Die sanger Etienne Steyn wil glo ʼn “wengees opbou wat die Springbokke kan dra” ná die span se onlangse nederlaag teen Ierland deur ʼn liedjie, wat hy eintlik vir die Wêreldbeker volgende jaar geskryf het, nou verniet beskikbaar te stel.
“Nadat almal die Springbokke so ondersteun het toe hulle met die All Blacks afgereken het, was dit regtig neerdrukkend om te ervaar hoe baie mense hulle nou weer afskryf ná die verloor teen Ierland,” het Steyn Vrydag gesê. “Ek voel ons moet met die oog op die Wêreldbeker bankvas agter die Bokke inval, ook in moeilike tye. Ek doen ʼn beroep op Bok-ondersteuners om die manne in Groen en Goud te ondersteun op hul huidige Europese toer.”
Volgens Steyn het hy die liedjie, Groen en Goud, geskryf sodat dit net voor die Wêreldbeker uitgereik kan word, maar het nou besluit om dit nou gratis en sonder enige voorwaardes elektronies beskikbaar te stel. “Ek gee die liedjie sodat dit gespeel kan word by die braaivure en in die kuierplekke sodat ons ʼn wengees kan opbou wat die Bokke dra.”
Enige persoon kan dit verniet aflaai: http://www.tunecore.com/widgets/show/76175.
Haha, ek wil ook graag vir die bokke iets “verniet” beskikbaar stel… met al die reklame daarby.
Ek nog nie die liedjie gehoor nie en ek ken hom ook nie. So ja dis goeie reklame vir hom
So what Ruan – enige sanger maak reklame vir hul werk wat is nou verkeerd hiermee? Sarcasm is the lowest form of whit.
Oeps, typo – met wees “Sarcasm is the lowest form of WIT.”
Ek hou van sy hare and sny snare
Etienne is n uitstekende kunstenaar. Laurika Rauch sing ook van sy liedjies. Sy musiek is lekker saamsing musiek wat sin maak. Sy liedjies word gereeld op RSG gehoor en ek het n hele paar gunstelinge want dis onmoontlik om net 1 te he. Ek het die liedjie afgelaai en hy is vinnig besig om een van my gunstelinge te word. Duisend dankies Etienne.
Lekker saamsing/dans liedjie. Mooi so!