Sanger se broer in Oos-Kaap doodgeskiet

Zahara. Foto: Tumblr

Zahara. Foto: Tumblr

Die polisie in Oos-Londen is op soek na drie mans wat ʼn Suid-Afrikaanse sanger se broer en sy vriend Sondag doodgeskiet het, berig AlgoaFM.

Lt.kol. Mtati Tana, woordvoerder van die polisie, het aan die uitsaaier gesê die mans, wat glo ʼn grys Volkswagen Polo bestuur het, het die sanger, Zahara, se broer en vriend in die Needs Camp informele nedersetting geskiet. “Daar word vermoed dat die verdagtes van Mdantsane se kant af gekom het,” het Tana gesê.

Volgens Tana vermoed die polisie dat nog mense geskiet is, aangesien daar ʼn bloedspoor op die toneel is. Die polisie vermoed ook dat die gewapende verdagtes die twee slagoffers sonder geweld uit hul huis geneem en later geskiet het. Daar was nie ʼn teken van ʼn rooftog nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Bron: AlgoaFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.