Sanger se broer in hospitaal na tref-en-trap

Die motor is teen die boom vasgeslinger (Foto: Facebook)

Die motor is teen die boom vasgeslinger (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse sanger Ricky Faber se broer, Adriaan, is Sondagoggend vroeg na die hospitaal gehaas nadat hy in ʼn tref-en-trap ongeluk betrokke was.

Freda, Faber se ma, het aan Maroela Media vertel Faber het Saterdagaand net voor middernag saam met ʼn groep vriende en hul ouers na die vuurwerke in Naboomspruit, Limpopo, gaan kyk.

Faber, wat met sy eie motor gery het, was omstreeks 02:00 Sondagoggend ná die vuurwerke op pad terug na die vriende se huis toe die voorval plaasgevind het.

“Toe hy op pad huis toe by ʼn stopstraat wegtrek, het ʼn motor oor die stopstraat in hom vasgejaag. Sy motor is etlike meters verder teen ʼn boom vasgeslinger en het om die boom gebuig,” het Freda gesê.

Faber in die hospitaal (Foto: Facebook)

Faber in die hospitaal (Foto: Facebook)

Die ander motor het weggejaag.

Sy sê paramedici het langer as ʼn uur gespook om hom uit die wrak te sny. Hy is kort daarna na die Voortrekker Hospitaal op Potgietersrus, ʼn staatshospitaal, gehaas.

Volgens Freda moes hy byna twee ure wag voordat hy opgeneem is. “My dogter het daarheen gejaag en het binne ʼn uur en ʼn half by die hospitaal aangekom. Hy is in daardie tyd nog nie opgeneem of ondersoek nie en het al geruk van die kouekoors. Daar is eers na ‘n bohaai behoorlike aandag aan hom gegee.”

Adriaan het sy bekken gebreek en ander geringe beserings opgedoen. “As mens sien hoe sy motor lyk, is dit skrikwekkend dat hy lewendig daar uitgekom het. Dit was beslis nie sy tyd nie.”

Die polisie is nou op soek na die ander motor wat weggejaag het. Freda sê ook die gesin beplan om hom binnekort uit die staatshospitaal te laat ontslaan.

Indien jy enige inligting het, kan jy haar kontak deur ʼn e-pos te stuur aan [email protected].

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Karen van Zyl ·

Ek is ook nou heeltemal deurmekaar, dit was nie ‘n tref en trap in die sin van
hoe ons dit ken nie maar wel ‘n tref en wegjaag (trap) van die ongeluks gebied af ja.

Jaco Breytenbach ·

Hoop hy herstel gou.
“Tref en trap” beteken iets anders: ‘n voetganger raakgery

Landi Slatter ·

Dagsê Jaco

Dankie vir jou terugvoer. Volgens die sesde weergawe van die HAT is ‘n tref-en-trap-ongeluk ‘n ‘ongeluk waarby een van die betrokkenes van ‘n botsing wegjaag sonder om hulp te verleen aan beseerdes en sonder om die ongeluk by die polisie aan te meld’. Dus was hierdie ‘n tref-en-trap-ongeluk.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Magda ·

Tref en trap is ook ‘n nuwe een vir my wanneer iemand alleen in ‘n voertuig was. Ek was baie jare by die SAPD betrokke en nog NOOIT van so iets gehoor nie. Net wanneer 1 persoon per voet is en dan raak gery word deur ‘n voertuig is of motorfiets is dit ‘n tref en trap.

marietjie ·

Genade maar dit lyk maar vuil en verwaarloos in daai hospitaal.

charlene ·

WOw Marietjie, ek is baie bly jy is van die wit mense wat nog `n damm goeie medies kan bekostig. Ashlee jy ook ek is regtig dankbaar daaroor.
Maar dis duidelik agv julle goeie mense hart dat julle daar is nie – dis duidelik.
Adriaan – ek moet sê ons is bly jy kan lag vir `n foto, dis `n goeie teken. Ek wens jou `n spoedige herstel toe en ek hoop hulle vang die vent wat jou gestamp het. Stekte en wees sterk en positief!

Freda Faber ·

Dit lyk nie net sleg nie, dis nag daar. En as jy in ‘n staatshospitaal beland en blank is dink hulle jy is staatseiendom en sukkel jy om daardie persoon uit daardie hospitaal te kry. Dis vuil, ongeorganiseerd, ongeskik en GEEN diens.

