Sanger Fredi Nest ernstig siek

Fredi Nest (Foto: Facebook)

Fredi Nest (Foto: Facebook)

JONGSTE: Fredi Nest het op 3 Julie 2015 sy stryd teen kanker verloor. Klik hier om meer te lees. Ons innige meegevoel aan sy familie, naasbestaandes, vriende en ondersteuners. – Red

Die bekende sanger Fredi Nest is in ʼn baie ernstige toestand in ʼn hospitaal in Pretoria.

“Hy is opgeneem nadat hy vermoedelik ʼn beroerte gehad het,” het ʼn betroubare bron aan Maroela Media bevestig. “ʼn Skandering het egter bevestig dat hy ʼn gewas op die brein het.”

Die persoon, wat anoniem wil bly, het aan Maroela Media gesê Fredi ontvang behandeling en hulle bly positief dat hy sal herstel.

“Hy het ʼn baie goeie KKNK gehad en hy was blakend gesond,” het die bron bygevoeg. “Hy was een van die suksesvolste kunstenaars by die fees en het baie goeie CD-verkope gehad.”

Sy vrou Sylvia en hul kinders is by hom in die hospitaal.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Petrus ·

Ek is so jammer om te hoor van Fredi Nest, Ek het by die KKNK n vidio van him gemaak Toe vra Fredi ve my of my foon op vidio is toe sê ek nog Fredi jip dit is Ek neem jou op my maat, Ek bid vir Fredi die Here Sal him aan raak en hy Sal volkome genees word deur die Heilige gees AMEN !!! God Is almagtig Sonder hom kan men’s nie AMMEN !!!

Sontie ·

@Kosie….al stem ek met jou saam is dit beslis nie die tyd of plek vir jou ongevraagte nydigheid nie. Fredi se welstand is wel so bid liewer vir hom of bly weg van hierdie webwerf!

Catharina Lotter ·

Hi Fredi ek is n groot fan van jou,ons almal bid vr jou laat jy gou weer op die been is jy moet gou gesond word xXxx

Carien ·

Baie baie sterkte vir die hele Familie julle is in ons gebede. Sterk wees Fredi ons dink aan jou

Rudie Rousseau ·

Hello Red ek doen tans n volledige opname op HD van al die Boere konsentrasiekampe in S.A.Ons het al 38 dokumentere dvds gedoen van 38 verskillende kampe.Waar die kamp gelee is.Hoeveel Boerevrouens en kinders daar was.Hoeveel daar oorlede is en wat die werklike toestande was in elke kamp.In Desember 2015 het ek en my vrou nog n kampkerkhof in Sutherland ontdek.Ja jyt reg gelees.Die plek is verskriklik verwaarloos en ek skat hier moet oor die 200 grafte wees.Ek het ook op wit en swart bewyse dat daar wel n konsentrasiekamp was.Alhoel dit nerens in ons geskiedenis boeke opgeteken is nie.Kan vir julle 2fotos stuur vd Sutherland se kamp kerkhof.Ek glo omdat julle so op datum is met nuus gebere wil ek die ongelooflike ontdekking eerste met julle deel.Ons vertrek op 11Mei 2015 om die oorblywende 14 kampe wat in Natal is te gaan verfilm.In totaal sal daar n reeks van 55 dvds beskikbaar wees.In die kampe het 37 000 Boerevrouens onder die engelse britte gesterf waarvan 21 000 kinders was onder 15 jaar.Sien uit om van julle te hoor.Rudie 082 536 1917

Peet Schabort ·

Suné, ek sien Rudi het hierdie berig aan julle gestuur en dit hoort nie hier. Groete.

Elfie ·

Rudie – kyk heelbo is daar “Kontak ons” waarheen jy jou e-pos kan stuur met al die besonderhede waarvan jy in jou aanmerking praat. Groete

Anna-Marie ·

Ek is baie jammer om te hoor van Fredi. Nog altyd van sy musiek en hom as persoon gehou. Ek hoop en glo die Here sal hom deur die siekte help. Baie sterkte!

Willie. H Lewies ·

Freddi ons dra jou op my vriend — ek is ook deur iets soort gelyk & ek is genadiglik daar deur met gebede is alles moontlik, sterkte

Johan Slabbert ·

Hi Fredi !
Ek was vanoggend daar op jou plaas en het net die honde gesien, als was so stil. Het sopas gehoor van een van die ander boere hier op Moloto van jou siekte. Sterkte seun jy weet die Here sal alles genees, soos jy laas Augustus met jou vertoning by Jerepigos aan my en al die ander gaste getuig het. Ons almal hier bid vir jou en glo die Here sal jou volkome genees. Sal weer kom draai by jou volgende week as ek brandpaaie skraap en damme skrop by een van jou bure wat met die leeus boer. Seenwense van
Oom Slabbie (Chev Apache Moloto)

Susan van Niekerk ·

Ek stem saam Johan !! By Jesus is alle dinge moontlik . Fredi hou net vas aan Jesus ,hy sal jou deur hierdie moeilike tyd dra en volmaak genees .
Ons bid vir jou vir n groot wonderwerk !! Sterkte Fredi .
Susan ( Arbor gastehuis Newcastle )

jo-ann ·

Wish you a speedy recovery. Prayers for you and your family xxxxxx

Annemarie ·

Freddie, daar is báie wat jou in gebede aan Jesus opdra. Ons dien ‘n God van wonders! Hy sal jou wééreens hierdeur dra!! Sterkte en voorspoed van duisende aanhangers

anelda ·

Hi Fredi
baie sterkte so jammer on te hoor van jou siekte. Ons hou jou en jou famielie in ons gebede. Bly net glo one Vader is almagtig

Neptunus ·

Hoop ook Fredi herstel heeltemal. Doodernstig.

