Sangeres sterf: ‘Sy wou by God wees’

Bronwyn Doherty-Roos. Foto: Facebook

Bronwyn Doherty-Roos. Foto: Facebook

Bronwyn Doherty-Roos se grootste droom was om die Here te sien en hemel toe te gaan.

Dié sangeres was Donderdagoggend in ʼn motorongeluk tussen De Rust en Oudshoorn betrokke toe haar motor gerol het terwyl sy na ʼn vertoning op pad was.

“Bronwyn het verby gegaan (sic) en die mense agter haar sê net toe sy langs die kar is, besluit hy om ook verby te gaan, stamp haar op die kant, haar kar rol en syne ook,” het Mara Doherty, Bronwyn se ma, op Facebook geskryf.

Doherty-Roos het na die ongeluk Vrydag ‘n laerugwerweloperasie in die Bay View-hospitaal in Mosselbaai ondergaan.  Sy is Maandagoggend aan ʼn bloedklont oorlede. Volgens Doherty-Roos se ma was mense mal oor haar. “Sy het altyd uit haar pad gegaan vir mense. Mense gehelp waar sy kon.”

Dié 42-jarige sanger, wat volgens haar ma op 15-jarige ouderdom haar hart vir die Here gegee het, se toekomsplanne was om in alles wat sy aanpak suksesvol te wees. “Sy was ʼn tipe 1-diabeet, maar dit het nie in haar pad gestaan nie.”

Doherty-Roos was ʼn veelsydige kunstenaar en het volgens haar biografie gehore van Bangkok, Thailand en die Tiffendell-ski-oord bekoor. Sy het ook gehore op Starlight Cruises se plesierbote met haar talent vermaak.

Volgens Doherty-Roos se ma het haar dogter verlede week gesê sy “kan nie wag om hemel toe te gaan nie”. Sy wou weet of “dit reg met my is as sy voor my hemel toe gaan”. “Sy het nie geweet wanneer die Here haar gaan kom haal nie. Maar toe Hy haar kom haal het, was haar droom bewaarheid om by Hom te wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Ben ☺☺☺ ·

God het `n geskrewe kontrak met die mens om 120 jaar hier te lewe – Hy kom haal nie mense nie.

Suzy ·

Nee Ben nou verstaan ek jou glad nie . Waar kom jy aan daardie Kontrak????
Sy is nou op n wonderlike plek by Liewe Jesus waar sy bitter graag wou wees en Jesus het haar kom haal .
Rus in vrede liewe mens . Baie sterkte aan die familie, eendag gaan julle haar weer sien .

Nicolette ·

Ben ek verstaan nie? Lees jy dit in die Bybel?? Dan lees ons nie dieselfde Bybel nie…

Amanda Wait ·

Ben…die Bybel sê:
“Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie, want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon. Maar, of ons hier woon of daar woon, ons het net een wens, en dit is om te lewe soos Hy dit wil.”
~•2 Korintiërs 5:6-9

“Ons lewe maar sewentig jaar, of, as ons baie sterk is, tagtig, en dié is vol swaarkry en leed. Dit is gou verby, ons vlieg na ons einde toe.”
~•Psalm 90:10

Vir Bronwyn se geliefdes gee ek die volgende skrif verse, ons God ons Hemelse Vader sal hulle vertroos:

“Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.”
~•Matteus 5:4

“Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom onferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee.
In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig.”
~•2 Korintiërs 1:3-4

Leon Myburgh ·

Weet nie waar kom Ben aan die kontrak en 120 jaar nie, maat een ding stem ek saam dat dit nie Vader Gid se tyd was nie. Hie kan Hy jou kom haal met n motor ongeluk, moord of onnatuurlike dood. Vader God is nie so wreed nie. Dat sy op Vader se skoot sit in Sy vrede, dis waar. Mag die gesin vrede en rustigheid ervaar.

marieta ·

ek kan nie sien hoe jy dit kan se nie….my seun was 23jr toe hy dood is….en ek ken baie geliefdes wat as baba’s dood is….. ek glo God kom haal sy oes as hulle ryp is….en die ryp is wanner hulle tyd op aarde volgens Sy Beplanning daar is en hulle doel op aarde vervul is….. maar dit klink nie vir my reg nie…

Berhalet Beukes ·

My innige simpatie aan haar familie en vriende…

SNEL ·

Alhoewel die ma ‘n kind verloor het, het sy die troos haar kind is waar sy wou wees. Wonderlik om so ‘n pad met die Here te stap.

Sarie ·

Ek kon nog nooit rerig verstaan hoe ‘n mens kan huil wanneer iemand gebore word en juig wanneer iemand sterf nie. Maar as iemand vir byna 30 jaar daarna hunker om by God te wees, en daardie persoon sterf, gaan daar inderwaarheid vir jou ‘n liggie op en kan jy bly wees dat hààr wens uiteindelik bewaarheid is.. Dis menslik om hartseer te voel, maar dis logies om niè te treur, soos diè wat gèèn hoop het nie… My innige simpatie aan haar geliefdes. Mag julle vertroosting vind in die wonderlike herinneringe aan haar….