Karen van Zyl ·

Ek neem aan maar mag verkeerd wees, dit is ‘n staats hospital?

brenda ·

dis hoe staatshospitale lyk deesdae….eks n patiënt ek weet want ek kan nie medies bekostig nie. Pateties; genugtig daai kar lyk terrible!!

Hendrik ·

ons is dankbaar dat die man leef. Die president het tyd gelede alles wat sleg is op Jan v Riebeeck gepak maar sy hospitale dateer steeds uit daardie tyd.

Positief ·

Een ding wat ek nie kan verstaan nie, vir luukshede is daar geld maar nie vir mediese fondse nie. In so ‘n geval moet jy glad nie kla as jou behandeling by ‘n hospitaal vertraag word nie.

Ano ·

Heng Positief – jy sit lekker en oordeel ne? Daar is RERIG mense wat geen luukshede het nie. Ek wens ek kon ‘n medies bekostig! Daarom mag ek nie vra vir menslikheid en hulp as ek seergekry het nie? Nee heng ou/vrou, hou asb op om ander mense te oordeel.

Positief 2 ·

Goeie dag Ano.
Ek stem volkome saam met Positief.
Ek is ‘n enkel ouer wat R10500 per maand betaal word.
Maar ek betaal elke maand my en my kind se medies wat my R3600.00 per maand uit die sak jaag.
Ek gee my ‘luukshede’ op en sorg so dat my kind medies het en ek kan jou belowe nie ek of my kind ly honger nie – Die Here het nog altyd (soos in die Bybel belowe) voorsien!
Waar daar ‘n wil is is daar ‘n weg!

Freda Faber ·

Positief, as jy nie die omstandighede ken nie, moenie kommetaar lewer nie. Hy ken nie luukshede nie. Hierdie was sy eerste kar nadat hy ‘n vaste goeie werk gekry het. En hy is besig met hospitaalplan. Nog net nie alles agtermekaar nie. Almal lewe nie net van luukshede nie.

Madri ·

Askuus my mevrou maar dis my boetie wat in daai on geluk was en as jy Al so iets beleef het of iemand Al baie amper verloor het Verkies ek jy bly eder still… As jy wil weet hoe kom hy nie n medies het nie kan J my gerus kontak ek sal met Liefde vir Jou verduidelik… Ek hoop maar jy kom Nooit in so posisie nie…

Genoeg ·

Kan mens dit ook ‘n tref en voetsêk ongeluk noem? Adriaan, jongeman, jy moet nooit ophou om vir Jesus dankie te sê omdat Hy vir jou so lief is nie. Sterkte ek ek bid dat jy spoedig en volkome sal herstel.

Freda Faber ·

Genoeg, baie dankie. Ons dank die Here van sy ongeluk af dat my kind lewe. Volgens die kar moes hy die nie gemaak het nie. Net God het sy lewe daar gered. Ek prys die Here daarvoor.

Positief ·

Ek oordeel geensins nie en het begrip vir die mense in ons land. Ek is ‘n enkel ouer vandat my kinders 5 en 3 jaar oud was, moes die mas alleen opkom. Ek het ook geen luukshede gehad nie en my motors was stokoud MAAR ek het eerste gesorg vir ‘n dak oor ons koppe, kos op die tafel, medies en goeie versekering.

Kyk maar op die paaie, bitter min ou model motors, dan wonder ek net of hierdie mense vir die ander belangrike dinge ook gesorg het.

Drywer ·

Dis nie ons skuld jy ry n skodonk of so nie, kry n lewe of beter voertuie dan kan jou kinders ook beskerm word in n ongeluk… daar is omstandighede waar mense jong mense sulke voertuie kan bekostig . Kry gerus n lewe en kyk of jou hande skoon is voor jy point na ander

oumie ·

Positief 2 ek stem so saam jou as dit n ou vervlenterde kar was sou ek sê shame hy kon nie medies bekostig nie maar regtig die dag toe hy n kar koop met sy eerste werk moes hy al n hospitaalplan gereed gehad het jammer as ek ongevoelig is maar dit is die real life daar buite baie bly hy leef

My opinie ·

Hoekom moet n mens 1&1/2 uur wag om gehelp te word by hospitaal in Desember is n persoon dood wat n asma aanval gekry het, in sy nood het sy vrou hul mediese fonds kaart bd huis vergeet en sy moes eers huis toe gaan om dit te kry. Hulle het nie eers die persoon gestabiliseer nie. Toe sy vrou terug kom bd hospitaal het hy in koma verval. Hy is n week later begrawe nou sit n kleuter en n tiener sonder n Pa. Wat is daai eed wat dokters afle? Klink eerder na n klomp hipokrate – geld praat nie lewens nie.

