SANParke gaan 286 witrenosters verkoop

Witrenosters (Foto: tpsdave, Pixabay)

Witrenosters (Foto: tpsdave, Pixabay)

SANParke gaan 286 witrenosters aan privaat kopers verkoop as deel van ʼn poging om dié spesie van stropery te red.

“ʼn Tender is uitgereik vir die verkope van die witrenosters aan kopers wat aan ʼn lys vereistes voldoen,” het Kuseni Dlamini, woordvoerder van SANParke, Woensdag aan verslaggewers in Pretoria gesê.

Thomas Hartleb van News24 berig die projek is tans in ʼn beoordelingsfase. ʼn Span ouditeurs van KPMG en die nasionale tesourie en wetenskaplikes assesseer tans eiendomme om te verseker dat ʼn geskikte en veilige omgewing aan die renosters gebied sal word. Dit vorm deel van die verskuiwingsproses wat in Oktober 2014 begin het om sommige renosters uit dele in die Krugerwildtuin te skuif waar stropers op hulle jag gemaak het.

Dr. Howard Hendricks, waarnemende uitvoerende bestuurder vir bewaring by SANParke, het gesê die renosters sal nie net bloot op die nuwe eiendom gelos word nie. “Die organisasie sal in ʼn verhouding bly met die eienaars,” het hy gesê.

Slegs witrenosters word verkoop, aangesien daar meer van hulle is as swartrenosters, en omdat stropers hulle veral teiken.

Dlamini het gesê pogings om renosterstropery hok te slaan, moet voortgaan.

“Alhoewel ons nie kan sê dat ons die oorlog teen renosterstropery gewen het nie, het ons ʼn lang pad gekom deur die ontwikkeling en daarstel van verskeie intervensies wat nodig was om hierdie bedreiging van ons natuurlike erfenis te beheer,” het hy gesê. Dit sluit ʼn helikopter, wat deur die Howard G Buffett-stigting geskenk is en die gebruik van verskeie onbemande vliegtuie in die Krugerwildtuin in. “Ons benodig ook die hulp van sakeondernemings, NRO’s, buurlande en die wêreldgemeenskap.”

Hendricks het gesê stropery is maar een deel wat die renosters se sterftekoers beïnvloed. Weerlig speel ook ʼn groot rol, veral die afgelope drie jaar. Twee renosters het verlede jaar in Bloemhof in die Vrystaat doodgeskok nadat weerlig hulle getref het. Dit het ook in die Noord-Kaap en Waterberg-streek in Limpopo plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Mens kan net bespiegel oor wat die Israelis sou doen indien dit hul renosters was. Seer sekerlik nie verkoop het maar eerder byv. ‘n elektrifiseerde heining sou aanbring. Natuurlik heeltemal teen ons grondwet waar die arme bloedjie blootgestel sal word aan liggaamlike beserings en selfs die dood. Nou is dit ook egter so dat ons en Israel nie om dieselfde vuur sit en nie vir raad gevra sal word. China sal ook nie kan help uit die aard van omstandighede . . .

Hennie Cloete ·

“Hendricks het gesê stropery is maar een deel wat die renosters se sterftekoers beïnvloed. Weerlig speel ook ʼn groot rol, veral die afgelope drie jaar. Twee renosters het verlede jaar in Bloemhof in die Vrystaat doodgeskok nadat weerlig hulle getref het. Dit het ook in die Noord-Kaap en Waterberg-streek in Limpopo plaasgevind.”

Renosters gedood deur weerlig, is werklik ‘n druppel in die emmer. Tóg word dit gestel dat weerlig ‘n groot rol speel. Dit dui net op een ding – Sanparke het die stryd teen renosterstropery verloor en soek nou verskonings om op ‘n ‘wettige’ wyse van renosters ontslae te raak.

My vrae is:

♦ Wat word van die fondse wat reeds oor die afgelope paar jaar vir hierdie doel ingesamel is?
♦ Gebaseer op gerapporteerde verliese in Kruger self, wat is die rol van Sanparke, asook dié van die SANW daarin? Te oordeel aan die wyse waarop weermagvoertuie in Kruger spoedgrense verontagsaam, wil dit vir my voorkom asof hulle in elk geval vere voel vir enige bewaringskultuur.
♦ Hoe seker is Sanparke dat renosters wat verkoop word nie na ‘gewettigde slagpales’ gaan nie? Of dat die horings nie in elk geval geoes en gesmokkel gaan word nie?

Uit nuusgebeure gedurende die afgelope paar jaar, waarin arrestasies van ‘kingpins’ in hierdie doodslag dikwels met groot fanfare deur die owerhede gerapporteer word, lei ek af dat dieselfde owerhede nie erns maak met dié saak nie. Ons wag op vonnisse!!

Jean ·

Absoluut pateties die spul af kop hoenders. Hoe dan so dat die diere baie veiliger was deur die apartheid jare??? Die spul nou kan en wil nie n onskatbare erefinis beskerm nie. Die Kruger wildtuin vir een was altyd deur die jare so n groot plus vir Suid Afrika en het ons trots gemaak , toeriste het gekom almal het baat gevind daar uit… en nou wat gaan aan vra ek regtig sommer baie moerig hier waar ek in die buiteland bly en sien hoe eens so mooi land verval in so kort tydperk??? Ag nee wat die land het regtig n Sirkus geword onder die beheer van die lot!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.