Sangoma gestraf wat kop steel

Argieffoto

Mpho Mokhethi, ʼn 42-jarige sangoma van Clocolan in die Vrystaat, is Dinsdag tot effektiewelik vyf jaar tronkstraf gevonnis vir lykskending.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Vrystaat, het gesê Mokhethi is in die Clocolan-landdroshof gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op drie aanklagte wat verband hou met lykskending.

Landdros Petro Jacobs het Mokhethi tot 12 maande tronkstraf gevonnis vir die skending van ʼn graf, vier jaar vir lykskending en ses maande vir oortreding van die Immigrasiewet. Die ses maande lange vonnis sal gelyklopend met die ander vonnisse uitgedien word.

“ʼn Lid van die gemeenskap wat die begraafplaas besoek het, het op 26 Mei 2017 op ʼn graf afgekom waarmee daar gepeuter is. Die man het die oorledene se familie in kennis gestel en hulle het agtergekom die graf is gedeeltelik oopgegrawe en die kis se bedekking was verwyder,” het Shuping gesê.

Die polisie is ontbied en hulle het ontdek die oorledene se kop is verwyder. Die oorledene se familie moes hom weer begrawe, sonder sy kop.

“Nadere ondersoek het die polisie tot Mokhethi, ʼn bekende sangoma van die gebied, gelei. Die polisie het die man se kop voor Mokhethi se voordeur onder die grond uitgegrawe. Die tong was uitgesny. Dit is in ʼn plastieksak in drie dele gevind. Die familie moes daarna hul geliefde vir die derde keer begrawe en dit was vir hulle baie traumaties.”

Mokhethi, ʼn inwoner van Lesotho wat sonder die nodige dokumente in Suid-Afrika is, het in sy pleitooreenkoms erken hy het die kop gebruik met die doel om sy onderneming te laat floreer. Hy het die tong verwyder en opgesny om vir mediese doeleindes te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Ek hoop iemand stuur dit buiteland toe sodat hulle kan sien waarmee ons opgeskeep sit.

Netso ·

Ja! Maak almal nog meer verslae met wat ons voorgslagte hier kom soek het?

marous ·

Bekende Sangoma wat onwettig in die land is ? Mag seker nie van my kop af raak of tong in die kies staan met hierdie land se booswigte en onbevoegde regerings amptenarre nie !

Ore ·

Ek het nou die strawwe vir die volgende oorterdings uitgwerk;
K-woord=R150,000 en 2 jaar tronkstraf
Lykskending=5 jaar
Aanhitsing tot blanke moord/ uitwissing =Verskoning en dalk R30,000

B ·

Ek verstaan van mediese studente dat dit maar baie moeilik is vir sommige (mediese!) studente om ‘n onderskeid te maak tussen wetenskaplike en ‘tradisionele behandeling / medisyne’, tot so mate dat dit soms lewensgevaarlike situasies vir die pasient skep.

Verstaan nie ·

Watter pasient was nou ter sprake in hierdie artikel?

Johan H. ·

Eerste wereld materiaal verseker,,Maar hulle het stemreg,, DUH

Blondie ·

Ek is seker te dom om te verstaan hoekom mense,wat apparently “geletterd” is, na sangoma toe sal gaan vir hulp in enige verband. Jy wat so slim is, vertel vir my hoe om hemelsnaam maak jy iemand gesond met leeukoppe, bobbejaankloue en menslikke ligaamsdele

Henk du Toit ·

Stadig nou mense! Comrade doctor Aaron Motsoaledi se opvolger moet net gou sy credentials verdien dan lê sy pad parlemint toe oop. Dit is nie so vergesog nie, die man is n kundige uit die ingeslote buiteland uit. Ons betaal klaar vir Lesotho se burgers se staats hospitaal behandeling plaaslik so wat is n portefeulje nou tussen bure? Die vrouens van die berg koninkryk stroom ook maandeliks oor die grense om hulle child grants te kom oes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.