WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig kan sensitiewe kykers ontstel. SANParke het Sondag bevestig dat ʼn renoster, wat se horing afgesny is, by die Kruger-wildtuin gesien is.
“Besoekers het die renoster Vrydag naby die Phabeni-hek opgemerk,” het Reynold Thakhuli, woordvoerder van SANParke, gesê. “Die besoekers het die owerhede in kennis gestel.”
ʼn Helikopter en wildbewaarders is ontbied om die dier in die digte bos op te spoor. Meer inligting sal verskaf word sodra die dier opgespoor is.
Frans Lombaard het die foto Vrydag op sy Facebook-blad gelaai met die woorde: “3km voor Phabeni hek IN Krugerpark, kom vra hy ons vanmiddag om hulp!!! Ek is sprakeloos en woedend!!!!!”
-SAPA
Sal graag wil sien dat die opskrif van toepassing gemaak kan word op diegene wat horingsnuif aankoop.
Dit staan nou maar eenmaal vas: Die ontwikkelingspeil van n nasie word gemeet aan sy ontferming oor diere en ou mense. Gemeet hieraan is ons laer as slang-akkies.