SANParke begin renosters opveil

Foto: www.rhinoconservation.org

Foto: www.rhinoconservation.org

SANParke het ʼn advertensie in die Sunday Times geplaas waarin hulle mense vra om te bie op hul witrenosters as deel van hulle renosterbestuurstrategie.

Die advertensie nooi mense uit om ʼn aanbod te maak om “witrenosters in groepe van 20 of meer te koop”. Die renosterbestuurstrategie is in Augustus deur die kabinet aanvaar in ʼn poging om renosterstropery in die Krugerwildtuin te probeer hokslaan. Die verskuiwing en verkoop van renosters vorm deel van die strategie.

Alle aanbiedinge sal “beoordeel word vir funksionaliteit, insluitend die geskiktheid van die habitat en ʼn veiligheidsassessering,” lui die advertensie. Die verkoop van die renosters sal ook onderhewig wees aan ʼn memorandum van verstandhouding.
Kuseni Dlamini, voorsitter van SANParke, het vroeër gesê die ooreenkoms het ten doel om te verseker dat die renosters wat geskuif word bydra tot bewaring en die spesie van die groei van die renosterbevolking.
Die geld wat deur die verkoop van die renosters gemaak word sal vir bewaring aangewend word. Dit sluit onder meer die koop van nog grond aan vir die renosters, die herstel van ekosisteme en die aanstelling van bykomende wildbewaarders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.