Sanggroep se bus gesteel

Die voorkant van die Beeskraal-bussie wat op 6 Junie 2016 in Waverley, Pretoria, gesteel is

Die voorkant van die Beeskraal-bussie wat op 6 Junie 2016 in Waverley, Pretoria, gesteel is

ʼn Bekende sanggroep van Pretoria se voertuig is Maandag in Waverley, Pretoria gesteel.

“Ons Beeskraal-bussie was voor Neasa se kantoor in Cunninghamlaan in Waverley tussen vyf ander motors geparkeer,” het Charles Smidt, sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler van Beeskraal, aan Maroela Media gesê. “Al my kitare en ons mikrofone is ook saam met die bussie gesteel.”

Charles het gesê die musiekgroep sou Woensdag met die bussie Kaap toe gery het.

“Francois van Coke het juis oor die naweek nog gesê hoe baie hy van ons bus hou, en nou is hy weg!” het Charles bygevoeg.

Die bussie, ʼn swart Nissan Elgrand, het ʼn Botswana-registrasienommer, B227AXH. Die bus het ook Beeskraal se handelsmerke op.

Enigiemand wat enige inligting het of die bus iewers gewaar, word versoek om dringend vir Charles te bel by 072 725 2592.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Leeukop ·

Die bussie moes maar in botswana gebly het want hulle weet wat om met misdadigers te doen, anders as ons inferior regerende mense wat misdaad so koester.

Irene ·

Mens los nie goed in jou kar nie sa het f baie skelms moordenaars en verkragters

AvrilS ·

Beeskraal… gaan soek jou bussie in nkandla, die prez se kraal is leeg. ;-)

Ahooy ·

Die verspreiding van rykdom in SA. — Baie mooi gedoen met julle skenking.
Het self al twee voertuie oor die laaste paar jaar geskenk. Sien dit as opheffing van die armes. – Want die regering se maandelikse toelae is nie genoeg vir luukshede nie. :-)

John ·

Francois, bring terug! Die bier ok! … ek bedoel die coke. Lesotho is ‘n goeie plek vir ‘n opvoering … bring sommer die spaarsleutels van die bussie saam. ‘n Paar ouens het al sonder hul motor besoek gebring en met hul eie terug gery!

Jonathan ·

Daar word elke dag hoeveel motors gesteel nou waarvoor moet beeskraal in die nuus kom, ons gaan hulle deff nie nou jammer kry nie

Johann Marx ·

Nou waar was die kar-wagte waaroor daar laasweek so “warm gesprek” gevoer is tussen die “karwag betalers” en die “karwag NIE-betalers”? As ou Beeskraal die man wat hulle bussie so mooi sou oppas meer betaal het….was hy dalk nog daar!?

Nelie ·

Ag shame man. dis ‘n skade! Soek vir ‘n ander kleur. want die bussie lyk lank nie meer soos die een wat weggeraak het nie. Paint-jobs word sommer vining in ‘n garage in die agterplaas gedoen. Ek hoop alles van die bussie tot die instrumente was verseker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.