Sannieshof-plaasaanvalle: Verdagtes ontsnap

Blackie van den Berg in die hospitaal ná die aanval. Foto: Verskaf

ʼn Grootskaalse soektog is deur verskeie rolspelers in Noordwes van stapel gestuur na drie verdagtes wat uit aanhouding ontsnap het nadat hulle onlangs in hegtenis geneem is in verband met twee gru-plaasaanvalle naby Sannieshof.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 06:00 plaasgevind.

Twee van die drie ontsnaptes was glo in aanhouding in verband met die aanval en verkragting van Blackie van den Berg (61). Sy is op 2 Junie op ʼn plaas tussen Sannieshof en Ottosdal oorval, erg aangerand en verkrag. Twee verdagtes, onderskeidelik 21 en 24 jaar oud, is kort daarna in hegtenis geneem en was in aanhouding terwyl borgtogprosedures hangend was. Hul name mag nie genoem word nie, aangesien hul aanklag seksueel van aard is en hulle eers moet pleit.

Een van die ontsnaptes was glo betrokke by die moord en aanval op BC Greyling (59), sy vrou, Marlette (57), en BC se ma, Magdaleen Greyling (87). Die gesin het op 16 Mei omstreeks 19:30 die aand aan tafel gesit en aandete eet terwyl hulle nuus gekyk het.

Drie verdagtes het toegang tot die huis verkry deur een van die slaapkamers se groot vensters te breek. Drie het glo buite die huis gewaak. BC het gaan ondersoek instel en was skaars in die portaal toe ʼn verdagte hom trompop in die bors geskiet het sonder om ʼn woord te sê. Marlette is tydens die voorval in haar regterblad geskiet. Die koeël is links bó haar buik uit en het een van haar longe skrams gemis. Magdaleen het na die sitkamer gevlug en onder ʼn tafel weggekruip.

France Kubone (26), Tebogo Mogolotsane (28), Small Mokgele (29), Zacharia Nyalimathe (33), Musona Nyathi (35) en Joseph Zakenya (32) is op 18 Mei in Sannieshof en Ottosdal in hegtenis geneem ná ʼn uitgebreide ondersoek. Hulle staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en huisbraak. Een van hulle is sedertdien op borgtog vrygelaat. Die ander was steeds in aanhouding. Dit is nie duidelike watter een van die vyf ontsnap het nie.

“Ons weet nog glad nie hoe hulle daarin kon slaag om te ontsnap nie. Alle veiligheidsstrukture is kort ná die ontsnapping in werking gestel. AfriForum-buurtwagte, Agri NW en TLU SA is by die grootskaalse soektog betrokke.”

Hy het gesê volgens die jongste inligting tot hul beskikking, is die drie te voet op grondpaaie tussen Sannieshof en Delareyville.

Volgens ʼn beskrywing van die voortvlugtendes se klere dra een ’n grys sweetpak, een het ’n rooi hemp en swart leerbaadjie aan en die derde verdagte dra ’n rooi baadjie.

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

BC en Marlette Greyling. Foto: Verskaf

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Penellope Jones ·

Daar is darem heelwat “ontsnappings” deesdae.
Wie is veronderstel om die mees bedag en op en wakker te wees, hulle of die polisie?

Sê maar net ·

Hoe pateties!!!! Name kan nie genoem word nie, liewe genade. Hulle het dade gepleeg, as hulle dan nog nie gepleit het nie, wie gee om. Ons soek die name sodat ons in ons pasoppens kan wees vir hierdie ‘mense’. As Polisie regtig vir hulle wil vang, dan moet hulle foto’s van hulle orals opsit sodat mense kan sien en kan rapporteer. Dit is so sieklik hoe name beskerm word van die skuldiges….en as jy nog nie skuldig is nie, as jy gevang word, dan het jy beslis ‘n deel daaraan.

