hy beweer hy moes deurstaan nie…. As die verhouding dan so suur was hoekom het hy nie geloop nie? En sy ook, for that matter….. Maar nou ja, soos iemand reeds gesê het, moenie jou vuil wasgoed in die openbaar was nie…..

VanAfrika ·

Daarom sê ek, ek het twee seuns. As sy aan enige van my seuns klap, kan sy n klap van verwag. Aangesien die cliché dat n man nie aan n vrou mag slaan nie bestaan, sal ek dit vir hom doen. My seuns is geleer om die dames in hul lewe te respekteer, sy sal dieselfde doen.

Chrisjan ·

Ja nee wat ek was opgesaal met n vrou wat net wil boks en skreeu en dreig en met messe rondloop en dit ook dan gebruik as sy haar drank gedrink het ; wat vir een goed is , is goed vir altwee
Dankie tog ek is ontslae en lewe
Groete

Lenie ·

Ja die man kom altyd tweede met n swetsende dronk vrou as sy gaan kla sluit hul hom toe ???

Mimi ·

Stel jouself net voor watter voorbeeld gaan kinders uit n gesin kry waar die ma, die pa slaan en hy slaan terug? Almal moet van jongs af leer om almal met respek te behandel en hoe om verskille op n kalm, ordentlike manier uit te sorteer. As die man vind sy vrou tree te emosioneel op, is dit nie dalk omdat hy in die eerste plek nooit LUISTER as sy iets bespreek nie, dat hy al die probleme vir haar los om uit te sorteer nie? As n man voel sy vrou raak geweldadig……vra hoekom……gaan sien n berader…..laat iemand van buite julle help om insig te kry en dinge te verander. My man het my genadeloos met sy tong geslaan, uitgeskel en verneder. As ek vra vir geld om n siek kind dok toe te vat…het hy net gebulder….daar is nie geld nie, en my met die probleem gelos. Ek ken van verbale en emosionele ens geweld! As jy na ure se verskreeu iets gryp en hom gooi omdat hy jou van jou kop af dryf..dan is jy die geweldenaar…..maar niemand sien jou bloeiende wonde binnekant, wat deur sy skerp tong aangerig is nie! Onthou n man het meer fisiese krag…..hoe kan hy nou aangemoedig word om terug te slaan? Lat hy eerder sy innerlike krag gebruik en met gesonde verstand die situasie ontlont en hulp kry. Die kinders kyk en leer daaruit.

M ·

Kan jy nou dink wat gaan kinders leer uit ouers wat mekaar slaan as n manier om probleme uit te sorteer? N man het meer fisiese krag, wat gaan die uiteinde wees as almal lostrek en net slaan? N mens moet eerder ons kinders leer, almal MOET mekaar met respek behandel, en hoe om jou verstand eerder as jou vuiste te gebruik. Hoe om kalm te luister na iemand se saak…..om te kan “verstaan ” !! Om hulp te kry van buite. N mens bly weg van alkohol as dit probleme maak en kry n ander ontspannende gesinsaktiwiteit. Dink voor jy doen en luister, om die ander party te kan verstaan.

M ·

Kan jy nou dink wat gaan kinders leer uit ouers wat mekaar slaan as n manier om probleme uit te sorteer? N man het meer fisiese krag, wat gaan die uiteinde wees as almal lostrek en net slaan? N mens moet eerder ons kinders leer, almal MOET mekaar met respek behandel, en hoe om jou verstand eerder as jou vuiste te gebruik. Hoe om kalm te luister na iemand se saak…..om te kan “verstaan ” !! Om hulp te kry van buite. N mens bly weg van alkohol as dit probleme maak en kry n ander ontspannende gesinsaktiwiteit. Dink voor jy doen en luister, om die ander party te kan verstaan….

Jacoba ·

Ek is vertom hoe baie vrouns hier die man ondersteun m. a. w. geslags gebaseerde geweld is reg volgens julle. Die slagoffer is onmiddelik die skuldige, tenspyte dat dit op kamera vasgevang is, niemand het nog ooit gaan stilsit en dink daaroor dat dit nie die eerste keer was wat hy haar volgens haar pa aangerand het nie. Dink voordat julle die slagoffer onmiddelik op die beskuldigings bank sit en die oortreder the hero maak. Wie se sy storie is waar. Volgens die vorige berug was sy op Instagram besig om met haar ondersteurners te kommunikeer toe hy haar aangeval het. EK is absoluut sprakeloos hoe sommige van julle sy optrede rigverdig,, dit is skokkend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.