Hoop ook sy musiekloopbaan slaan eendag ‘n heel ander rigting in as dit wat op die video te sien is. Doodernstig.

“Sit jou bekkie in my nekkie”, regtig? Red nou ‘n nasie met hierdie tipe goed… Ek het nou so ampertjies ‘n Luke Watson op myself getrek.

Maggie ·

Neptunus, in die hele paar jaar wat Freddi al sing, kon jy nie een minuut vind om vir hom te vertel hoe swak jy dink sy musiek is nie? Moet jy dit in hierdie tyd van siekte en vertwyfeling aan hom doen? Dis reg – slaan ‘n hond wat lê!
Fredi, baie sterkte vir jou en jou gesin. God gee krag soos jy dit nodig kry. Partykeer ‘n dag op ‘n slag en ander kere minuut tot minuut. Ons bid saam met julle.

andre ·

Naand fredi ek lees nou eers wat gebeur het jammer om te hoor. Mag jy gou gesond word en op die been kom ek het groot geword op jou musiek. Mal oor jou musiek. Jy is in ons gebede

Natasha ·

Ohkay Neptunus so as elke liewe sanger sing oor hoe sleg dit met Duid Afrika gaan, gaan dit die probleem ewe skielik oplos? Moet hy liefs sing “jy sit jou messie in my neki” gaan dit skielik maak dat niemand dit meer doen nie? Get real! Ek sing liefs saam daai lyn wat jy papteties vind en los my toekoms in hierdie wrede wereld in die Here se hande. Maar ek sien hoe red jy ons nasi deur n hond te skop wat le love hoe jy saamstaan boere toepas!

martie ·

Ek wil net sê dat Freddie is opreg, nederig en sy musiek vertel ñ storie. Sy lied “Daar ñ vuur hier binne my” vertel waar hy elke dag sy battery laai. Ek en my gesinne bid vir jou. Sterkte God is getrou!

Doné Smit ·

Heer, ek kom hier voor U neer, ons is almal nedering en kleiner as ‘n sandkorrel teenoor U, en as 1 van U Koningskinders, kom ek vandag, met geen fancy woorde, en met ‘n gebed uit my hart, en vra ek U om asb. U kind, Fredi Nest, aan te raak Heer, en hom met die bloed van Jesus vry van alle siektes skoon te was, Vader en Hom van al sy seer en siektes te bevry. Vader gebed is sterk en ek glo dat U Fredi sal genees, soos U reeds voorheen gedoen het. Laat U Wil geskied God my Vader. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus, U Seun. Dankie my Hemelse Vader vir U liefde en U wonderlike genade elke dag. Amen!! “Fredi, ons bid en glo dat jy genees sal word van jou siekte. Net moed hou en aanhou glo. God seën jou en gesin”

Samantha ·

Almal se smaak van musiek verskil, en as jy nie van Fredi hou of sy musiek of die video nie, moenie daarna kyk of luister nie, en luister eerder na jou soort musiek. Sy sang is sy loopbaan en sy brood en botter, en die Here het hom daardie gawe gegee nie jy as mens nie. As jou lewe skoon is sonder foute , volmaak is, dan kan jy klippe gooi. Hou jou mening vir jouself. Dis nie nou die tyd om nydig teenoor hom te wees nie.
Fredi daar is baie aanhangers wat van jou sang hou , moenie dat mense wat van ander soort musiek hou as joune jou onder kry nie. Gaan aan met jou sang want dit kom van God af en nie van die mens af nie. Elke mens se smaak verskil.
Ek bid vir jou n voorspoedige genesing toe, en dat jou gawe wat ons Vader vir jou gegee het verder kan uit leef, en jou aanhangers weer kan gelukkig maak met jou sang. Die Here gaan jou deur dra en jou familie, vir Onse Pappa is daar niks onmoontlik nie. God Bless en als van die beste.

CIELIE BRAND ·

Freddie ons vra dat liewe Jesus jou kan genees en dat jy net sterker en sterker kan groei in sy wonderwerke. En jou n desipel van hom kan maak want ons hou almal van jou musiek en voorkoms. Sterkte vir jou en jou familie

Cindy Balanco ·

Freddi, mag die Here jou seen met volkome herstel en mag jy tot in die diepte van jou siel daarna getuig en met volle hart en bors daaroor sing. Be blessed.

ANTI-NEPTUNUS ·

Hallo Neptunus, my naam is ANTI-NEPTUNUS, want met mense soos jy wil ek eindelik niks tedoen hê nie. Ek wil egter net een ding by jou weet…. Jy het seker geen familie nie, nie ouers nie, nie kinders nie en seker ook nie ‘n vrou nie, want indien jy het, wil ek weet of jy ook sulke negatiewe kommentaar oor hulle sou rondslinger indien hulle so siek soos Freddie was….. Ai, mense soos jy is ‘n tipiese voorbeeld van ‘n pateet, want ja soos wat Maggie sê, terwyl Freddie gesond en op die been was, was jou mond stil, maar nou kom daar niks behalwe snert uit jou mond uit nie. Freddie jou musiek is en sal altyd puik bly. Dit is ‘n Godgegewe gawe, iets wat sommige mense gladnie het nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.