Sanger in kapingsdrama

Vusi Nova. Foto via Facebook

ʼn Suid-Afrikaanse sanger is Vrydagoggend glo buite sy huis in Melville in Johannesburg gekaap en ontvoer.

Die Afropop-musikant, Vusi Nova, en nog ʼn persoon is in die vroeë oggendure na bewering deur vier verdagtes ontvoer wat in ʼn VW Polo op hulle toegeslaan het.

Nova is later vrygelaat en in sy onderklere in ʼn park in Soweto-omgewing gevind. Die ander persoon is ongedeerd in die Riverlea-omgewing gevind.

Delphine Klassen, ʼn woordvoerder van Nova se platemaatskappy, Muthaland Entertainment, het gesê Nova is duidelik getraumatiseerd en nie in staat om met die media te praat nie.

Die Brixton-polisie het bevestig ʼn kapingsaak is aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jean ·

Ons bly mos sê misdaad in SA moet aangespreek word, maar solank dit net op ‘boere’ van toepassing, ignoreer die staat en die polisie dit mos. Nerens lui ‘n klokkie dat dieselfde persone wat vandag ‘n boer aanval, jou more kan beroof nie. Solank die regering apaties staan teenoor misdaad teenoor mense (alhoewel die grondwet hulle dwing om na die veiligheid van hulle burgers en die se eiendom om te sien) gaan misdaad floreer. Dit is eers as dit nader aan hulle kom dat hulle dit ernstig gaan opneem. Ek is bly die jong man is ongedeerd gevind, dit kon soveel erger gewees het.

not in wonderland ·

‘m Baie bekende sanger wat die verkeerde motor besit, as dit sy motor was. Niemand word ontsien nie. Ek het ook nie geweet van hom nie.

Rikku ·

Ella as jy uitvind wie Vusi Nova is, laat weet my ook maar.
Nog nooit van hom gehoor nie.

Bekende sanger ·

Net omday JULLE hom nie ken nie, beteken nie hy is NIE bekend nie…
Sy aanhangers weet dalk nie wie is Karlien van Jaarsveld of Kurt Darren nie….

jack daniel ·

Wees so gaaf en laat ons tog weet wie en wat die ou nou regtig is? Glo nie regtig die berig is simpatiek waardig van my af nie.

Afrikaanse Knaap ·

Ek voel werklik jammer vir die man. Ek hoop hy kan weer hoop vind en in die samelewig glo met die tyd saam.
Ek hoop ook Fikile kom oor alles wat ons landsburgers op ‘n daaglikse basis moet deurmaak.

Spyker ·

Mooi gese “bekende sanger”.sommige mense glo dit is net hul eie mense wat bekend kan wees.sterkte aan die man!!!

AL ·

Ek glo dat hoe welvarender die meerderheidsgroep word, hoe meer sal hul ook misdaadslagoffers word.
Misdaad ontsien niemand nie – selfs die arm mense word beroof van hul selfoon, loopskoene en paar rand.
Die minister moet daadwerklik optree – kriminele vrees niemand nie.

Gertjie Deysel ·

Wie de hel gee om ?
Oor sommige van die moorde en baie erger misdade word baie minder klem op gelê.
Wonder of Vusi nie dalk ANC gestem het nie. Indien wel, het hy mos gestem vir die wettelose regering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.