Sangoma vas vir verkragting

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Sangoma is in Hammanskraal, noord van Pretoria, in hegtenis geneem op aanklag van verkragting.

“Daar word beweer dat die 19-jarige vrou die sangoma Donderdag besoek het en dat die sangoma haar glo verkrag het,” het kapt. Kabelo Marumo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die vrou het ʼn klag van verkragting by die polisie in Hammanskraal aanhangig gemaak en die 34-jarige sangoma is Vrydag in hegtenis geneem. Hy sal Maandag in die Temba-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.