Sanger veg verbete teen kaper

Tobi Jooste by sy voertuig na die voorval. Sy hemp is geskeur in die struweling met die aanvaller. (Foto: Verskaf)

Tobi Jooste by sy voertuig na die voorval. Sy hemp is geskeur in die struweling met die aanvaller. (Foto: Verskaf)

Die sanger en skrywer Tobi Jooste het Maandagaand ʼn noue ontkoming gehad toe hy die slagoffer van ʼn mislukte kaping was.

Jooste het aan Maroela Media vertel hy was van sy huis in Northcliff op pad na ʼn vriend se huis in Fairlands in Johannesburg toe die voorval plaasgevind het.

“Ek het onlangs ʼn nuwe Range Rover gekoop. Die voertuig is maar ʼn paar maande oud. Ek was omstreeks 19:30 op pad na my vriend se huis in Fairlands toe ʼn splinternuwe wit Mercedes by die verkeersirkel om my gery het. Die Mercedes het skielik ʼn paar meter voor my tot stilstand gekom en ʼn gewapende man het aan die passasierskant uitgespring,” vertel hy.

“Die man het na my toe aangehardloop gekom. Daar het ʼn kalmte oor my gekom toe ek sien wat gaan gebeur. Ek hou altyd pepersproei in die kant van my motordeur, en toe die man aangehardloop kom, het ek sommer solank uit my motor geklim.”

Hy vertel hy het die aanvaller met die pepersproei gespuit. “Mens is veronderstel om net ʼn bietjie te spuit, maar ek het sommer die hele bottel leeggespuit. My oë het net so gebrand. Hy het die geweer in sy een hand vasgehou en met dieselfde hand sy oë gevryf. Toe hy afbuk van die pyn, het ek besluit: Vandag gaan ek veg.”

Tobi Jooste na die voorval. (Foto: Verskaf)

Tobi Jooste na die voorval. (Foto: Verskaf)

Volgens Jooste is dit toe dat hy die aanvaller met sy vuis begin bydam. “Die geweer was voor sy gesig, toe skop ek hom met my knie dat hy regop kom. Ek het hom begin slaan met die vuis terwyl die geweer nog voor sy gesig was.

“My hand het baie seergekry, want ek het heeltyd teen die geweer geslaan. Dit moes hom net so seergemaak het, want hy het uiteindelik agteroor geval en net daar bly lê. Daar was baie bloed.”

Jooste sê die bestuurder van die Mercedes het toe uitgespring om sy vriend te kom help. “Ek was bang dié man is ook gewapen en het in my kar geklim en om die Mercedes weggejaag in ʼn systraat in.

“Ek het gesukkel om te sien deur my oë wat so brand van die pepersproei, maar kon daarin slaag om my vriend in kennis te stel van die voorval. Nie lank daarna nie was die sekuriteitsmaatskappy en die polisie op die toneel.”

Volgens Jooste het die bestuurder van die Mercedes intussen sy vriend van die pad af opgetel en weggejaag. “Die polisie wou weet of ek ʼn saak wil maak, maar wat sal dit help? Nóg ek nóg my besittings het iets oorgekom. Ek sê vir hulle pleks jaag hulle agter die Mercedes aan.”

Jooste vertel hy is glad nie iemand wat hou van baklei nie. “My arme ma het so geskrik toe ek haar bel. Sy sê net sy weet nie waar daai vegtersgees vandaan gekom het nie, want ek het sedert my skooldae tot vandag nog nooit my hande vir iemand gelig nie. Iets in my het net gisteraand losgebreek. Dit was óf baklei óf die dood.”

Hy sê hy het eers vanoggend die bloedspatsels op sy motor gesien. “Dit was gisteraand so donker en ek wou net wegkom. Gelukkig gaan ek elke dag gym toe en die aanvaller was maar tingerig.”

Volgens Jooste is dit net sy hand wat beseer is tydens die voorval. “Ek gaan vandag die dokter spreek om seker te maak die snye en swelling word behandel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Andries Visagie ·

Welgedaan, maar na al die drama maak die man nie ‘n saak nie. Ai.

Stokkies ·

Daai spesifieke motor en verdagtes is al n geruime tyd in area besig en al die vorige slagoffers het sake gemaak wat tot niks gelei het nie, wat sal sy sakie nou n verskil maak? Die DNA wat in die bloed spatsels was?

ZAR ·

Mens moet te alle tye ‘n saak maak. Maak nie saak wat nie. Die ouens kan gevang word en jou saak sal nog ‘n bewys wees teen hom. Mense mense, beskerm jouself deur onmiddellik ‘n saak te maak, dis vir jou eie beswil. Veral as hy ‘n saak van aanranding teenoor jou maak. Verstaan julle hoe dinge teen jou gebruik kan word?

Anoniem ·

Tobi, Bid en sê dankie dat die Heilige Gees Jou beskerm het ! Die Heilige Gees gaan in die toekoms alle kapers blind maak met ‘pepperspray’ ! Tobi trots op JOU ????? (Dit is ‘n nuwe ‘BRAND’ teen ‘MISDAAD)

Lizelda ·

Wel gedaan Tobi. Wed julle die aanvaller het DIT nie verwag nie. Sterkte vorentoe want dit bly n erg traumatiese gebeurtenis.

Driesie ·

Hy het dit nie verwag nie dis goed so vir hom dit kom nou as jy mense klas.

