Sanger dien klag in teen kêrel ná video  

Mampintsha en Babes Wodumo. Foto: Instagram

Die sanger Bongekile Simelane, bekend as Babes Wodumo, het ʼn saak van aanranding teen die kwaitosanger Mandla “Mampintsha” Maphumulo, met wie sy in ʼn verhouding is, ingedien.

Die klag kom nadat ʼn video op sosiale media versprei is waarin Mampintsha glo vir Wodumo aanrand. Die saak is by die Westville-polisiestasie in Durban aanhangig gemaak.

Wodumo was glo besig om regstreeks op Instagram met haar aanhangers te gesels toe die beweerde aanranding plaasgevind het.

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het sy skok oor die video uitgespreek en onmiddellik opdrag gegee dat dit ondersoek word. ʼn Senior lid van die eenheid teen gesingsgeweld, kindermishandeling en seksoortredings (GKS) is aangewys om die saak te ondersoek.

“Ons sal alles in ons mag doen om seker te maak geregtigheid geskied wanneer sulke voorvalle by ons aangemeld word,” het Sitole gesê.

Wodumo se pa, Welcome Simelane, het intussen aan eNCA gesê dit is nie eerste keer dat Mampintsha sy dogter aanrand nie. “Ek wil hom agter tralies sien,” het hy gesê.

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het ook sy skok oor die video uitgespreek.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie het intussen sy kommer uitgespreek oor die voorval nadat Wodumo se pa beweer het Mampintsha het beamptes by die Westville-polisiestasie omgekoop om vorige sake nie te ondersoek nie.

Francois Beukman, voorsitter van die komitee, het gesê dit is kommerwekkend dat daar gevalle is waar mans voortgaan om hul lewensmaats aan te rand en dat van die sake nooit ondersoek word weens omkopery nie.

Die komitee het ʼn beroep op die polisiehoof gedoen om die bewerings van omkopery te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Skroef ·

Nou het wodumo se pa baie te sê maar klein gespeel toe fit geen mesiadekking geniet het nie. Was dit my dogter ou welcome, het hy kaak in sy hand hospitaal toe gehardloop.

Drieks ·

Regtig julle, is dit net nuus as julle kinders iets oor kom. Hierdie man moet juis in die nuus wees, dat jul mans hom kan laat verstaan hy doen verkeerd as man.

ES ·

Enige persoon wat sy / haar lewensmaat aanrand moet die swaarste straf kry. My ma se altyd ‘n man wat sy vrou slaan se arms moet afval. Dit geld vir vrouens ook.

Vee ·

Eks tans in n huwelik waar my Man my byna daagliks verbal abuse . . .
Hy is n gesiene bekende man en met n “christelike voorkoms ”
Hy is n meester in manipilasie , dominering en intimidasie
Tot my skaamte is ek seker ons bure kan getuig van die skelwoorde en geskree wat hulle hoor . . . waar gaan dit eindig , eks op breekpunt

Staan op ·

Vee, jy staan op. Moenie hom ‘aanvat’ en die fight probeer wen nie, maar staan regop, tel jou kop op en stoot jou bors uit. Moet jou nie steur aan sy skelwoorde nie. Moet hom nie glo nie! Wees ñ spiëel… Gooi dit terug na hom. As hy sê jy het vandag weer niks gedoen nie, dan vra jy hom koel en kalm of hy alles gedoen het wat hy wou daai dag. As hy baklei oor die kos nog nie klaar is nie, sê hy kan jou help, dan is dit vinniger klaar. Staan net sterk, moenie leuens glo nie en gaan aan. Kom weg van hom af as dit moontlik is. Indien nie, moet jy maar hare op jou tande groei. Doen jou eie ding, vind jouself, moenie net van hom afhanklik wees nie, dis nie maklik nie, maar dis moontlik! Daar is jou hoop vir jou! Jy is nie alleen nie…

Truidie ·

Verbale mishandeling is net so ernstig soos fisiese mishandeling. Kry asseblief hulp, gaan polisie toe, trek uit die huis, en skei die man. Hy gaan nooit verander nie. Daar is plekke wat huisvesting bied.

Namgrl ·

@Vee, weet nie hoe lank jul getroud is nie. Weet nie hoeveel kinders jul saam het nie. Ek dink sterk jy moet jou besem vat en of vir hom UIT VEE OF VEE JOUSELWERS UIT DIE HUWELIK. Dit is onverdraagbaar, en kan dinge net vererger. mans, ek is jammer sal nie somer instem om ‘iemand’ te gaan sien met sy vrou nie, dis heeltemal teen hul beginsels. Ek veralgemeen nou nie hier nie..maar baie kan saam stem. PS: het jul dit oorweeg om iemand te sien?
Alle sterkte dame. Niemand verdien om so iets deur te maak nie.

Albatros ·

Ja dis erg jong. Ek het n vrou gehad wat dieselfde gedoen het.

