Sanger en gesin ontruim weens Kaapse brande

Die sanger Snotkop

Die sanger Snotkop

Die sanger Snotkop, oftewel Francois Henning, het ʼn video gedeel van die groot brand naby Simonstad, oomblikke voordat hy en lede van sy gesin self hul huis moes ontruim.

“Ons buurt is aan die brand. Huise om my het vlam gevat. Ons ontruim die gebied en vat net die belangrikste besittings. Ek het my ma en broer en my musiek. Ek is verstom om te sien hoe goed die brandweer, nooddienste en polisie almal saamwerk soos een man. Maak my trots. Natuurbewaring ontruim selfs skilpaaie en bobbejane uit die berg. Bid asseblief dat daar nie nog diere en huise brand nie en dat almal veilig uitkom,” het hy op Facebook by die video geskryf.

Maroela Media het vroeër berig inwoners van verskeie buurte naby Simonstad word ontruim weens ʼn groot brand wat in die omgewing woed. Die brand het vroeg Woensdagoggend in die berg by Ocean View bo Kommetjiestraat ontstaan. Die brand was onbeheerbaar en het na Da Gamapark se kant en toe na Simonstad versprei. Talle strate in Simonstad is intussen ook gesluit.

Ons buurt is aan die brand. Huise om my het vlam gevat. Ons ontruim die area en vat net die belangrikste besittings, ek het my ma en broer en my musiek. Ek is verstom om te sien hoe goed die Brandweer, nooddienste en Polisie almal saam werk soos een man. Maak my trots. Natuurbewaring ontruim selfs skilpaaie en bobbejane uit die berg. Bid asb dat daar nie nog diere en huise brand nie en dat almal veilig uit kom…

Posted by Snotkop on Wednesday, January 11, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sarie ·

Swak video materiaal. Jy was seker haastig. Sterkte nogmaals

Ronel ·

Poppie, dis met ‘n selfoon geneem en die man was haastig om te ontruim. Jammer as dit jou perfeksionisme nie aanstaan nie.

Johanna ·

Wel gedaan. Jy is beslis nie n ‘Snotkop’ nie – hy is n yster!

cor ·

Hoekom moet die berig lees sanger en gesin ontruim huis, net omdat dit hy is moet daar berig word seker vir reklame. Wat van al die ander inwoners is hulle minder werd as ‘n sanger ek vra maar net. Hoekom lei die berig nie, “inwoners onruim huise onder andere ‘n bekende sanger”

Ano ·

Vra ek ook Cor. Wat maak hom so spesiaal dat daar koerant berigte daaroor geskryf moet word. Wat van al die ander mense wat ook hulle huise moet ontruim en diere wat nie heenkome het nie

Denise ·

Cor en Ano ek stem almal is geraak deur die brand hoekom een gesin uitsonder????? Sterkte aan al die mense wat geraak is deur die brand!!!!

Connie ·

Ja wraggies, watookal. Ek rol my oë ook. Voel soos jy. Regtig????

sarie van heerden ·

Dankie Snotkop, of wie ookal die video opname gemaak het en ook vir jou kommentraar van die goeie diens wat jul ontvang het. En ‘n baie groot dankie aan diegene wat die diere en skilpaaie weggeneem het. Daar is nog mense wat omgee. En weereens, dankie vir jou moeite Snotkop.

wickus ·

sterkte aan almal daar en thanks vir die video laat weet gerus of die brand betyds onder beheer gebring is….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.