Keeelvol vir ONREG ·

Stem saam! Hulle is soek, gevaarlik en die publiek weet nie hoe hulle lyk nie! Dis ons reg om op te staan hierteen. Kyk hoe lyk die slagoffers, die wat nog leef!
Hulle kom net weg maar n gefrustreerde slagoffer van n rooftog word beboet met R100,000! WAT N SIEK LAND.

Wit Willem ·

As ‘n polisie stasie geroof kan word, kan ek my maklik indink dat verdagtes kan ontsnap. Useless, man!

Rina ·

Hoe gebeur dit??? Misdadigers loop vry rond! Boere asb!!! Hou julle hande van hierdie mense af as julle hul teekom – bel eerder die Polisie! Verder hou ek liewers my opinie vir myself!

Ouma ·

Nou vra ek jou…..hoe kry hulle dit so maklik reg? Hulle was alreeds gevaarlik, maar nou is hulle UITERS gevaarlik. Hulle het niks om te verloor nie, en sal moord pleeg so gou soos jy jou vingers klap as hulle geld of skietgoed nodig het. Ek hoop hulle vang hierdie moordenaars en verkragters blitsvinnig. Ek sê weer…….Bring die doodstraf terug!!!

Gese k ·

Agh REGTIG!!!!!! Stem ook name mag nie genoem word nie, seker omdat die volgende moorde en verkragtings ook gaan Plaas vind!Agh Pateties verby!!!!!! Hoe moet daai arme vrou voel net wat verkrag is? WAG MET VREES WANT MENS WEET NIE WANNEER HULLE VIR DIE VOLGENDE PROOI WAG NIE. NEE WAT KYK LAAT EK STILBLY!!!!!!!!

Aster ·

Sjoe maar dinge raak net erger en erger. Skokkend om te sien hoe hulle deesdae so gou “ontsnap”. Hulle is uit om te moor!

martin ciliiers ·

doodstraf sal werk wit of swart of kleurling dit werk vir almal!!!

Riaan ·

Hoekom het hulle nie oranje tronkklere aangehad nie? Wat help al die moeite om hulle te vang as hulle eenvoudig ontsnap? Ek verstaan as daar dalk nog n uitkenningsparade gehou moet word, maar die res se fotos moet vrygestel word dat mense vir hulle kan uitkyk.

Nuwe SA ·

Dis maar net weer pelle wat hulle gehelp het soos gewoonlik. Niks snaaks meer nie, die arme vrou lewe seker nou in vrees. Dit is ontsettend. Slapste regering en slapste polisie en slapste regsdienste, en slapste tronkbewaarders. Dit is die NUWE SA waarna julle almal so uitgesien het.

Apie ·

Verseker, en met die opdrag om verder te gaan moor en verkrag.

Johan. H. ·

As hulle nou buite weer n misdaad pleeg, hoop ek julle word gedagvaar ,Die ou wat nie sy werk gedoen het nie,, Lyk my die polisie wil ons wys hoe pateties hulle is,,, Wel hulle kry dit reg,, Snaakse name wat die hele lot het ne? Mene hulle is uiters gevaarlik, so hou die skietgoed byderhand ne,, Moenie slap le soos die polisie nie hoor!!!!!

Lou ·

Dis ‘n skande. Vervolg die polisie beamptes verantwoordelik.

Kevin ·

Vir my baie snaaks om te sien hoeveel plaasaanval “verdagtes” elke keer dit regkry om te ontsnap, en nie net een of twee nie, maar die hele gang. Pas mekaar op – groetnis uit Monaco

Theresa ·

Kevin, weet die mense in Monaco hoe dit hier gaan met die plaasmoorde en hoe maklik verkragters en moordenaars dit reg kry om te ontsnap? Hoe kry ons die nuus by hulle uit indien hul nog nie weet nie?

Kevin ·

@Theresa , ons probeer so ver wat ons gaan dit onder mense se aandag bring, en die woordversprei, en deur die instagram, twitter, facebook, sosiale media en tussen nuwe vriende wat dit vir hulle vriende ook wys en vertel. Hoër is ek nie seker hoe om te werk gaan nie.

