SANParke-hoof met spesiale verlof ná aantygings

Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANparke, word onder meer van aanranding beskuldig. (Foto: SANparke-webtuiste)

Die uitvoerende hoof van SANParke, Fundisile Mketeni, het ’n versoek om spesiale verlof ingedien nadat verskeie aanklagte van aanranding Vrydag by die Skukuza-polisie in die Krugerwildtuin teen hom aanhangig gemaak is.

SANParke het in ’n verklaring bevestig dat Mketeni Dinsdag saam met drie ander mense, twee mans en ’n vrou, in die hof verskyn het. Die twee mans is ook werkers van SANParke.

Al drie het op soortgelyke aanklagte as Mketeni verskyn.

“Die raad beskou die aantygings in ’n baie ernstige lig en sal die reg sy gang laat gaan. Die raad sal egter ook ondersoek instel om te bepaal of die omstandighede rakende die aantygings tot enige onvanpaste of onwettige gedrag gelei het wat moontlik die indiensnemingsverhouding kan beïnvloed,” sê Joanne Yawitch, voorsitter van die SANParke-raad.

Yawitch sê voorts dat Mketeni met spesiale verlof sal wees totdat die saak afgehandel is.

Dr. Luthando Dziba, die besturende direkteur van bewaringsdienste, is intussen as waarnemende uitvoerende hoof aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Esme

Welkom by die Toerisme Industrie in Suid-Afrika! Aanranding, roof, verkragting en so gaan die lysie aan en aan. OR Tambo Lughawe is ‘n nagmerrie en skielik is Skukuza nie meer so veilig nie.

Hennie

Hoekom lyk hy so skelm….

Willem

Met volle salaris natuurlik

Alexander

Dan wonder ‘n mens hoe Sanparke kop bo water kan hou met so ‘n karakter aan die stuur van sake. Nog ‘n sprekende voorbeeld van BEE wat misluk. Slegs die pos gekry weens sy posisie met die hamer en die sekel. Hopelik sal die volgende aanstelling op meriete geskied, maar dit is slegs wensdenkery.

Sarel

Spesiale verlof…..vir hoe lank want dit beteken hy kry nog alle voordele. So doen niks maar Burgers moet nog salarisbetaal