Sanger se seun sterf in ongeluk

Basil de Coning. Foto: Facebook

Basil de Coning. Foto: Facebook

Medelye stroom steeds in vir die sanger Jacques de Coning en sy vrou Lynette, nadat hulle seun Basil (24), Vrydagaand in ʼn ongeluk in Port Elizabeth in die Oos-Kaap oorlede is.

Lydia Winchester, De Coning se publisiteitsbeampte, het aan Maroela Media gesê Jacques en Lynette was by hul restaurant Bushman’s Bar & Grill in Boesmansriviermond toe hulle die tyding gekry het. “Hulle is baie emosioneel. Dit is erger om ʼn kind te verloor as wat dit is om jou ouers te verloor,” het sy gesê.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het Vrydagaand omstreeks 20:30 naby die Life St. George’s-hospitaal in Parkweg, Port Elizabeth plaasgevind.

Basil het glo beheer oor die motor verloor voor dit ʼn boom getref het. Volgens Janse van Rensburg was nog ʼn motor vermoedelik by die ongeluk betrokke. Die twee motors het mekaar glo skrams getref voor Basil beheer verloor het. Janse van Rensburg het gesê daar is op die toneel beslag gelê op die ander motor en die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Talle bekendes en aanhangers van De Coning betoon hul medelye op Facebook en ander sosiale media vir die gesin. Winchester het gesê die begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

nicolette ·

Dis die seerste seer om n kind aan die dood af te staan.Ons bid dat die Heilige Gees julle sal vertroos.Sterkte met die pad vorentoe

Marlene ·

Ai so jammer vir die familie. Hulle het seker weer street racing gedoen. Hoop hulle kry die ander kar wat ook betrokke was.

Nico ·

Ek wonder of dit familie is van Basil de Coning wat in die jare 70 vir die Oostelike Provinsie haker gespeel het. Kan sy kleinseun wees?

MARGARET ·

Ons innige medelye. Mag GOD julle die krag gee om dit te kan verwerk. Rus in vrede in Jesus arms

Annette Erasmus ·

Daar is nie n groter seer,hartseer en leegte in n ouer se lewe as wanneer n kind deur die dood weggeneem word nie. Ons weet waarheen hulle gaan, maar die verlange,leegte en trane gaan
NOOIT weg nie. Dit is net GOD wat ouers deur hierdie moeilike tyd dra en daarna elke dag deur sy LIEFDE en genade dra! Baie sterkte aan hierdie ouers en familie.

Rene ·

One way and thats on your knees. God knows all and only He undertstands.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.