Tina du Toit ·

Jy sal verbaas wees wat jy alles kan reg kry as jy kalm bly en God se teenwoordigheid voel. Wel gedaan, weet hy het nie verwag dat hy deur sy tjommie opgetel gaan word nie. Ek lag nou lekker oor daai tingerige dingetjie, maar dit kon baie anders gewees het. Is baie bly jy het daai pepperspray gebruik. Stertke vorentoe.

Lindie ·

Ek vermoed die verrassings element het heelwat met die feit te doen dat Tobi byna wondloos en Met sy lewe kon weg stap.
Dank die Vader daarvoor, dit kon anders gewees het.

Nettie ·

@Lindie – ek dink ook dit was ‘n kwessie van onverwagse reaksie van die ‘slagoffer’. Kyk, ons blankes – so reken die meeste swart aanvallers – is mos ‘n “soft target”. Ons is geleer om te alle te ordentlik te wees en nie oor te gaan tot geweld nie.

Toe Tobi nou die pepersproei aanwend en hom teen die vermeende kaper daarná verdedig, het dit ta onverhoeds betrap, want ons blankes is mos nie veronderstel om onsself te kan verdedig nie.

Mooi so, Tobi! Ek hoop jou hand is nie te erg beseer nie en dat jy gou weer sal kan optree. Sterkte!

Ai Tog@ ·

NATUURLIK moet jy is saak maak.
1. Indien daar nog voorvalle is en hul word in hegtenis geneem dan kan jy getuig en help seker maak dat hul toepaslik gestraf word.
2. Ons misdaad statistiek is totaal onakuraat en ongeloofwaardig weens insidente wat nie aangemelt en saaknommers voor uitgereik word nie.
3. Die rower kla jou nog 10@1 aan van aanranding en dan moet jy opdok vir sy mediese koste en ontbering.
4. Dalk sterf hy iewers aan sy beserings en jy word van moord aangekla. Geen saaknommer, geen bewys.
Mense moet begin dink en die regte ding doen!

Chris ·

Bravo Tobie die leuse is veg terug , ons is nie hulpeloos nie. Dit is die krimenineel of jy. Ek het hou ook n blikke pepper sproei in my kar se deurdeur.

AJ ·

Blondie
Kry ‘n klein pepersproei (so groot soos ‘n man se duim) by ‘n hardeware winkel. Hou die klein pepersproei aan jou sleutelhouer … sodat jy dit ALTYD (onopsigtelik) by jou het.

Vuurwapens en ander wapens is nutteloos omdat dit altyd buite bereik is tydens ‘n aanval.

Haan ·

Dalk is die eienaar van die wapen nutteloos omdat hy/sy nie die dissipline het om die wapen byderhand te hou nie…

Hoc est bellum ·

Wel gedaan! Veg terug as jy kan en waarmee jy kan. Dawid het nie na Goliat toe gestap met leë hande nie.

Andrea ·

Pragtige jongman, só bly jy lewe en dat jy teruggeveg het. Moet sê, dink daai bo-arms het die kaper dalk meer afgeskrik as die pepersproei. As meer mense kon terugveg in sulke situasies, sou minder van ons slagoffers gewees het.

anton ·

As mense peppersproei aanskaf, Probeer die ”Direct Stream” tipe kry.
Dit kan verder spuit en die kanse baie verminder dat dit in jou eie oë beland.

anton ·

En ek glo dit was n pistool of Rewolwer (Handwapen) wat die kaper gehad het en nie n geweer nie.
Net ter inligting.

Stella Barnard ·

MOOI SO TOBIE. Welgedaan..in di gangstersparadise is dit jy if di moordenaars.

Fielies ·

Die geweer in die geval het my aan die wonder, is dit n jag geweer, hael geweer of aanvals geweer? Was dit nie dalk eerder n handwapen soos n pistool of rewolwer nie?

Bosveldknaap ·

Knap gedaan wees maar net versigtig dat hulle nie wraak sal pleeg nie hulle hou mense lankak dop hulle weet dalk waar jy bly so wees maar versigtig. Nog steeds goeie werk

Gesiggie ·

That’s the way to do it… well Done Tobi… so bly jy het darem nie erg seer gekry?? nou die probleem… hul sal seker nou n saak teen jou oopmaak, hul het mons nie gekry wat hul wou”’ dit sal nou als jou skuld wees? n mens moet kan jouself verdedig indien dit moontlik is… dinge kon erger gewees het, wat as hul begin skiet het. Sterkte Tobie hoop jy sal gou herstel dit is altyd moeilik om deur so iets te gaan. Dankbaar jy is ok

Lana ·

Wel gedaan, Tobi!
Bly dat ons Liewe Vader jou bewaar het en alles gegee het wat nodig was om die skurke te verjaag.

AP ·

Dankbaar jy was nie geskiet nie, dit help nie om ‘n saak aan te meld nie in elk geval hou aan Gym!!!

Ouma ·

My kjind, jy moet eerder daardie blink mouter van jou verruil vir ‘n skedonkie. Daardie mooie mouters trek maklik die aandag van verkeerde mense. Maar ek is bly jy kon hom op sy herrie gee!

Driekie ·

Knap gedaan Tobi. Glo nie hy sal so dom wees om n saak teen jou te maak nie. . dit was uit en uit selfverdediging. ..n gewapende aanval teen n onbewapende persoon…. Dit was selfverdediging vir lewe of dood.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.