Sanger se pa oorlede

David Fourie en sy gesin. Foto: Facebook via David Fourie

David Fourie en sy gesin. Foto: Facebook via David Fourie

Die sanger David Fourie se pa is Maandag oorlede. Fourie het dié aankondiging vanoggend in ʼn hartroerende Facebook-plasing gemaak.

“God het my hero kom haal. Pa, ek is wat ek is as gevolg van jou. Dankie dat ek weet wat liefde is en wat dit is om om te gee,” het hy op Facebook geskryf.

Die sanger het aan Maroela Media vertel sy pa het vir ʼn geskeduleerde operasie gegaan toe hy skielik dood is. “Hy was in die hospitaal en sou geopereer word om ʼn aneurisme te verwyder,” het Fourie gesê. “Daar was egter komplikasies en hy het dit nie gemaak nie.”

Fourie sê sy hele familie is verpletter. “Dit voel of ek na ʼn fliek kyk, asof dit nie werklik met my gebeur het nie. Maar dan kom ek weer tot die besef daar is baie mense wat soveel seer ervaar en ek moet daar wees vir die familie.”

Hy sê hy is net dankbaar dat hy betyds van oorsee teruggekeer het om sy pa vir die laaste keer te sien. “Ek was besig met ʼn projek oorsee en is net bly dat ek hom weer kon sien en vir my familie daar kon wees. Dit is maar steeds baie erg.”

Die familie is tans besig met begrafnisreëlings. Fourie sê sy pa sal altyd sy held bly en die man wees wat vir hom die meeste geleer het. “Dankie vir elke oomblik wat ek saam met pa kon hê. Ek weet pa is nie weg nie en sal altyd na my kyk. Lief vir pa.”

Fourie het bekendheid verwerf as deelnemer aan die Suid-Afrikaanse Idols en vir liedjies soos “Jy soen soos ʼn engel” en “Kom hier na my toe”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan jou David en jou Familie, so trots wat jy op jou Pa was.. was hy net so trots op jou…. Ek is mal oor jou musiek…Mag jul hartseer vervul word met blydskap. Ja en Glo dit”’ jou Pa sal altyd na jou kyk…

Lena ·

Ek het jou ontmoet op my dogter se troue, saggeaard, nederig en respek. Ek het hom nie geken maar ek stem saam hy het jou ‘n goeie voorbeeld gestel en jy leef dit elke dag ten my inige simpatie en sterkte vir die pad vorentoe dit gaan soms maklik maar ander kere gaan jy wil huil ….. ondersteun jou moeder en wees dankbaar vir elke dag wat beide jou ouers in jou lewe was en koester die heringeringe, ek het my tweeling suster verloor in Februarie en mis haar elke dag en almal se dit word beter alles van beste met jou loopbaan en hou aan want jy maak ‘n verskil …… Lena

Anne-Marie van Niekerk ·

So jammer om te hoor!
Sterkte aan jou, my gunsteling sanger, en jou familie.

Elza ·

Wat ‘n mooiste getuienis oor ‘n PA
mag elke pa wat hierdie berig lees, en nog nie voorstap in sy gesin nie, ‘n besluit neem om PA te wees en Jesus uit te straal

Mooiste woorde David van ‘n” omgee PA” wat jy kon deel

Mariana ·

My diepe meegevoel vir jou en jou gesin in hierdie donker tyd. Mag ons Hemelse Vader julle vertroos en styf vashou.

neelsie ·

Sterkte aan die gesin.
Wat gaan jou nalatingskap wees, wat sal ander van jou kan se?
Dankie vir ouers wat n positiewe invloed op hul gesin het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.