Sangeres, oud ANC-LP: ‘Sokkerbaas het my verkrag’

Jennifer Ferguson (Foto: Facebook)

Jennifer Ferguson, sangeres en voormalige ANC-LP wat tans in Swede woon, het Donderdag onthul dat ʼn voormalige sokkerbaas haar glo verkrag het.

Ferguson het dié bewerings Donderdagoggend in ʼn onderhoud met Talk Radio 702 gemaak. Sy het die naam van die voormalige sokkerbaas tydens dié onderhoud en in ʼn inskrywing op sosiale media genoem.

Die sangeres het die gesê die voorval het 24 jaar gelede in ʼn hotel in Port-Elizabeth plaasgevind.

Sy het dié inligting aan die lig gebring nadat sy haar stem by die #MeToo-veldtog gevoeg het. Dié internasionale veldtog is Sondag deur die Amerikaanse aktrise Alyssa Milano begin. Milano het ʼn inskrywing op sosiale media gemaak wat voorstel dat mense wat al ʼn slagoffer van seksuele teistering of -aanranding was, ʼn inskrywing met die woorde “me too” moet maak om bewusmaking van dié probleem en die omvang daarvan te bewerkstellig.

“Ek is waarskynlik nie die enigste vrou wat deur die man verkrag is nie. Ek is opreg jammer dat ek nie in staat was om dit aan te meld toe dit gebeur het nie en ek vra uit my hart om verskoning vir elke vrou of jong meisie wat onder dié man moes gely het as gevolg van my deelname in die sameswering van stilte [rondom dié kwessie],” het sy in ʼn blog-inskrywing laat hoor.

“Dit is nie my doel om die skuldige te ‘straf’ nie, maar om die waarheid aan die lig te bring, wat as gevolg van skaamte in die duister gebly het. Ek was nog altyd ʼn onverskrokke aktivis in die politieke sfeer. [Ek het] vir baie jare met kindermishandeling gewerk. Ek is só geseënd in my lewe, maar steeds is ek tot swye gedwing as gevolg van my skaamte. Ek het nie die innerlike krag gehad om dit openbaar te maak nie. Ek was persoonlik geïntimideer. Wat van die baie vroue, kinders en mense wat geen middele tot hul beskikking het om verkragting te hanteer nie?”

Die voormalige sokkerbaas ter sprake het ʼn prominente rol gespeel in Suid-Afrika se Fifa-wêreldbeker-aanbieding in 2010. Die man het nog nie gereageer op die bewerings nie en was ook nie beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Eish ·

Die Daily Maverick berig dat dit Danny Jordaan was en in 1993. Beide op die lys om parlementslede te word vir die ANC. Sy is n sangeres, aktivis.
Nou ja, baie sterkte vir die dame wat uit die kas geklim het. Sy moet maar in Swede bly want as sy sien wat haar politieke affiliasie deesdae aanvang, gaan sy nog meer rede hê tot skaamte.

Eish ·

Die Daily Maverick sê baie duidelik dat die besluit om Jordaan te noem, nie ligtelik geneem is nie aangesien name deur die pers in geval van ernstige misdade eers genoem word nadat die beskuldige gepleit het. In hierdie geval word geen klagte gelê nie. Jordaan se naam is egter deur Furguson op haar facebook blad gemeld en die aangeleentheid is in openbare belang. Goeie voetwerk van die Daily Maverick, goeie voetwerk!

Lientjie ·

Ek wil net weet wat se getuies of bewyse is daar teen so ‘n persoon, behalwe haar woord teen sy woord, en dan word die man gewoontlik skuldig bevind, maar hulle kan nie Zumpa of sy trawante met bewyse skuldig kry nie. Ek vra maar net.

Eish ·

Ek is bevrees in totaliteit niks, dis haar woord teen syne. Maar, n poligraaftoets, alhoewel nie deur ons howe erken nie, kan tog n invloed hê. Al is dit net om haar weergawe in die openbaar te staaf.