Freda Faber ·

Dit het lank terug gebeur. Daar bestaan nie meer so iets nie. As jy nie honderde rande kan neersit nie, help geen dokter jou nie. En nog minder in hierdie Nuwe opgeneukte SA van ons se hospitale.

Ben Prinsloo ·

Ek kan maar net sê dat die Voortrekker Hospitaal was op sy dae 1 van die bestes in die land. Wat n skande om hom nou so te sien. Sterkte aan die jong man.

Verlange ·

Hoe verlang ek terug na my kinderjare. Ek herken daardie klapperhaarmatras en ek wed julle dis ook ‘n hoepelbed.

Hond ·

Ek wil ook nie kritiseer of iets nie en baie bly hy is ok , MAAR vir die van julle wat sê hy kan nie medies bekostig nie……daai is ‘n redelike duur motor en as jy DIT kan bekostig kan jy DEFNITIEF ‘n hospitaal plan bekostig….nie altyd nodig vir medies nie

Paul ·

Daardie is ‘n tweedegenerasie Ford Focus “facelift”, wat van 2008 tot 2010 vervaardig is. Dit is dus minstens ‘n ses jaar oue kar, dalk selfs agt jaar oud. Dis nie ‘n “fênsie” weergawe nie. Die karre se prys is tans sowat R70 000 tot R120 000, afhangend van jaar, kilos, spesifikasies en toestand. Maandelikse paaiement sal iets soos R1400 tot R3400 wees.

Freda Faber ·

Hond, dit was sy eerste motor. Hy is 21. En ‘n tweedehandse voertuig. Na al sy ma se gepreek was hy besig met hospitaalplan. Niemand het voorsien dat hy nou in ‘n ongeluk sou wees nie. Sy karretjie was sy trots en het hy mooi na hom gekyk. Soos ek se, jong mense stel belangrike goed uit tot dit amper te laat is.

Karen van Zyl ·

“Hond” het jy geweet dat ‘n ordentlike hospitaal plan al +R2 000.00 kos? jy kan enige hospitaal plan hê maar dit hang af van watter soort jy het en met watter “voorwaardes” wat vir elk geld en volgens daai voorwaardes word mens behandel of nie behandel (tensy die kontant voor gesit word). Dan is daar die “gap cover” wat vir sulke omstandighede voorsiening maak wat oor die R500.00 is en dit maak nie 100% voorsiening nie, glo my ek weet, ek was in September in ‘n privaat hospitaal.

Paul ·

‘n Vraag… Indien die gebeure verloop het soos vertel, waar het die motor wat oor die stopstraat gejaag het, die Ford getref?
Daar is bitter min skade aan die linkerkant van die motor, so hoe kon die ander motor genoeg impak maak om die Ford so hard teen ‘n boom vas te slinger? Volgens die berig het die Ford net weggetrek, so dit kon nog geen momentum gehad het nie.

Dalk teen die regterkant getref, wat dit laat tol het en toe ook aan die regterkant die boom getref? Onwaarskynlik. Dalk links agter? Dis al deel van die kar waar daar nie ‘n foto van is nie.

Freda Faber ·

Paul volgens die inligting wat ek ontvang het het die voertuig my seun se kar aan die kant geskuur. Merke en verf is sigbaar. En is hy teen die boom gegooi.

