SANParke aanvaar binnekort nie meer kontant

Die Golden Gate Highlands Nasionale Park (Foto: SANParke/ Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) sê die meeste van sy parke sal vanaf 1 September nie meer kontant van gaste aanvaar nie. Dit geld vir alle handel- en toerismebedrywighede in dié parke.

Altesaam 12 van die 20 nasionale parke versprei oor sewe provinsies van die land, met die uitsondering van KwaZulu-Natal en Noordwes, sal vanaf 1 September kontantvry wees. Dit sluit die volgende nasionale parke in: Tuinroete (Knysna, Wildernis en Tsitsikamma), Richtersveld en Namaqua in die Noord-Kaap, Tafelberg, Tankwa Karoo, Weskus en Agulhas in die Wes‑Kaap, Bergsebra, Kamdeboo en Addo in die Oos-Kaap asook Mapungubwe in Limpopo en Golden Gate in die Vrystaat.

Dié kontantvrye betaalmetode by parke landswyd sal in twee fases geïmplementeer word. Fase een sal in die huidige boekjaar plaasvind, terwyl fase twee tussen 2022 en 2023 by oorblywende parke geïmplementeer sal word.

Dumisani Dlamini, finansiële hoof van SANParke, sê gaste word aangemoedig om elektroniese voorafbetaling te doen of gebruik te maak van die parke se spoedpuntstelsels.

Volgens Dlamini wil die parke glad nie meer met kontant werk nie omdat personeel se hantering daarvan bepaalde risiko’s skep. Hy sê die kontantvrye stelsel sal ook geriefliker vir gaste wees omdat hulle nie meer in spitstye in lang rye by ingangspunte sal moet staan en wag nie.

Vir meer inligting hieroor, besoek SANParke se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SjN ·

…………………………………. om bedrog en diefstal te beperk.

Nie Verbaas ·

Te beperk maar daar sal nog steeds elemente wees wat toegang tot rekening het en wanbestuur het net so groot invloed op finansies.

Hennie J ·

Uiteindelik n erkenning: Die kaders kan maar net nie hulle hande uit die geldlaai hou nie!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.