Nicolaas ·

Lientjie, vra jouself af waarom so ‘n persoon sou lieg. Waarom 24 jaar later? Waarom spesifiek Danny Jordaan? Sy het to geen rede om hom te beswadder nie. As hy onskuldig is moet hy mos praat en sê waarom sy hom spesifiek beswadder. Dit is agv die etiket en skande wat vroue swyg en later jare as hulle meer volwasse en emosioneel sterker is, en ondersteun deur ander wat dit ook deurgegaan het, eers praat. Dieselfde met kindermolestering. Onthou jy Bob Hewitt? Onthou jy verskillende mans wat onafhanklik van mekaar vir Solly Osrovech beskuldig het van molestering? Dink jy Bill Cosby is onskuldig? Nee, die waarheid agterhaal die leuen wel.

Lou ·

Ek wonder oor die omstandighede. Het die ou haar in ‘n donker stegie ingewag en oorweldig? Of het sy saam met die ou in die hotelkamer gespeel en toe op ‘n stadium nee gesê?

Wouter ·

Hy lyk soos ‘n verkragter. Hy en Fekile is hoeka kop en een mis met die R 10 mil wat hulle in 2010 gesteel het.

Ouma ·

Hoe lyk ‘n verkragter? As mens hulle kon uitwys, sou verkragting nie plaasgevind het nie. Verkragters is mense van wie jy dit soms die minste verwag.

Linda ·

Indien daar ander vroue is wat deur dieselfde man verkrag is hoop ek van harte hulle laat van hulle hoor dan is daar genoeg bewyse. Ek kry jou jammer dat jy vir jare so lank stil gebly het, maar ek glo daar is nou ‘n berg van jou skouers af. Dit is nie lekker om met geraamtes in jou kas te loop nie.

Hoekom ·

Hoekom sal enige mens oor so iets lieg en dit in die openbaar?

Andre ·

Tragedie. ANC vis vrot begin by die kop. Kyk na hulle almal se CV’s en dit selfs na van hulle CV’s deur die Waarheids Versoenings Kommissie skoon gevee is. Gaan die ANC Vroueliga voor die hof dans?

Jd ·

Ek kan net mie die lang wsg verstaan. Hoekom nou 24 jaar later. Ook met Bill Cosby 30 jaar of langer.

Katrynkie ·

Baie dankie Nicolas. Kan nie glo daar is mense wat twyfel en in wat sy se en vra hoekom sy solank geswyg het nie. Soos ek in die artikel lees was sy skaam en het sy daarom niks gese nie. En ja, ek glo haar omdat ek ook n “victim” is wat deur n familielid herhaadelik gemolesteer is een wat adres is dit as verkrag. En ja, dit het meer as 35 jaar terug gebeur en ek bly nog steeds stil. Hoekom nou iets se en toelaat dat dit my bejaarde Moeder se gesondheid verder beinvloed as sy moet uitvind wat haar eie broer aan my gedoen het. Eendag moet hy gaan verantwoording doen vir wat hy aan onskuldige kinders gedoen het… I REST MY CASE!!!

alwyn burger ·

ñ Man wat sulke hoë
kringe beweeg het darem seker beter smaak?.

Don Juan

Christelle ·

Ek wil net sê as iets ‘n klompie jare terug gebeur het wat sal dit nou help om iets daaroor te sê? Jy kan nie die verlede verander nie, wat gebeur het, het gebeur. Die misdadigers sal nie ongestraf bly nie.

Luister ·

Sy sê dan self dit is ‘n groot verligting om nou daaroor te praat. Iemand wat nie self daardeur is nie, sal nie verstaan nie, en moet liewer STILBLY. Die skok, trauma en vernedering, verander jou as mens. Ek hoop vir haar, en alle ander slagoffers, genesing en vrede.

wollie ·

Dit gaan interessant wees wat Jordaan gaan doen. As hy onskuldig is, sal hy haar vir laster dagvaar want sy naam is nou deur die modder gesleep.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.