JHA ·

God is n God van lewendes nie dooies nie. Hy het gekom sodat ons kan lewe nie sterwe nie.
Hy het haar nie kom haal nie, die dood het.

JHA ·

Bloues sy het haar dood self geroep deur haar belydenis. By voorbeeld:
Dit wat oor Job gekom het, het hy oor homself gebring deur die “hedge” met sy belydenis af te breuk. Nie God nie. MAW. Passop wat jy bely en wens. Dit word dalk waar.

SNEL ·

JHA, Job maak sy mond vir die eerste keer oop as die nonsies kom klaar getref het, hoe kon hy dan die goed oor homself gebring het?

Dalene van Wyk ·

‘n Spesiale mens wat nou op ‘n Spesiale Plek is.
Rus in vrede

Alicia ·

Soveel snert kommentaar! Dis nie wat Bronwyn sou wou gehad het nie. Ek het haar baie goed geken en sy sou nou lekker gelag het. Sy het haar lewe voluit geleef, maar sy het geweet hierdie is net ‘n tydelike reis en dat haar eindbestemming by Jesus Christus is. Haar lewe het sy aan Hom gewy – punt. (As gevolg van die hoof-opskrif ruk mense dinge uit verband uit en mense lees tussen die lyne en maak hulle eie gevolgtrekkings)

Peter Simpson ·

Bronwyn was ‘n heerlik aangename mens. Sy het jou altyd laat voel dat jy die belangrikste persoon is. Hierdie is vir my ‘n groot skok aangesien ek haar al baie jare ken. Vir Mara brand my hart, want om ‘n kind te verloor is ‘n verskriklike ding. My innigste, opregte simpatie aan Mara en ook aan Hannes!!

Johann Marx ·

My innige simpatie aan die familie wat agterbly. Net omtrent Dalene van Wyk se kommentaar maak sin. Ek verstaan nie hoe al die ander mense, en selfs predikante en predikers, vir mense sê so en so is nou in die “hemel” nie…………..en dit nadat hulle sopas ‘n geloofsbelydenis afgelê het wat begin met “Ek glo in God, Die Vader, Die Almagtige Skepper van Hemel en Aarde…..” en later….”Van waar Hy sal kom om te oordeel, die wat nog lewe, en die wat reeds gesterwe het”!! Hoe kan die persoon wat nie meer lewe nie, nou in die “hemel” wees? Niemand is nog geoordeel nie?

Gertjie ·

Julle stry nou almal hierbo.
As ons almal dood gaan en by God is DAN vriende
glo nie een van ons in die belofte wat Jesus aan ons gegee het van ‘n OPSTANDING nie. Dan het Jesus se opstanding vir ons geen betekenis nie. Lees die laaste vers wat God vir Daniêl gesê het.

Sê maar net ·

Stem saam Gertjie, geen mens gaan hemel toe wanneer hy stef nie, as dit so was, waar pas die opstanding dan in. Mense wat sterf is in die gedenkgraf, hulle rus nou, tot God hulle ‘n opstanding gee. Natuurlik berus dit by God wie en wie nie ‘n opstanding gaan kry.

Amanda Wait ·

Wanneer ons sterf keer ons liggaam terug tot stof en ons gees gaan terug na God wat dit gegee het. Dit beteken nie daar gaan nie ‘n opstanding wees nie. By die opstanding kry ons ons nuwe liggame waar ons soos Jesus gaan wees.

“en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.”
~•Prediker 12:7

“Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is.”
~•1 Johannes 3:2

God seën julle.

Maroela Media ·

Dagsê

Maroela Media versoek alle deelnemers aan hierdie gesprek om nie verder in die kommentaar van hierdie berig te debatteer oor teologiese aangeleenthede nie, uit respek vir Bronwyn Doherty-Roos se geliefdes. Enige verdere teologiese argumente in reaksie op hierdie berig sal verwyder word.

Groetnis
Maroela Media

Eliza-beth ·

Goed so Maroela ,want wraggies hoe mense darem die Woord intepreteer is vreemd om die minste te sê. Sterkte aan die familie wat ooglopend ‘n pragtige mens aan die dood moes afstaan!

AmY ·

Rus in Vrede mooi mens. Dankie vir jou voobeeld wat jy gestel het.

Christo ·

Rus sag vriendin, totdat ons mekaar weer in die musiek hemel sien.

Koos ·

Natuurlik is daar baie dinge wat ons nie weet nie, en mense wat maak of hulle weet, weet ook nie eintlik nie – maar ek glo sy is nou, of sal in die toekoms by Jesus wees. Prys die Here vir haar lewe.

rv ·

JHA
Daar staan geskrywe: Ek is die Here God, naas My is daar geen ander god. Ek maak siek, Ek maak gesond. Ek gee lewe, EK maak dood. Ons lewensdae het hy klaar bepaal. Dus weet God presies wanneer jy jou laaste asem gaan uitblaas. God Bless

Bettie Haasbroek (Tzaneener) ·

My opregte meegevoel met almal wat na aan haar was. Ek het nog ‘n pragtige foto waar sy saam met my seun by hul matriekafskeid was by Ben Vorster Hoërskool, Tzaneen. Baie sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.