Donovan ·

Kan nie wag om te hoor wat die polisie se verskoning gaan wees nie

Tess Riekert ·

Die Polisie het geslaap. Hulle was moeg. Hoe is dit moontlik om diefwering af te saag….middel van die nag ….klank trek!! Is die Polisie nie veronderstel om deurlopend te patroleer nie? Hierdie skree ‘inside job’!!!!

marous ·

Niks verbaas meer in die land nie. Die leiers stel uitstekende voorbeeld vir hul volgelinge…

Anoniem ·

Mnr Mbalula, siende dat jy so haastig was om Mej Suid-Afrika (niks persoonlik nie juffrou) heuning om die mond te smeer oor haar gepoogde kaping, WAT GAAN JY HIERAAN DOEN?????????????? Jy behoort jou kop in skaamte te laat sak man! Hoe KAN mense so SLEG wees?????????????

Magda ·

Dis hoekom ek se as hy onwelkom in jou huis in kom – doen wat nodig is om jouself te beskerm want die regering voel net mooi niks.

Ag asseblief ·

Ag asseblief, die Tannie het haar gun leeg geskiet op die moordenaar en hy het net aanhou stap om haar dood te maak sonder enige vrees, hulle kan mos vir hulself dink watter tipe sekuriteit hulle moet hê waar sulke gemors betrokke is. Die goed voel niks. Sterkte hoor, dit sal ‘n wonderwerk wees as julle hulle kry. Laat mens wonder of hul nie vrygelaat is nie. Jammer ek is geregtig op my opinie…..

Estelle Weilbach ·

Dit is skrikwekkend wat in ons eers TROTSE land aangaan. Ek was self in n plaas aanval waar ek geskiet is en my verloofde dood geskiet is, dit was 22 jaar terug en ek sukkel steeds om daaroor te kom veral met my ouers wat nog op die plaas bly. Regtig iets moet gedoen word en al wat gaan werk is BRING DIE DOOD STRAF TERUG, indien n verdagte gevang word het hy n royal lewe, tv, 3 etes n dag slaap warm en die ergste is hulle kan verder leer/studeer en de hel met die wat wat hulle skade aan gedoen het. En ek wil nie eers praat oor die groot meerderheid jong mense van vandag nie, dwelms, drank , en rond slaap dis al waaroor hulle bekommerd is. Maak die strawwe strenger en bring fisiese harde arbeid terug, dit moet so bad wees dat hulle glad nie weer wil terug gaan nie. En ja dit gebeur dat dieselfde persoon 3,4 na 5+ keer gearresteer word vir dieselfde oortreding. Ek laat sak my kop in skaamte oor wat deesdae in ons land aangaan en vir ons reg stelsel. Om in n plaas aanval te wees is nie n grap om jou voete te vind en met jou lewe aan te gaan nie en nie net plaas aanvalle nie maar enige een wat direk betrokke was met enige misdaad situasie…..

Konrad ·

Maroela hou asb aan om die polisie te vra HOE HET HULLE ONTSNAP? Die publiek is geregtig op n verduideliking.
EN borgtogaansoeke? NEE.
Hoekom aanvaar ons net alles? As dit andersom was, sou daar nou n optog en groot lawaai gewees het! En nie sprake van BORG nie.

Kevin ·

Snaak hoe dit altyd die plaasaanvallers is wat so maklik regkry om te “ontsnap”

Herries ·

Hier kom die “bring terug die doodstraf” bende, ja bring dit terug, maar dit gaan nie help as hulle lank voor dan “ontsnap” nie..

Tess Riekert ·

Die doodstraf gaan die einde van ons Volk beteken!! Hulle sal nie hul eie oorlewer nie!!! Net nog ‘n manier om Blankes wettig uit te moor!

w ·

Sorry ontsnap?.vertel dit vi die hoenders. Seker uitgelàat uit die sel teen vergoeding

Nel ·

Genade mense dit kan mos nie so nie , net vannag vermink hulle nog n plaasboer en verkrag sy vrou. Kry helicopters in die lug met maak jag op hulle.