Madri ·

Paul Daar is net n stop in die dorp vir die linker kant soos hy Gery het ek neem aan J was nognie in na boom nie… Ry soontoe en gaan kyk Dan sal J sien wat presies kon gebeur het dalk het jy jou beroep gemis

Paul ·

Madri, dan is dit ‘n geval van onduidelike beriggewing, aangesien die berig die indruk skep dat dit ‘n vierrigting of minstens ‘n T-aansluiting met ‘n stop aan drie kante moes wees, want andersins sou dit nie moontlik wees dat hy kon wegtrek en dan ry iemand anders oor ‘n ander stopstraat en stamp sy kar sydelings so hard teen ‘n boom nie.
Dis nou buiten indien die motor van agter af oor dieselfde stopstraat gejaag het en die Ford sydelings van agter getref het, maar soos ek vroeër gesê het, mens kan nie die agterkant van die motor op die foto’s sien nie, so daardie moontlikheid is steeds oop.

POPO ·

Daai klink vir my na n wolhaarstorie. Geen manier dat n ander voertuig n amper stilstaande voertuig so in n boom kan vasslinger nie. Hy moes eerder gese het dat hy vir n hond uitgeswaai het.

Freda Faber ·

Oulik POPO. Dat die hond sulke merke op die kar los. Hoekom comment julle onder vals name. Skryf jul eie naam daar man.

Madri ·

Askuus my mevrou maar dis my boetie wat in daai on geluk was en as jy Al so iets beleef het of iemand Al baie amper verloor het Verkies ek jy bly eder still… As jy wil weet hoe kom hy nie n medies het nie kan J my gerus kontak ek sal met Liefde vir Jou verduidelik… Ek hoop maar jy kom Nooit in so posisie nie…

Positief ·

Drywer, ek het nooit ‘n skedonk gery nie en het lewe. Ek dank die Vader vandag dat ek nooit ‘n roekelose bestuurder was nie en sodoende my kinders blootgestel in ongelukke nie.

Dit was alles die moeite werd, my kinders is heel, gesond en gelukkig getroud met ‘n goeie agtergrond en ek pluk die vrugte daarvan. Vandag ry ek ook een van die beste en nuutste motors, sonder skuld en my versekering en medies is nog nommer een op my lys.

S ·

Sjoe ons is in n Nuwejaar en mense hou nie op om te oordeel nie. Bid liewers i die man herstel en sterkte toe as om net foute te soek en te oordeel. Wys net ons mense kan netnie die son oor n ander sien skyn ook nie. Hou op oordeel mense!, vat hande en bid vir ons land en sy mense …. ons het dit baie meer nodig.

Christine V ·

S, ek stem. Van wanneer af is dit aanvaarbaar om ander so aan te val en te veroordeel? Hoog heiliges vergeet heeltemal dat die oordeel hulle nie toekom nie. Is bitterheid al wat mense nog het om te bied?

Tiger ·

Ek en my man beskou ‘n hospitaal plan as ‘n MOET.Dit hou mens ten minste uit die staats hospitale uit!Ons hospitaal plan het my 4 maande in 2 privaat hospitale waarvan 6 weke in ICU was gedek na ons ongeluk.Net hospitaal kostes was R720,000.Ons nuwe voertuig is al 16 jaar oud maar ons skuld niks op hom nie en hy is betroubaar.Dis lekker om ‘n nuwe voertuig te ry maar dit kos mens op ‘n ander manier tensy jy wel af is natuurlik.

Claudene ·

Ano ek stem saam jou. Ons is pensioenarisse en kan nie mediese fonds of luukshede bekostig nie!!Ek bid net elke dag dat nie my man of ek siek moet word om in n staats hosp opgeneem te word nie want jy le net daar en wag om dood te gaan!!!!Pateties verby!!!!

san ·

Ja nee regtig. Die mense wat so oordeel. Hy het hulp gekry en hy glimlag van tevredenheid. die toerusting lyk bietjie oud maar geen teken van vuilheid . die laken gly op daardie beddens sodra jy jouself opskuif. maar niemand van ons weet in watter omstandighede hy hom bevind. so hou op kritiseer oor hy in n Staats Hospital le.

