SANParke-helikopter in Kaapstad beskadig

(Foto verskaf deur SANParke)

ʼn SANParke-helikopter is Saterdagoggend beskadig nadat die vlieënier beheer verloor het toe dit by Kaapstad- Internasionale Lughawe opgestyg het.

Reynold Thakhuli, woordvoerder van SANParke, het gesê die vlieënier was alleen in die Airbus AS350B-3+ (Squirrel)-helikopter. Hy het slegs geringe beserings opgedoen en mediese behandeling ontvang.

Die helikopter is in Kaapstad gebaseer om bystand te lewer met lug- wetstoepassing en bewaringsbestuurbedrywighede in die Tafelberg- nasionale park en omliggende dele.

Die Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO) en ander betrokke owerhede is in kennis gestel en sal ʼn volledige ondersoek van stapel stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.