Sorry om te sê ·

Beter nog Vee kry jou ry. Ek is seker wt hy in sy broek en beursie het, regverdig nie die behandeling wat jy kry nie. Hy gaan noe vir langer as drie maande op n slag verander nie.

khat ·

Nee wat breek weg uit daai gomors toestand uit dit gaan nie beter word nie en ook nie reg kom nie maak nie saak wat die do,pastoor priester of wat ook al se nie kom uit daar dis nie die moeite werd om so behandel te word nie .ek sal dit nooit toelaat nie regtig mense dit help nie om te se gee dit terug aan hom nie draai om en loop uit daai gaga huwelik of verhouding uit dis die beste

Ore ·

Kommentaar van Genl Sitole nogal merkwaardig………….ons sal alles in ons mag doen………Ek sien nooit sulke kommentaar wanner blankes die slagoffers is nie,ook nie wanneer parlementslede hulle skuldig aan aanranding/verkragting skuldig maak nie.

Jaap ·

Ag nou wil julle iets se.
Net omdat hulle bekend is.
Wat van gewone mense wat daagliks gemoor word?
Kry jul ducks in a row

DS ·

Willem Botha Ongeag kleur of ras mishandeling hetsy vroue-, mans- of kindermishandeling is nuuswaardig. Duidelik voel jy NIKS vir jou medemens nie en dit maak jou net so sleg soos die vroueslaner. Hoop hy land in tjoekie en word daar gewys hoe sy gevoel het.

Lindtjies ·

Vee my raad aan jou is kom weg uit daardie huwelik uit. Geen mens verdien om so afgekraak en verneder te word nie. Dit sal nooit beter word nie, inteendeel dit gaan net erger word. Jy was nou lank genoeg sy vloerlap gewees. Ek self moes uit so ‘n situasie uit ontsnap en met min geld het ek net met God se genade oorleef. Mens selfbeeld is nooit weer dieselfde nie.

Lizelda ·

Ek het n ruk terug gelede n program op kanaal 170 gekyk van Brittanje waar hulle beweer daar word een vrou elke 2 weke deur hulle lewensmaats vermoor, gisteraand op “In ons Midde” het hulle berig oor Martha Jordaan van Kroonstad wat so gruwelik vermoor is en SA se statistiek is… 1 vrou elke 8 ure word deur hulle lewensmaat/vriend vermoor. Dis omdat ons stil bly dat dinge so hand uitruk, so wat die vrou gedoen het sou ek se dis reg. Net omdat sy n persoon van kleur is of bekend is beteken nie dit is MINDER belangrik nie. Om stil te bly en weg te kruip vir mishandeling is nie die antwoord nie.

ek sê maar ·

‘n Sogenaamde “man” wat sy vrou aanrand is ‘n SISSY. Hy sal nie iemand van sy eie geslag en portuur aanvat maar een wat swakker is as hy. Man…ek het nie woorde. Het saam met so vrou gewerk en dan die vlg dag bel hy elke 10 minute en laat haar voel dis haar skuld en is sy in trane. Nie net fisies maar ook verbaal dus aangerand. Die sleg ding. Haaar gedurig gesê ek is NIE jammer vir haar, sy het ‘n goeie werk sy moet net UITSTAP en klaar. Na 15 jaar van getroude lewe wat hy NIE verander het ten spyte van ewige beloftes het sy hom uiteindelik gelos. Baie gelukkig en lewe sorgeloos vandag.

barend ·

dit wil vir my voorkom as julle almal aandag soek,vee skei en kry klaar ,niemand stel belang in jou probleme nie ,hierdie is nie “vra vir mareola medie vir raad nie “

Andrew ·

Barend
Dalk het Vee iemand soos jy beskryf
Wat ons manne as kind tuis sien en leer, herhaal hom soms later self

warrelwind ·

Barend, jy is dalk self so n persoon wat vreeslik braaf is en dit wys op vrouens, jou dag sal kom. jy le dalk een van die dae in saal een twee en drie

Anoniem ·

Ek ken nie een van hierdie partye nie, maar is ongelooflik bly vir die vrou dat sy vir die wereld kon wys wat die vark aan haar doen. Ek is ook deur huweliksgeweld, fisies en verbaal, dit breek jou af tot in ‘n diep donker gat waaruit ‘n mens sukkel om te kom. Ek hoop hy kry ‘n swaar straf en sy loopbaan is verwoes. Julle sal geskok wees om te weet baie polisiemanne, pastore, suksesvolle besigheidsmanne ook deel is van hierdie groep. Mag hul almal ontbloot word vir wie hulle is!!!!

Susan ·

Hoe het sy geweet sy gaan geslaan word? Die kamera is darem so gerieflik reg vir hierdie petalje gewees. Ek praat dit nie weg nie, maar wonder of sy dit nie uitgelok het nie. Sy weet mos by hierdie tyd wat hom kwaad maak. Moes net lankal uitgestap het.

Grace ·

Is daar geen ander nuus wat julle kan plaas nie, soos die man en seun wat gister oggend op hul plaas aangeval is . Heeldag gister op die nuus is dit dieselfde storie en vandag weer. Maak my siek as hulle so aanbid word. Belangrike dinge gebeur elke dag asb hou op om sinnelose goed te skryf. Dit beteken niks vir my.

@grace ·

As dit niks vir jou beteken waarom dit lees? Ek slaan alles oor wat ek NIE wil lees nie. Ek dink dis goed dat alle vroueslaners uitegwys word. “name them and shame them” sê ek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.