Freda Faber ·

Ons is steeds nie seker watse ander beserings my kind opgedoen het nie. Vanaf sy opname en plate was daar geen “dokter” by hom nie. Hy het baie pyn al lag hy op die foto. Hul spuit hom in vir pyn maar ons is steeds bekommerd omdat hy moontlik ‘n senuwee kon beskadig het. Hy was vasgekeer in die voertuig en ongeag wat is ek so baie dankbaar my kind het lewendig uit die voertuig gekom. Jong mense dink meestal daar is baie tyd vir alles. Maar hul leer maar op die harde manier. Ek het my kinders ook alleen grootgemaak. Moeilik maar dankbaar vir wat hul vandag is. Ongelukke gebeur so vinnig en kan met enige een gebeur. Jonk of oud. Dankie vir die wat goeie wense gee. Die ander, ag, ek vat jul kommentaar met ‘n knippie sout. God bly altyd in beheer. Ongelukkig net nie altyd oor ons monde nie.

OokJonkookdom ·

Ekt ook daai fout gemaak. Ons huis is beroof en eks 4 keer geskiet. Ekt medies gehad maar die laagste opsie. R120 000 skade nie gedek deur die fonds. Lewensversekering is ook n ding wat uitgestel word. Daar was my tweede fout. Het n oproep gehad vir dekking en wou nie moeite doen met n eft. Toe laat ek hulle die dekking maand einde begin… 2 dae na die oproep is ek geskiet

Rosie ·

Freda, ek wil net vir jou sê, moenie jou aan ander mense se kleinheid steur nie, moenie dat hulle jou onstel nie, dis nie dit werd nie. Ek dank Die Vader saam met jou dat jou kind lewe, dit kon so anders gewees het. Mag Hy met julle wees, altyd, mag mag jou seun spoedig herstel. Julle is in my gebede.

Freda Faber ·

Baie dankie Rosie. Ek vat dit in elk geval met ‘n knippie sout. Mense kan maar net oordeel al weet hul nie wat het gebeur nie. Hul kan gerus Sers v d Merwe op Naboom kontak en dan presies hoor wat gebeur het. Maar ek lag vir hulle want hul was sekerlik nog nie in die posisie nie. En God het my kind vir my gespaar.

Caroline Smit ·

Hoekom mense altyd n vieslike eier moet le oor iets wat niks te doen het met hul nie sal ek nooit verstaan nie. my ma het my altyd geleer as jy nie iets goed te se het nie bly eerder stil. en aan tannie Freda sterkte aan tannie hul hy sal gesond word geen pyn of enige iets is te groot vir ons God nie ons bly bid vir Adriaan asook vir die familie in die moeilike tyd.

Jef ·

Mevr. Faber, ek wens u en u kind heel veel sterkte toe en ek hoop u seun herstel gou

Rln ·

Die van julle wat so aanvallig is oor die mediese fonds. Toe julle 21 jaar oud was veral die mans wat was julle prioriteit toe julle begin werk het? Defnitief nie medies nie maar ek is seker n kar. Op daardie ouderdom is medies laaste op die lys, want jy is jonk en glo jy sal nie siek word nie, verder glo jy, jy is die beste bestuurder en sal nie n ongeluk maak nie..

carel ·

Om van stilstaan af so te versnel om n motor so te beskdig moes n groot impak gewees het waar is die merke/skade waar die 3de party die motor getref het? Dit maak nie sin nie?

Kobus ·

My vraag is Carel sonder om ongevoelig te wees…as sy motor so erg beskadig is,hoe kon die ander motor wat hom getref het,wegjaag as die ook aanvanklik n wrak moes wees ….daardie motor se verkoeler,waaier en waaierband sou nie kon werk…indien nie nog erger skade aan engine…want inpak moes geweldig gewees het

Freda Faber ·

Carel en Kobus, doen julself ‘n gunsie en bel sers v d Merwe. Die motor het teen my kind se kar op die kant geskuur. Nie van voor af nie. Maar julle sal nie verstaan nie. Gaan kuier liewer in ‘n kroeg en praat praatjies daar.