Wanneer gaan die polisie beset hulle het ‘n diens om te lewer vir die betaling wat hulle kry

Theresa ·

Stem saam. Sit helikopters in lug, deursoek huise/buurte waar moontlik gewoon het en vriende kan hê. Hul het nie van die aardbodem afgeval nie en is aandadig aan vreeslike dade! Die mense in Suid-Afrika hou geregsdienaars en veral opdraggewers met opgehoude asems op om te sien of hierdie vieslikheid in ons land uitgeroei kan word. Niemand het die reg om dit aan iemand anders te doen nie. En ja, iewers moet iemand al weet hoe de hoenders hierdie mense ontsnap het. Bly dit in die media vra.

Dries ·

Het iemand al gesien hoe slaap die polisie in die polisie stasies en in hulle voertuie. Geen patrollies word meer gedoen saans nie en dan kan hulle nie eers mense in die selle hou nie. Hoeveel van hulle verloor nie hulle vuurwapens daagliks nie, word sommer van hulle af gevat – pateties

Pop ·

Hulle name mag nie genoem word nie maar die slagoffer s’n kan. ?

afrikaner bloed ·

Baie keer wonder ek of dit nie polities gedrewe is nie. Kyk net hoeveel wit mense het al die land verlaat en immigreer na ander lande toe vanaf 1994. Ek dink die nommers is strukwekkend. En as jy daardie mense vra hoekom het almal een antwoord. Die geweld in die land. Kyk hoe bly ons hierso, geen mure, sekuriteits hekke of niks nie. Kinders speel en hardloop buite rond. Land met wet en orde. Dan kyk ek na waar ek bly en al my sekuriteits maatreels. Dis belaglik om te dink wat ons mense spandeer om onsself in ons eie huise veilig te hou. Kyk die sekuriteit personnel wat n minister deesdae het. So dink bietjie daaraan……….. is dit nie die plan om dit wetteloos te maak nie. Mense sal dan self oppak en gaan en geskiedenis het dit bewys.

Johanna Botha ·

Net weereens n bewys hoe vrot die SA polisie is ….nee kyk alles is JUNK ! !

Liza ·

Ek sou ook nie onmiddellik bereik wil word nie. Sal my kop in skaamte laat sak as dit ‘n geval is van manne wat nie hulle werk reg doen nie. Ek voel regtig jammer vir die getroue opregte polisie manne, wie saam met moontlike vrot appels moet werk, indien dit moontlik ‘n “inside job” is. Hulle waag hulle lewens om die skurke te vang net sodat ander al hulle harde werk by die deur uitsmyt.Aan die ander kant veral wat ons weet is van die polisie manne en hulle gesinne gedreig as hulle nie die boewe help ontsnap nie. As dit ‘n geval is dat die polisie teen mekaar werk is die res van ons maar eintlik op ons eie aangewese.

Daniel ·

As die leiers van die land dit goedkeur hoe kan die polisie dit dan wil teenstaan of beveg? Hefaan lê nog voor….. Sterk wees.

Anoniem ·

Ek hoop die afrikaner gemeenskap van hulle op n baie baie” afgelee “plek.

toy ·

Jy kan nie net ontsnap nie, iemand het gehelp met hierdie ontsnapping. Raak ontslae van mense wat help net so groot krimineel soos die gevangene.

Tina du Toit ·

@Toy, stem heeltemal saam met jou, want wie is volgende op sy kerfstokkie. Ek raak skoon naar as net dink hoe maklik die misdadigers wegkom met als en ook met ontsnapping. Hoe gebeur dit????

WeetVan ·

Afrikaner Bloed – Probeer om n kopie van die film “Tainted Heroes” wat deur Afriforum versprei is in die hande kry dan sal jy sien uit “hulle” eie mond (ANC) dat dit deel is van n 5-punt plan om die land onregeerbaar te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.