Sangoma kry tronkstraf nadat hy tydens ‘seremonie’ verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 27-jarige sangoma is tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn 22-jarige leerlingsangoma tydens twee ‘seremonies’ in die Vrystaat.

Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die Ladybrand-streekhof het die sangoma, Rutikie David Steady van Mokwena in Thaba Nchu, tot 20 jaar tronkstraf gevonnis op twee aanklagte van verkragting van dieselfde slagoffer.

“Die eerste verkragting het op 27 September 2014 plaasgevind, toe die sangoma en ʼn groep leerlinge ʼn seremonie in Makeleketla naby Winburg bygewoon het. Steady het sy slagoffer omstreeks 23:00 tydens die seremonie verkrag,” het Xuma gesê.

Die vrou het nie die eerste verkragting by die polisie aangemeld nie. Op 12 Oktober 2014 is sy weer tydens ʼn ‘seremonie’ in Dawiesville, naby Tweespruit, verkrag. “Dié keer het sy die voorval die volgende dag by die polisie aangemeld en ʼn verkragtingssaak is aanhangig gemaak.”

Speurder-sersant Tshepo Olebile van die Ladybrand-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe, het die saak ondersoek en Steady vier weke later opgespoor en in hegtenis geneem.

“Olebile kon daarin slaag om verklarings van verskeie getuies te verkry wat teenwoordig was by die seremonies. Dit was noodsaaklik om genoeg konkrete bewyse aan die hof voor te lê om sy skuldigbevinding en vonnis te verseker.”

Lt.genl. Lebeoana Tsumane, die polisiekommissaris van die Vrystaat, het die vonnis verwelkom en ʼn beroep op slagoffers gedoen om verkragtingssake dadelik aan te meld, ongeag hul verhouding met die oortreder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Umfaan ·

Ek verstaan steeds nie. 300 jaar van sendingwerk, miljoene rande later – en sangomas het steeds so ‘n groot invloed op ons inheemse broers en susters?!

Ella ·

Wel gedaan aan d meisie vir die moed wat sy gehad het om tpv die feit dat sangomas bekend staan om jou en jou familie te “toor” , het sy steeds d aanmelding gedoen!! Defnitief n groot stap vorentoe!

Pop ·

Dit is n ritueel wat satan aanbidders ook gebruik. Dan worder ons hoekom ons land vergaan?

Theresa B ·

Gee my krag!! Wanneer gaan die spul tog nou ophou om onder ‘n klip te bly?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.