Hannelize ·

Ek het self so twee en ‘n half jaar gelede ‘n bekkenbeen fraktuur opgedoen in ‘n motor ongeluk en daar was ook net aan een kant van die kar teken van ‘n ongeluk. My been het vasgesit tussen die seat en die ratkas, en die impak toe ek in daardie posisie die sypaadjie getref het het twee frakture veroorsaak. En ek het ook nie medies gehad nie, was 23 jaar oud en gedink ek het dit nie nodig nie. Dit is eers na so ongeluk wat mens die geld maar begin skraap oral waar jy kan om medies te kry.
7 weke van stil le wag vir hom en al wat ek kan se is sterkte; dit is glad nie lekker nie! Maar hou vas aan die gedagte dat dit soveel erger kon wees! Gebed, baie boeke en flieks is al wat nou gaan help :) :)

Koos ·

Baie mooi Hendrik!!! Wat verwag jy in n 3de wereld land!!!hahaha

Genoeg ·

Ek laat sak my hoof in skaamte en kan net vir al die negatiewe kommentators bid vir insig. Sommiges roem daarop dat hulle nog nooit in ongelukke betrokke was nie. Ou maat dit is slegs GENADE en nie omdat jy so ‘n voortreflike bestuurder is nie. So gee die eer aan Hom wat jou tot dusver veilig laat reis het. Julle wat so wonder oor die moontlikheid van die 2de voertuig, bel die betrokke Polisie stasie en vergewis julle ao van die feite. Freda, sterkte vir julle en dra my goeie wense aan Adriaan oor en sê dit kom van Elize uit Namibië. Ons bly bid vir hom en weet dat Jesus hom volkome sal genees.

carel ·

Ek kyk na die fotos by die berig en aangsien ek geen skade op ander kante van die motor sien nie bevraagteken ek die gebeure, maak dit nou n slegte mens van my omdat ek die deel van die berig bevraagteken? Kom gee jy dan vir ons n verduideliking? Hoekom moet ek stilbly oor jets wat my opval en wat nie logies lyk nie?

Freda Faber ·

Jy hoef nie van hom te gehoor het nie Deon. Ek sien daagliks sangers op tv waarvan ek nog nooit gehoor het nie.

Tersia ·

Sjoe gelukkig veroordeel niemand die mense hier in die kommentaar nie. Darem is die gebruik van die korrekte afrikaanse term ook nie iets waaroor mense kla nie. Dis ‘n riem onder die hart om te sien dat almal die outjie net die beste toewens.

Ai toggie ·

Deon, as jy nog nooit van Ricky Faber gehoor het nie so be it. Hy sing Kaalvoet in die Reën wat sekerlik sy bekendste liedjie is.
Net soos jy nog nooit van hom gehoor het nie, net so het ek ook nog nooit van 100e sangers gehoor of geweet nie.
Dis dan jou probleem en ook myne omdat ons nie alle sangers ken of gehoor het. Adriaan spoedige beterskap en LUISTER na jou Ma!!!

Kobus ·

Carel…as jy dalk my kommentaar verkeerd verstaan het….die moontlikheid wat jy opper stem ek met jou 100% saam….ek wil ook graag weet hoe die ander voertuig kon wegjaag na n moewiese inpak en die ander motor is teen boom vasgedruk

carel ·

Kobus sien sien ek het op “Genoeg” se komentaar geandwoord….

Scalla ·

Waar pas die sanger in die berig, weer van hom hoor sal dit die 2 De keer wees

Freda Faber ·

Ai die kommetaar is lagwekkend. So baie dankie vir die wat mooi wense gestuur het. Vir die met hul kroegpraatjies, sterkte vir julle. Jul vrouens gaan jul met die koekroller bykom vannaand. Ons oppad met Adriaan na Midstream Kliniek waar ‘n behoorlike dokter hom kan sien en behoorlike plate geneem kan word. Voortrekker wou nie die plate gee nie. “Its hospital property”.

Kobus ·

Freda…sterkte vir jou seun en mag hy ten volle herstel….maar noudat jyself die berriggewing van Maroela weerle deur te beweer dat die ander voertuig net teen jou kind se kar ” geskuur” het….maak dinge nog meer gekompliseerd….skuur kan nie daardie inpak veroorsaak dat sy motor verder om n boom verfrommel raak soos berrig oorspronklik uitwys…ek is nie n kroegvlieg soos jy die bewering maak….n geheelonderhouer….maar het tog n bietjie verstand wat die Vader my gegee het….en sal my dus nie as onnosel beskryf

Gert ·

dit is onmoontlik dat `n motor “”die ander een”” kan wegjaag na so `n ongeluk asb ons is nie onnosel nie

Anika ·

Simpatie moet nie verwar word
met die aandag wat uit die situasie geput word nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.